Rand per Kg
-
Andre Biltong
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Tue Jul 10, 2012 11:05 am
Rand per Kg
More manne
Is daar niemmannd wat R/Kg laat jag nie ,indien wel kontak my asb (Andre.Blignaut@harmony.co.za)
Dankie

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Rand per Kg
Andre, sal jy my ook asb PM as jy sulke jagplekke opspoor? Ek skiet slegs vir biltong.
Dankie by voorbaat.
Dankie by voorbaat.
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Rand per Kg
EK jag by Whity in Barkly Wes Junie maand. R/kg.
Kontak hom by 0824606820
Kontak hom by 0824606820
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Rand per Kg
Dagsê Andre. Daai is ongelukkig 'n konsep wat boere wat ook trofee bokke het, nie maklik sal gebruik nie, want dan sal 'n 60" koedoe, waarskynlik dieselfde kos as 'n jong bul van 45".....Andre Biltong wrote:More manne
Is daar niemmannd wat R/Kg laat jag nie ,indien wel kontak my asb (Andre.Blignaut@harmony.co.za)
Dankie
Jou kans is beter hier teen Augustus se kant wanneer die boere oortollige wild wil laat uitskiet! As ek egter hoor van so iets in die Noordwes omgewing, sal ek jou laat weet!
Groete
Aim small, miss small
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Rand per Kg
Dankie, Koos - sal vir Whity kontak.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Rand per Kg
Dankie Eugene. Laat weet my ook dan asb.Eugene wrote:Dagsê Andre. Daai is ongelukkig 'n konsep wat boere wat ook trofee bokke het, nie maklik sal gebruik nie, want dan sal 'n 60" koedoe, waarskynlik dieselfde kos as 'n jong bul van 45".....Andre Biltong wrote:More manne
Is daar niemmannd wat R/Kg laat jag nie ,indien wel kontak my asb (Andre.Blignaut@harmony.co.za)
Dankie
Jou kans is beter hier teen Augustus se kant wanneer die boere oortollige wild wil laat uitskiet! As ek egter hoor van so iets in die Noordwes omgewing, sal ek jou laat weet!
Groete
Veiligheid eerste manne!
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Rand per Kg
Eugene wrote:Dagsê Andre. Daai is ongelukkig 'n konsep wat boere wat ook trofee bokke het, nie maklik sal gebruik nie, want dan sal 'n 60" koedoe, waarskynlik dieselfde kos as 'n jong bul van 45".....Andre Biltong wrote:More manne
Is daar niemmannd wat R/Kg laat jag nie ,indien wel kontak my asb (Andre.Blignaut@harmony.co.za)
Dankie
Jou kans is beter hier teen Augustus se kant wanneer die boere oortollige wild wil laat uitskiet! As ek egter hoor van so iets in die Noordwes omgewing, sal ek jou laat weet!
Groete
Ek hoor van die ouens maak die jonger bulle R/kg en die groot trofee bulle met horing oor 'n seker lengte van trofee prys. Ek jag gelukkig om my eie plaas maar het al 2 RW Koedoe bulle geskiet wat ek eers nadat ek hulle geskiet het gesien het hulle het mooi horing. Vleis gaan gewoonlik slagter toe, ek persoonlik is meer agter die vleis aan so ek skiet eerder die bul met die groot lyf as die een met die groot horings
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Rand per Kg
Ek stem saam, Flip. Die ou wat vleis soek, is verseker nie agter groot horings aan nie. Dan moet mens nog dink aan "ou" vleis versus "jonger" vleis.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Rand per Kg
Baie waar, daai jong vleis is darrem baie lekkerder, as ek vir my self skiet kyk ek gewoonlik vir 'n jonger dier , maar vir die slagter skiet ek die grootste moontlik meer chiengwin270 wrote:Ek stem saam, Flip. Die ou wat vleis soek, is verseker nie agter groot horings aan nie. Dan moet mens nog dink aan "ou" vleis versus "jonger" vleis.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Rand per Kg
Flip, dit is verseker so, maar nou moet ons ook probeer om dit uit die boer se oogpunt te sien. Daar is beslis kansvatter en skelm jagters ook... Die ou wat die 60" koedoe gaan skiet, gaan verseker 'n helse argument begin om per kg te betaal, omdat hy onder die indruk was dat alles per kg is! Jou standaard jagter (een van die 36000 SAJWV lede volgens hulle eie weergawe
), kan nie onderskei in die veld tussen 'n 43" en 45" koedoe nie en ook nie tussen 'n 20" en 22" rooibok nie.... Dit gaan aanleiding gee tot legio argumente en ongelukkigheid. Ek is 'n voorstander daarvan dat AL die pryse of per kg moet wees of per bok.
As die manne sê daar is BWB te skiet teen R20/kg, maar res van die bokke is per bok en per duim, is dit 'n ander situasie. Dan weet jy waarvoor jy jou inlaat. Ek was ook al in die ongelukkige situasie waar ons gaan "biltong" koedoes skiet het teen R18/kg en ek skiet toe 'n mooi "lyf" bul, waarvan een horing afgebreek het en die ander horing 46" meet. Jy kan my skok en verbasing indink toe die ander manne se koedoes rondom R2500 kos en ek skielik R8000 moes betaal omdat een horing, langer as 45" was! 'n Reeling wat nooit vooraf met ons gereel is of erens op skrif was nie....
As die manne sê daar is BWB te skiet teen R20/kg, maar res van die bokke is per bok en per duim, is dit 'n ander situasie. Dan weet jy waarvoor jy jou inlaat. Ek was ook al in die ongelukkige situasie waar ons gaan "biltong" koedoes skiet het teen R18/kg en ek skiet toe 'n mooi "lyf" bul, waarvan een horing afgebreek het en die ander horing 46" meet. Jy kan my skok en verbasing indink toe die ander manne se koedoes rondom R2500 kos en ek skielik R8000 moes betaal omdat een horing, langer as 45" was! 'n Reeling wat nooit vooraf met ons gereel is of erens op skrif was nie....
Aim small, miss small
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Rand per Kg
Eugene wrote:Flip, dit is verseker so, maar nou moet ons ook probeer om dit uit die boer se oogpunt te sien. Daar is beslis kansvatter en skelm jagters ook... Die ou wat die 60" koedoe gaan skiet, gaan verseker 'n helse argument begin om per kg te betaal, omdat hy onder die indruk was dat alles per kg is! Jou standaard jagter (een van die 36000 SAJWV lede volgens hulle eie weergawe), kan nie onderskei in die veld tussen 'n 43" en 45" koedoe nie en ook nie tussen 'n 20" en 22" rooibok nie.... Dit gaan aanleiding gee tot legio argumente en ongelukkigheid. Ek is 'n voorstander daarvan dat AL die pryse of per kg moet wees of per bok.
As die manne sê daar is BWB te skiet teen R20/kg, maar res van die bokke is per bok en per duim, is dit 'n ander situasie. Dan weet jy waarvoor jy jou inlaat. Ek was ook al in die ongelukkige situasie waar ons gaan "biltong" koedoes skiet het teen R18/kg en ek skiet toe 'n mooi "lyf" bul, waarvan een horing afgebreek het en die ander horing 46" meet. Jy kan my skok en verbasing indink toe die ander manne se koedoes rondom R2500 kos en ek skielik R8000 moes betaal omdat een horing, langer as 45" was! 'n Reeling wat nooit vooraf met ons gereel is of erens op skrif was nie....
Ek stem my proebleem met 'n bok is dat party ouens so duur vra, so op die ou einde gaan die boer met te veel bokke sit, op die ou einde skiet hy self of laat dit uitskiet vir 'n slagter terwyl 'n jagter eerder die kans kon gekry het. Dalk moet mens die verskil maak tussen jong bokke en volwasse bokke met 'n prys vir elkeen. Op die oomblik kry ek R16.00 p/kg afgelewer by die slaghuis. Maar die verskil is ek is maar 'n naweek boer.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Rand per Kg
Verseker so! Maar watter jagter gaan daai 26" rooibok laat verbygaan as hy dieselfde as 'n knypkop gaan kos?win270 wrote:Ek stem saam, Flip. Die ou wat vleis soek, is verseker nie agter groot horings aan nie. Dan moet mens nog dink aan "ou" vleis versus "jonger" vleis.
Aim small, miss small
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Rand per Kg
Ek weet die De Beers groep laat jag/skiet teen R/kg. Hulle het nogal baie reels.
Pakket met min R7000 deposito bv 3 SB, Gemmie, eland en RHB.
Dan beperking op horing lengte, met straf prys vir lang horings, te veel van 'n spesie of verkeerde geslag.
Dan skiet jy jou wild en die prys per kg word uitgewerk.
Dan betaal jy in. Eland R28/kg, SB R30/kg, Blesbok R24, BWB R25 (BTW in)

9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Rand per Kg
Eugene, jy's reg oor die groter ram wat binne trefafstand kom. Die ou wat hom gaan los, verstaan dalk net sy eie betaalvermoë bietjie beter as die ou wat hom gaan klits!
-
Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: Rand per Kg
Manne
Ek glo vir my is p/kg beter om te jag ek het wel boere waar altwee netjies saamwerk. In meeste gevalle vra n boer R18kg vir kudu, vel aan kop af pote af en biinegoed en hartslag uit. Maar dan se hy ook baie duidelik n bul bv 50 duim en groter sal R6000 kos , so my kliente bery ek voor die tyd voor, jy skiet nie as jy onseker is nie en basta , ek wys stelle horings en verduidelik lengtes en hoe dit bepaal word. Ek het nog net een keer die afgelope 15 jaar n persoon gehad wat n trofee bok geskiet het en hy het eintlik biltong gesoek , maar hy wou daai bul he en het die prys betaal.
Ons het op vroeere posts gese dit gaan oor redelikheid, die jagter wil nie voel hy word ingedoen as hy n jonger( let wel ek se nie kalwers of lammers) bok skiet nie en die boer wil voel hy kry waarde vir geld , so wat is daai lyn van n redelike prys? Ek weet nie, ek glo net solank ek alles doen en my klienete reg inlig dan rus die onus op hom.
Ek sal nooit op n plek jag waar daar gese word bv n 40 duim kos soveel en 42 duim kos soveel en 44 duim kos soveel nie, daar is geen manier wat n gewone jagter daai lengtes reg kan skat nie en meeste plekke waar ek jag is bokke 200m en verder , hoe maak jy n akurate skatting en as hy nog beweeg ook , wat dan?
AS n boer op so n prys aandring sal ek vir hom se skiet jy en as dit korter is betaal ek nie, en as hy langer is betaal ek ook nie, want as hy dit nie kan regskat nie hoe sal die gewone persoon dit kan doen.

.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks