Geweer val van bakkie af

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Geweer val van bakkie af

Post by Cobus(Cobb) »

Vir die wat dit noggie raakgelees het nie, het my Howa 243 met Lightforce van bakkie afgeval, was baie reen en modder, en met die vinnige skoonmaak uit die waterkan, is helfte van die blueing op die loop af, scope het krappe, kd het krappe en was half vol modder.
Die geweer en al was gou gou saam my in die stort, en als is skoongemaak.Loop, aksie, sneller ens ge-olie en kd it uitgeskut ens. Lightforce is so semi moertoe maar sal nou diens doen as handsoeklig.

Vandag op die baan....50m, teiken heeltemal mis, bo oor.
Mik laer en vind POI ...5mm groep
Scope was lelik uitgestamp,in hoogte, omtrent 46 clicks oor 50m....en 16 clicks na regs oor 50m
Paar skote later stap die Howa maar weer soos op dag 1...gooi gou jakkals teiken op 200m, 10 skote (5vitals/5 kop)...10 papier jakke ry bakkie

My probleem is dit...slot maak baie moeilik toe en oop, en my afleiding is vuilgeid of bietjie roes in die kamer...hoe kry mens dit skoon? watse tipe borsel of tool sal ek moet kry??

Ek luister graag...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by tripodmvr »

Kry vir jou 'n borsel wat hulle gebruik om bababottels mee skoon te maak. Druk hom in jou kamer en draai hom om die gemors aan die roer te sit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by Cobus(Cobb) »

tripodmvr wrote:Kry vir jou 'n borsel wat hulle gebruik om bababottels mee skoon te maak. Druk hom in jou kamer en draai hom om die gemors aan die roer te sit.

Seker nie brass borsel nie, nê??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by NicoSmit »

Ek ken daai gevoel as daai geweer af val glad nie lekker nie
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by Beretta »

J&B bore paste op n lappie en skoonmaak stok. Of haal jou slot uitmekaar uit en gooi hom in die ultra sonic cleaner
Beretta
birklec
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 369
Joined: Sun Oct 14, 2012 8:02 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by birklec »

Maak die slot ook moeilik toe sonder n dop in kamer.Indien wel,klink dit vir my meer soos vuil en roes in slot meganisme.
Haal die slot uitmekaar firepin meganisme en al.Maak hom goed skoon en olie.
Hoop jy kom reg.
Groete
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Geweer val van bakkie af

Post by mariusr »

Jy se mooi skoon gemaak was die slot oop toe die geweer geval het?! Indien wel kon die sluitstuk seer gekry het met die val so ek glo nie daar is vuiligheid meer nie!? Amper soos motor wat in ongeluk was ry net nie meer lekker nie!?l
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by Cobus(Cobb) »

birklec wrote:Maak die slot ook moeilik toe sonder n dop in kamer.Indien wel,klink dit vir my meer soos vuil en roes in slot meganisme.
Haal die slot uitmekaar firepin meganisme en al.Maak hom goed skoon en olie.
Hoop jy kom reg.
Groete
Nee, slot alleen loop baie mooi en saggies, dis wanneer jy kamer dat dinge lol...
mariusr wrote:Jy se mooi skoon gemaak was die slot oop toe die geweer geval het?! Indien wel kon die sluitstuk seer gekry het met die val so ek glo nie daar is vuiligheid meer nie!? Amper soos motor wat in ongeluk was ry net nie meer lekker nie!?l
Nee slot was toe...
Ek sien klomp poefies daar in die kamer, lyk roesbruin, sal moet afskuur....soek net die regte tool....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Geweer val van bakkie af

Post by mariusr »

Spuit goed Q20 en laat bietjie staan maak dan mooi skoon met borsel en lappies! Vat 12br borsel werk perfek in die kamer!
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Geweer val van bakkie af

Post by 375fanatic »

Kry n delstick wat pas sit n tshirt material lappie om die punt met bore cleaner kyk of hy skoon kom .

As daar roes is vat baie fyn skuur papier 1500 draai om die delstick en stuur liggies die roes af
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by MJK »

Dowel stokkie met lappie aan. Ek maak kepies in die hout om die lappie vas te hou en maak kop rond, smeer JB of ISO paste , heg dowel aan boor en polleer versigtig so die kamer. Onthou om kamer liggies olie te gee na die tyd. Die gedeelte voor die kamer moet ook skoongemaak word - sal skrik as sien hoeveel gramadoelas partykeer daar is. S&O het so apperaatjie wat stukkie tou vasklem wat jy kan gebruik
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by Jean Marais »

Moet asb nie skuurpaier naby die kamer bring nie. JB borepaste op 'n 375 Cal se mop sal die ding doen. As jy 'n tweestuk loopskoonmaak stang het, gebruik een van die korter dele en sit hom saam met die mop aan 'n boor saam met die borepaste. Maak daai kamer dat hy lyk soos nuut.

Hoop dit help.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by Cobus(Cobb) »

Het gister die 0.4kal mop en bietjie braso deur my kamer gewerk.....manne, hy recycle nou soos stroop...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by tripodmvr »

Brasso maak die gate oop. Bly jy kon sukses behaal.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Geweer val van bakkie af

Post by Capt. Yoda »

Bly jy het hom nou weer reg Cobb
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply