dedicated hunter of sportsman of albei?

Post Reply
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by douw »

Naand manne

Ek wil een of ander tyd vir my nog 'n geweer koop en dalk later nog 'n haelgeweer. Wat is die beste roete om te gaan en waar? Ek het gehoor dat NSA baie maklik en redelik vinnig is. Is daar enige ander plekke wat meer voordele bied soos bv SAjagters of so? Ek verstaan dat sommige lidmaatskappe afslag op sekere goed bied en ander 'n maandelikse tydskrif uitgee?

Groete
Douw
Jonie
Full Member
Full Member
Posts: 229
Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by Jonie »

Douw

SAJWV kan jou albei gee en vir die jaarfooie wat jy betaal en dan nog jou boek ook ingesluit is dit n bargain, maar gaan kyk gerus op hulle webtuiste en besluit self, ek is al meer as 10 jaar n lid en was nog altyd tevrede,

groete
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by Rudie »

Ek het ook vir die Sa jagters roete gegaan. As jy ooit semi auto geweer wil koop moet jy egter vir sportman gaan aangesien dit nie wettig is om met semi te jag nie. Dit is nie baie moeilik om die toetse te doen nie en jy leer ook baie daar uit. Tydskrif is van baie hoë gehalte en is al klaar die jaarlikse fooi werd.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by NEGE3 »

Met Toegewyde Jagters Status kan jy al vêr kom. Ek is ook lid van SAJWV van 1994 af.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by James Wilson »

Douw, ek het destyds my toegewyde jagter gedoen deur SAJWV, het ook nou onlangs my toegewyde sportskut ook deur hulle gedoen.

Vir wat jy wil doen sal ek begin by T/ jagter by SAJWV. Dit komende van n lid van SAJWV, wat ook baie krities is oor hulle doen en late.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by douw »

Dankie vir die vinnige antwoorde. Het jul almal aandele? ;D

Wat is die jaarlikse koste?

Groete
Douw
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by tripodmvr »

Gaan kyk op sahunt.co.za en jy kan 'n aansoekvorm aflaai of miskien selfs elektronies invul. Jy sal ook 'n intreefooi betaal. As jy haastig is om meer vuurwapens te besit doen eers die TSportskut synde dit 'n eendagkursus is en jy bykans alle vuurwapens so kan bekom. Die TJ kursus is baie meer kennis wat jy moet kry en is gewoonlik 'n drie dag kursus met eksamen.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by Ratel »

douw wrote:Dankie vir die vinnige antwoorde. Het jul almal aandele? ;D

Wat is die jaarlikse koste?

Groete
Douw
Douw
Dit is net oor die R600 per jaar (ek dink R640) maar soos reeds gese kry jy maandeliks 'n baie goeie tydskrif, wat nog beter geword het sedert Koos Barnard se toetrede. Een voordeel wat nog nie hierbo genoem is nie is die feit dat SA Jagters jou binne ongeveer een week 'n endorsement sertifkaat gee vir die wapen wat jy wil koop. Hierdie endorsement dra baie gewig by die oorwegings proses. Ek sou voorstel jy doen beide toegewyde jag en toegewyde sport aangesien die twee gewoonlik tydens een kursus aangebied word. Ek is nog nie een dag spyt dat ek SA Jagter lidmaatskap verkry het nie.
Maak 'n verskil
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by win270 »

As lid van SAJWV kry jy ook gratis toegang tot jaarlikse Huntex by Midrand - laat April vanjaar. Ander ouens moet R100 opdok as toegangsgeld.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by Smirre »

More
Ek het beide
As ek meen moet kies......sport
jy kan makliker meer gewere kry

Smirre
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by ANDRIES »

More Douw
Ek weet by Kaapjag moet jy eers toegewyde jagter doen voordat jy sportman kan doen.Maar om jou vraag te antwoord doen altwee.Dit maak jou aansoeke net soveel makliker veral as jy 'n endossement van jou vereniging ook bysit.Ons by Kaapjag het nog geen weiering gehad as daar 'n endossement by is nie.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by douw »

Dankie almal. Ek sal dan eerder by hul aansluit. Die rede hoekom ek gevra het, was dat my vriend by NSA aangesluit het. Die toets doen jy oor die internet. Dan skiet jy sommer by enige skietbaan. Die baan offisier bevestig die omstandighede ens. Dan vininig vinnig het jy jou status, maar dit lyk of die SA Jagters baie meer vir mens beteken.

Groete
Douw
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by Ratel »

win270 wrote:As lid van SAJWV kry jy ook gratis toegang tot jaarlikse Huntex by Midrand - laat April vanjaar. Ander ouens moet R100 opdok as toegangsgeld.
Ek het iewers gelees dat ons die jaar gaan betaal, ek dink R50.
Maak 'n verskil
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by hennief »

More ouens

Ek was nooit bewus van NSA nie en oorweeg al vir 'n tydjie om by SAJWV of KaapJag aan te sluit vir dieselfde redes as Douw.
Ek is ook klaar ingeteken op daai lekker tydskif en ek sien NSA is darem bietjie goedkoper en geriefliker om toegewyde status te kry (soos Douw se, jy doen dit sommer oor e-mail).
Is daar van julle wat al deur die kursus met NSA is? Ek is maar versigtig vir 'n ding wat TE maklik voorkom.

Groetnis
User avatar
BennieO
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Thu Feb 06, 2014 8:34 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by BennieO »

Hallo Hennie

Ek is lid by NSA, ek het laas jaar aangesluit en beide Toegewyde sport en Jagter status deur hulle verkry. EK het net wonderlike, vriendelige en vinnige diens van hulle gekry. Ek het aanvanklik 'n e-pos gestuur om net 'n navraag te doen waarna hulle my gebel het en alles aan my verduidelik het.
EK het intussen aansoek gedoen vir 2 x lisensies en hulle het my gehelp met raad oor my motiverings en ook binne 'n dag vir my endosomente vir die motiverings gegee.
Die indruk wat ek kry is dat al die verenigings vir jagters en sportskuts werklik waarde toevoeg en dat dit maar persoonlike keuse is wie jy kies. Jy mag ook aan meer as een van hulle behoort.

Groete
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by hennief »

Dankie BennieO, dink my mind is dan opgemaak.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by tripodmvr »

HennieF

Ek het deur NSA se materiaal gekyk en dit is 'n basiese kursus wat net die nodige bevat. Ek wil darem voel ek het iets geleer uit 'n jagkursus en daar het SAJWV baie navorsing gedoen om hul leerplan op te stel. Jy is reg oor die gevoel van TE maklik en baie organisasies is besig om geluide te maak oor die' prosesse waar mense semi-outo's kan bekom met 'n dag of 2 se moeite terwyl hul lede baie ure moet insit om dieselfde te kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by Beretta »

Ek wil net n vraag vra hoekom moet alles moeillik wees as die een organisasie dit makliker doen hoekom leer die ander nie ook om dit so te doen nie. Hoekom wil hulle nou geluide maak belaglik
Beretta
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by 375fanatic »

onthou net ook dat n organisasie nie net daar is vir die verkryging van status nie.

daar is baie inligting en kennis beskikbaar by tak byeenkomste en posetiewe deelname aan tak aktiwiteite

dis n bende op sy eie

die samesyn en pret is amper belangriker vir my as die status

ek verstaan die 2 so

sportskiet
as jy meer as een wapen van die selfde kaliber moet he asook semi auto's en meer as een handwapen

toegewyde jagter

meer jagwapens en hoeveelheid ammo wat jy in jou besit mag he
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by hennief »

375fanatic wrote:onthou net ook dat n organisasie nie net daar is vir die verkryging van status nie.

daar is baie inligting en kennis beskikbaar by tak byeenkomste en posetiewe deelname aan tak aktiwiteite

dis n bende op sy eie

die samesyn en pret is amper belangriker vir my as die status

ek verstaan die 2 so

sportskiet
as jy meer as een wapen van die selfde kaliber moet he asook semi auto's en meer as een handwapen

toegewyde jagter

meer jagwapens en hoeveelheid ammo wat jy in jou besit mag he
Goeie punt... :-[
User avatar
BennieO
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Thu Feb 06, 2014 8:34 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by BennieO »

fanatic

Ek stem met jou saam. Ek self het nie nodig om lid te wees of selfs toegewyde status te hê nie maar het dit gedoen om meer betrokke te probeer raak by die sport/stokperdjie wat ek vir myself gekies het. Sodra ek my lisensies het sal ek ook moontlik by 'n skietbaan of sportklub wil aansluit juis om meer betrokke te wees en meer bloodstelling aan mense wat my belangstelling deel te hê. Dit is ook hoekom ek by hierdie forum aangesluit het.

Groete
Bennie
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 842
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by Dawie Malan »

Douw

SA Jagtersvereniging se Pretoria Oos tak bied Toegewyde Sport - en Jagter aan die week van 6 Mei by Nyati-park. Kontak martiblom21 at gmail.com.

Groete

Dawie
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by win270 »

NSA se jaarlikse lidmaatskapfooi is tans R250.00 indien jy totale koste en voordele wil vergelyk.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: dedicated hunter of sportsman of albei?

Post by Nickvn »

Kyk ook na watter een n tak naby jou het. As jy gaan aktief raak,wat ek sal voorstel, gaan jy gereels soontoe ry. Kyk ook na hulle fasisliteite. Gaan ontmoet die manne daar en kry n gevoel vir hulle.

Ek het ook deur daardie oefening gegaan en toe besluit op SAJVW.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Post Reply