trailcam

Post Reply
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

trailcam

Post by johans »

ekt vandag my trailcam gekry,enige raad met die opstel om jakke dop te hou?
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: trailcam

Post by Dawie Malan »

Johan

Sit hom op naby water.
Moenie die kamera hoër as 4 voet van die grond af sit nie.
Smeer Canine Call as jy het.
Check jou kamera se fotos na 3 dae om te sien of hy reg opgestel is. Daarna kan jy hom maar 2 weke los.

Groete

Dawie
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: trailcam

Post by johans »

Dankie dawie,hoe lank sal n jak dan vat om naby die water te kom want ek kani regtig die kamera wegsteek nie,en hoe ver van die krip af?
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: trailcam

Post by Flip Nel »

johans wrote:Dankie dawie,hoe lank sal n jak dan vat om naby die water te kom want ek kani regtig die kamera wegsteek nie,en hoe ver van die krip af?

Ek het een opgesit vir gewone wild by 'n watergat, het 'n paar jakkalse ook afgeneem hulle het binne 'n dag of twee begin naderkom. Ek proebeer die kamera so 5 m weg sit van waar ek dink die diere gaan kom drink, partymaal sukkel nie kamera om die beweging op te tel as dit te ver is. Proebeer die kamera sit dat hy nie reguit kyk soos die son opkom nie, dan kyk skoon foto's neem, en passop vir dinge soos draad of iets wat loshang wat die wind kan waai en beweeg, dit gaan ook skoon foto's veroorsaak, en laaste proebeer dat die kamera bietjie afwaarts kyk na waar jy die diere gaan verwag, nie baie nie net bietjie dit help met die beweging optel. Hoop dit help
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: trailcam

Post by johans »

dankie flip.eks besig om n stand te maak vir hom,gaan hom dan net n dakkie oorsit,ek hoef hom nie in n kassie te sit nie want die plekke waar ek hom gaan stel behoort hy nie voete te kry nie
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: trailcam

Post by Flip Nel »

johans wrote:dankie flip.eks besig om n stand te maak vir hom,gaan hom dan net n dakkie oorsit,ek hoef hom nie in n kassie te sit nie want die plekke waar ek hom gaan stel behoort hy nie voete te kry nie

Dan behoort hy mooi te werk, jy sal mettertyd al die truuks leer hoe om goeie Foto's te kry
User avatar
Cz_apie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 494
Joined: Sat Mar 17, 2012 5:51 am

Re: trailcam

Post by Cz_apie »

Dawie Malan wrote:Johan

Moenie die kamera hoër as 4 voet van die grond af sit nie.
Dawie

Hang maar ook baie af van watter kamera jy gebruik - het ondervind dat Stealthcam se "vertical trigger field" laer is as die res - maksimum so 90cm kamera hoogte vir maksimum foto's
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: trailcam

Post by Lamtjop »

Johans, ek het n kamera wat so 1,75m bo die grond teen n boom is. Ek "angle" hom net afwaart dat hy min of meer "kyk" waar ek hom wil hê.Vir my lyk dit of die kamera beter aktiveer as hy hoër is. As jy n laptop het vat die saam as jy kamera 1ste keer opstel en loop so paar keer by hom verby en kyk dan net gou hoe lyk die foto's dan kan jy verander aan die opstel soos nodig. Ek stel maar ook by waters, maar jakkals is baie liewer om by n dam se oorloop of water wat lek te drink as by die krip. Groete en geduld die skelms drink daar waar jy dit nie verwag nie.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: trailcam

Post by johans »

Cz_apie wrote:
Dawie Malan wrote:Johan

Moenie die kamera hoër as 4 voet van die grond af sit nie.
Dawie

Hang maar ook baie af van watter kamera jy gebruik - het ondervind dat Stealthcam se "vertical trigger field" laer is as die res - maksimum so 90cm kamera hoogte vir maksimum foto's
beinvloed die blare voor nie die kamera as die wind waai nie?
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: trailcam

Post by Lamtjop »

Johans, blare en takke wat kan beweeg moet jy maar afsaag. En grasse en bosse in trigger area laat kamera ook baie foto's neem as die wind waai, ek stel dan gewoonlik kamera se sensitiewiteit op "low".
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: trailcam

Post by Flip Nel »

Lamtjop wrote:Johans, blare en takke wat kan beweeg moet jy maar afsaag. En grasse en bosse in trigger area laat kamera ook baie foto's neem as die wind waai, ek stel dan gewoonlik kamera se sensitiewiteit op "low".
Kat dit nie beter se nie
User avatar
Cz_apie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 494
Joined: Sat Mar 17, 2012 5:51 am

Re: trailcam

Post by Cz_apie »

johans wrote:
Cz_apie wrote:
Dawie Malan wrote:Johan

Moenie die kamera hoër as 4 voet van die grond af sit nie.
Dawie

Hang maar ook baie af van watter kamera jy gebruik - het ondervind dat Stealthcam se "vertical trigger field" laer is as die res - maksimum so 90cm kamera hoogte vir maksimum foto's
beinvloed die blare voor nie die kamera as die wind waai nie?

Op die Stealth cam nie eintlik n probleem maar my Bushnells redelik sensitief daarvoor, jy kan die "Low" sens mode gebruik, maar ek het al interesante foto's gekry wat andersins nie sou ge "trigger" het as dit nie vir die blare se beweging was nie, veral van dinge wat buite die trigger area bly, soos die tweebeen jakkalse wat weet daar is kameras
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: trailcam

Post by johans »

ekt die kamera nou by n skaapkarkas gestel,hoop nie die kraaie neuk my teveel rond nie.ek weet nog nie lekker hoe daai "pir"+"tl" settings moet wees nie.asook die "duty" setting,sal seker maar met tyd leer
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: trailcam

Post by henried »

Die elande het baie my kamera om gedruk, dan neem hy vir dae net blare af... ++>:

Jak by die soutlek...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply