Hi manne.
Ek het vir my n 222rem gekoop. Die geweer. Is n sako vixen L461. Ek speel bietjie op QL om te sien waar sy nodes le. Wat ek nieverstaan nie is dat hy alles bo 51500psi wys -!DANGEROUS LOAD-DO NOT USE! . Is dit regtig die maks druk wat die 222 kan hanteer? Dit lyk bietjie laag in vergelyking met ander kalibers.
Ek wil tweedens ook by julle hoor watse dryfmiddel julle sou voorstel vir 55gr z-max? S335 of s321?
Groete
Nico
Pmax psi vir .222Remington.
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Pmax psi vir .222Remington.
Daar niemand wat weet nie?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Pmax psi vir .222Remington.
Jy is te haastig. Sommiges van ons probeer werk.
Die 222 is 'n ou kaliber en van die gewere is nie van sulke sterk staal gemaak as wat deesdae die norm is nie. Daarom is die drukperk laer as die 223 s'n.
Ek sou S321 aanbeveel. S335 is effens te vinnig en het druktekens in my 223 getoon.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Pmax psi vir .222Remington.
Dankie oom Driepoot!
Tot op watse druk sal veilig wees vir my sako L461 vixen? En enige moderne gewere?
Groete
Nico
Tot op watse druk sal veilig wees vir my sako L461 vixen? En enige moderne gewere?
Groete
Nico
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Pmax psi vir .222Remington.
My QL weergawe gee maks druk as 53 664psi. Met 24 duim loop is spoed van 3150vps met 55gr koeël moontlik. Dit is maar 100vps minder as 223 en druk is dan by 50 700psi. Om hoër te probeer laai gaan jou niks baat nie want dan gaan jy verby die akkurate node.
'n Goeie maks druk om by te bly is 60 000psi. Met 'n 24 duim loop is die boonste node vir 'n 223 in die orde van 3230 tot 3280vps - druk is dan ook by 50 000psi. Hierdie drukke en spoed maak dat die 222 en 223 so lang looplewe het.
'n Goeie maks druk om by te bly is 60 000psi. Met 'n 24 duim loop is die boonste node vir 'n 223 in die orde van 3230 tot 3280vps - druk is dan ook by 50 000psi. Hierdie drukke en spoed maak dat die 222 en 223 so lang looplewe het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Pmax psi vir .222Remington.
Baie dankie wardeur die info!
Groete
Nico
Groete
Nico