Jong Jakkies

User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Jong Jakkies

Post by Cobus(Cobb) »

Ek en Dewie trap gisteraand 2 stelle van 2 en 3 jakkies vas. Skiet myne 10m uitmekaar uit en Dewie skiet sy 3 bo op mekaar dood.
Dis nou Augustus se kinders.
My aanname is dat die klomp onderskeidelik in hule nes area rondhang, en ek merk dit dan as neste vir volgende jaar.
My vraag is egter of dit die moeite werd is om daar rond te gehang het vir die ouers?? Hoe gereeld sou hulle nog kom loer het op die creschè??..en sal hulle vir die volgende week of so nog daar rondhang opsoek na die kroos??

7 in totaal gevat, dit was ook die eerste aand wat Dewie my rondry in die veld...as stadskinders het ek nooit laat hy vroeër kar of bakkie ry nie,tot my spyt. Hy het 1 baie goeie job gedoen.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Louis102 »

Dewie, hoe kan Pa jou so onderskat?? Laat dit vir hom 'n les wees.

Ek reken die jong jakkalsies wat Augustus verlede jaar aangekom het, hoef nie noodwendig tans meer naby hul oorspronklike nes-area te wees nie. Hulle kon al ver geskuif het, maar dis steeds 'n belangrike waypoint op jou GPS vir die toekoms.

Ek sou dalk nog 'n tydjie aangehang het met katjakkals; bakoor jakkals en klein jakkals distres en baklei - tipe klankies. Daar's heelwat roep-benaderings (wat 'n paar jakkalsroepies insluit) wat dalk kon werk om die stel in te bring, alhoewel die beskermingsdrang van die stel teenoor die jongspan al baie afgeneem het. Ek dink die stel sou steeds nuuskierig wees om te kom kyk wat aangaan, indien hulle dalk binne hoorafstand van die roeper was. Ek kan nou vinnig aan ten minste 2 spesifieke gevalle dink waar dit vir my gewerk het, dit was ook in Januarie en die jakkalsies was ook lekker aan't wissel. Daar is egter 3 soortgelyke gevalle waaraan ek nou vinnig kan dink, waar my rondhang na die tyd geen vrugte afgewerp het nie.

Ek het egter nog nie sukses gehad deur 'n paar aande later terug te gaan na so 'n plek, die paar keer wat ek dit probeer het nie. Dit beteken egter nie dat dit nie dalk in julle geval kan werk nie.

Mooiloop
Louis
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jong Jakkies

Post by tafjak »

Cobus

Dink Louis is in die kol met dit. Gisteraand op 2jonges afgery. 800meter verder eers staanplek gekry om te roep. Op Vlekkie em Elsneus antwoord geen jakkalse, na nog 25min se javilina en springhaas antwoord die ma my op Jakkalsalleen.a so 10min se stilte en bakoorjakkalsbaklei sleep sy doeksag in. Na nog 20min se verdere roep(Vlekkie 3a, Tafjak1 en bakleie) is dit grafstil. Ek skuif 2.82km(staanplekke skaars, maar gelukkig baie min wind) verder en onmiddelik antwoord 'n jakkals. Na 2 sequences kom hy in, ek reken dis die reun van die 2jonges. Sny teef oop en sien sy het slegs 3kleintjies gehad en dat sy maar so jaar en half oud is. Die reen was 4jaar +.

Wanneer jonges tot in Maart gevind word is die ouers maar nie te ver nie. Selde verder as so 3-4km en kan hulle met so 2staanplekke opgespoor word.

Mooiloop

ps. Dink Dewie sal sorg dat die sukses rate sal verhoog
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jong Jakkies

Post by cassie_calvinia »

Ek skuif 2.82km(staanplekke skaars, maar gelukkig baie min wind) verder en onmiddelik antwoord 'n jakkals
waste roep was dit?
sal Oom eers net kos speel, en na 2de roep bakleie gebruik? of kan 'n mens so in die eerste halfuur al baklei erns inwerk?
wat is 'n goeie 2de roep nou? as jy mey mooi huil begin? of, reageer die jongspan nou al beter op vlekkie E?
HOU HOM DAAI DIKTE
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Ian »

Cassie

Ek self sal graag wil hoor wat Taffie sal sê oor jou vraag. Die jonges is nou taaigat om in te kom op roepe. My persoonlike meening is dat hul bekke baie seer is met tande wat groei. Het 'n paar aande terug gaan vry ;D, hulle is baie vokaal maar geen reaksie gekry. Ek het nader geskuif en almal (5) het baie mooi ingekom op die mondfluit.
Cassie, hoe het dit gegaan met jou gevryery op die skietstoel?

Cobus

Ek kannie wag dat Jian eendag vir my kan bestuur nie. Ek mis 'n drywer ongelooflik baie. Nou gaan jy en Dewie 'n goeie span maak. Geluk met daai klomp jonges.

Mooi bly
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Cobus(Cobb) »

Ian wrote:
Cobus

Ek kannie wag dat Jian eendag vir my kan bestuur nie. Ek mis 'n drywer ongelooflik baie. Nou gaan jy en Dewie 'n goeie span maak.
Mooi bly
Jou meisiekind ry dan soos 'n champ ou maat....waaroor kla jy.Dis juis oor haar dinge dat Dewie nou ook so gou wil leer
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Ian »

Ai ou Cobus, ek kan mos nou nie vir Marli so straf om dit vir haar 'n werk daarvan te maak nie. Die seuns moet mos die werk doen as hy daarvan hou en dit wil doen. Marli wou seker maar ook net vir Dewie 'n bietjie "impres" ;D .
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Cobus(Cobb) »

Dankie vir die replies manne...ek weer iets geleer.
Taf, ja omdat hy altyd stoel gery het, het hy sy getalle vir laasjaar baie vinnig opgestoot...ek moes maar net briek trap en loop jakke optel....van nou af is dit my beurt....ha ha
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Jong Jakkies

Post by NicoSmit »

gelukkig is daai knaap van my op daardie stadium dat hy net wil bestuur so ek gaan lekker stoel sit en hy gaan bestuur ek het klaar gehoor dis nou sy "job" daardie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jong Jakkies

Post by cassie_calvinia »

ian!
het 'n kat, en 'n lekker ou reun geskiet. maar, niks het geantwoord nie.
by buurman, maar ek het my bedenkenge oor hoefeel hy weet wat waar is in sy veld
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jong Jakkies

Post by cassie_calvinia »

op waste roepe antwoord die jonges jul?
as hul net antwoord, dan gaan haal die rooi moer hulle.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Reggie Gerber »

Cassie

Ek het gistraand met mooihuil reaksie gekry. Maar moes na hulle toe gaan. Kon 5 skiet en 4 optel. Ek sukkel al lank met die ma en kon haar nie ooreed om in tekom nie. Sy het in die bosse/bome gaan wegkruip en het aanhoudend vir seker 30min na die klein span geroep
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Ian »

Mooi gedoen Reggie,

Vlekkie D en 9 het hulle mooi laat antwoord maar hulle was taaigat om in te kom. Die ouers was ook net skoonveld.

Mooi bly
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Jassie »

Ian ek stem saam

Vlekkie D .... maar daarna moes ek verder met hulle oor onverantwoordelike en onetiese afstande onderhandel, self nadat daar nader beweeg is.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jong Jakkies

Post by cassie_calvinia »

nou wat stel jul voor vir die ma?
dalk so baklei hier en daar, net om haar nuuskirigheid te prikkel?
HOU HOM DAAI DIKTE
Chrisjan

Re: Jong Jakkies

Post by Chrisjan »

Dink julle klein jak distress sal help, dit is immers haar kinders. Die probleem is dat na die ditress moet jy skuif, so dit laat jou nie baie opsies nie. Ek het Saterdag vier jonges met vreetklanke ingroep, op ander klanke was hulle erg sku.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jong Jakkies

Post by cassie_calvinia »

cjan
die ouers is nie meer so beskermd nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jong Jakkies

Post by tafjak »

As ek nie jakkalse verder hoor nie en ek skuif begin ek met jakkalsroep. As ek naderskuif op jakkalse wat antwoord begin ek eers met kos. As hulle antwoord later op jakkalsroep sal ek oorgaan na kosse en bakleie gemeng. As hulle gladnie antwoord nie, sal ek ook eers kosse en baklei gebruik voordat ek verder skuif na ander gebied of area.

Wanneer die ouers soek na die jonges werk distresse en kombinasiebakleie beter, maar slegs wanneer hulle vokaal soek en nie nader wil kom nie. Sien dat bokke beter werk terwyl jy besig is met die jonspan om die ouers nader te lok soner enige bohaai.

Mooiloop
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Reggie Gerber »

Ek het die teef probeer ooreed om in tekom met katjakbaklei en klein jak distress. Sy het haar nie gesteur nie en het net aanhou die kleintjies probeer roep (hulle was klaar dood)

Moet by se die teef het graad en is baie ligsku agv boer se woensdag aand braaispan. Ek probeer net in haar gebied elke 3-4maande roep en kon haar net een keer kry om oe te wys in die laaste jaar.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Mac »

Reggie,

Best medicine for those jackals is a day session, plot the core area thoroughly, find the high points where she / he will go to investigate any call visually, and set up a hide, rock wall, brush pack, inside a bush, anywhere you can cover those approaches, bearing in mind the prevailing wind direction, get it all set up, and leave it alone for at least 8 to ten weeks. Move in during a bright moon at least an hour before first light, and call as soon as you can see well enough to shoot.

This works for me virtually 100%, but be prepared to wait, I have had them come in nearly two hours after the first call. Big secret is patience, and VERY long pauses between calls. I never use food calls.

Good luck.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Reggie Gerber »

Thanks Mac

I have tried that specific jak with a day call, however it was early evening. Now that I've taken her pups out I will put a bit more planning into the next session and try the early morning.
Chuck
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am

Re: Jong Jakkies

Post by Chuck »

Oom Mac

Baie lekker tip daardie, dankie. Hoe sal oom se sequence dan lyk? Begin met 'n enkel jakkals klank, gemeng met 'n kombinasie baklei of 2 en afsluit met 'n groep/sosiale klank? Ek sit half in dieselfde bootjie as Reggie en kon nadat ek die jongspan geskiet het, nie die grotes in kry nie. Hul het egter vokaal gereageer.

Nog iets interessants: Ek en 'n vriend het sedert laat Desember tot nou 14 jonges doodgeskiet, 4 verskillende groepe. Al 14 was egter reuntjies gewees! Weet nie of daar nog iemand is wat dieselfde ondervind het nie...

Groete
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Jong Jakkies

Post by Mac »

Chuck,

Ek het nie 'n sequence nie, hierdie tyd van die jaar sal ek enkel roep gebruik, net een wat ek so elke 40 tot 50minute sal speel, April se kant miskien elsneus of so iets, en later in die jaar vlekkies. My idee is net om sy nuskierigheid te prikkel, en hulle kom altyd kyk, al kom hulle nie na die roeper toe nie. Staanplek is alles met so iets.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jong Jakkies

Post by cassie_calvinia »

gisteraand 7 geskiet.
3 groot reuns, 1 helper teef, en 3 kleintjies.
kleintjies het noggal lank uitmekkaar gekom. +-20min.
het vlekkie d, baklei1, en maar hasies. glen owen+ het lekker gewerk.
moet se, ek noggal opgewonde. nie aldag dat dit so in ons wereld gaan nie.
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/Image0357.jpg
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/Image0358.jpg
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Jong Jakkies

Post by BRNO (Pierre) »

Lekker cassie. Ek hoor die jakkies maak jou moedeloos daar in Calvinia. Hoop die lot maak n verskil!
Veiligheid eerste manne!
Post Reply