Skietstoel
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: Skietstoel
Dog ek sal maar fototjie van my raam opsit terwyl dit nog in aanbou was.
Hy pas maklik op 'n d/cab en ek kan hom alleen oplaai.
http://i1012.photobucket.com/albums/af2 ... 0b65ca.jpg
Sorry vir die hi-jack Nico , maar dis net om die alternatief te illustreer.
Hy pas maklik op 'n d/cab en ek kan hom alleen oplaai.
http://i1012.photobucket.com/albums/af2 ... 0b65ca.jpg
Sorry vir die hi-jack Nico , maar dis net om die alternatief te illustreer.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Skietstoel
Die naam klink reg, "skietstoel" en gelukkig nie "jagstoel" nie. Hoe skiet die boere sit-sit so . . .
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Skietstoel
'n Gepaste sinoniem sal wees "slagstoel".
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Skietstoel
win270 ek dink jy mis (weer?) die punt soos op vorige topics of is besig om (weer?) te stir soos op vorige topics. Een van die twee.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Skietstoel
Moenie dat ons weer daai ou padjie stap nie Op hierdie stadium is die skietstoel gebou uit idees van so baie ander ouens se stoele en ek glo dat daar nog baie veranderings gaan kom voordat ek tevrede sal wees .'n Mens sal nie weet of hy goed werk alvorens hy in die veld was en deur sy passies gesit is nie .Ek beplan om die komende naweek hom klaar te maak sodat hy gebruik kan word vir dag "jag" meerkatte en varke en ander ongediertes die volgende fase sal wees om hom reg te kry vir nag jag en die jakkalse maar dis 'n storie vir 'n ander dag.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Skietstoel
Skuus, Stefan. Lyk my die opmerking het jou seergemaak. Ek was regtig onder die indruk dat slegs gestremdes sulke stoele gebruik en dis natuurlik te verstane. Lyk my die gebruik daarvan het egter nou oorgespoel na 'n groter deel van die bevolking. Julle klits die diere seker netjies vanuit so 'n gerief. Ek skud dus maar net my kop in ongeloof en het minstens die moed om dit te se.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Skietstoel
Ek wonder nou ook wat jou "logo" regtig beteken . . .
"Overkill is Underrated"
As die meerkatte en ander gediertes maar net kon teruggepraat het . . .
"Overkill is Underrated"
As die meerkatte en ander gediertes maar net kon teruggepraat het . . .
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Skietstoel
Miskien sommer altwee!Stefan764 wrote:win270 ek dink jy mis (weer?) die punt soos op vorige topics of is besig om (weer?) te stir soos op vorige topics. Een van die twee.
Ek kan nie glo dat iemand wat so lank al op die forum is, so oningelig kan wees en dit dan nog so aan die groot klok ook hang nie.win270 wrote:Skuus, Stefan. Lyk my die opmerking het jou seergemaak. Ek was regtig onder die indruk dat slegs gestremdes sulke stoele gebruik en dis natuurlik te verstane. Lyk my die gebruik daarvan het egter nou oorgespoel na 'n groter deel van die bevolking. Julle klits die diere seker netjies vanuit so 'n gerief. Ek skud dus maar net my kop in ongeloof en het minstens die moed om dit te se.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: Skietstoel
Oom Dawie
win270 ek weet of jy nou 'n vendetta teen Stefan of die hele jakkalsjag/probleemdier beheer metode het nie , maar ek stel jy doen bietjie navorsing oor die skade wat die goed aan kuddes aanrig.

Sorry Oom Dawie, ek wou se ek stem saam,maar het bietjie haastig getik.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Skietstoel
Niks om oor te wonder nie, dis heel eenvoudig. Jy skiet die grootste moontlike gat deur n dier om hom so vinnag as moontlik vrek te kry.win270 wrote:Ek wonder nou ook wat jou "logo" regtig beteken . . .
"Overkill is Underrated"
As die meerkatte en ander gediertes maar net kon teruggepraat het . . .
Dis plasing soos hierdie van jou wat die Forum n lekker suur plek maak die laaste ruk en as julle my opinie wil he, heel gaan laat ontspoor.
As jy niks weet van n topic nie, moenie iets daar post nie. Hier is genoeg strontpraat topics, gaan toon jou misnoe daar oor die arme jakkalsies wat oneties van n skietsoel af geskiet word. Of as jy nie genoeg aandag onder die grappies afdeling kry nie, gaan gesels op Landmark Foundation se website, daai ouens deel jou sentiment.
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Skietstoel
Stef, APPELS!! Raakgeslaan en goed opgesom. Ek deel jou sentimente 100%
Stefan764 wrote:Niks om oor te wonder nie, dis heel eenvoudig. Jy skiet die grootste moontlike gat deur n dier om hom so vinnag as moontlik vrek te kry.win270 wrote:Ek wonder nou ook wat jou "logo" regtig beteken . . .
"Overkill is Underrated"
As die meerkatte en ander gediertes maar net kon teruggepraat het . . .
Dis plasing soos hierdie van jou wat die Forum n lekker suur plek maak die laaste ruk en as julle my opinie wil he, heel gaan laat ontspoor.
As jy niks weet van n topic nie, moenie iets daar post nie. Hier is genoeg strontpraat topics, gaan toon jou misnoe daar oor die arme jakkalsies wat oneties van n skietsoel af geskiet word. Of as jy nie genoeg aandag onder die grappies afdeling kry nie, gaan gesels op Landmark Foundation se website, daai ouens deel jou sentiment.
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Skietstoel
Win270
Is jou 270 dalk groen?
Is jou 270 dalk groen?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Skietstoel
Ek sien die topic is vinnig besig om te ontspoor en as my bydrae hieronder daartoe bydra, vra ek vooruit verskoning!
Win270, moet nie die jag (of skiet as dit jou beter pas...) van jakkalse en probleem diere, verwar met die tradisionele jag van bokke nie. Daar is 'n reuse verskil. Die skietstoel help om meer een skoot doodskote te verkry en is aanvaarde en geykte praktyk.
Etiese gesprekke oor groot kalibers en gebruik van skietstoele, kan darem seker onder 'n nuwe topic geplaas word, alhoewel ek nie kan sien dat dit enige positiewe bydrae tot die forum kan maak nie....

Last edited by Eugene on Fri Jan 24, 2014 12:16 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Skietstoel
Hoor hier manne stop julle K@@@ as julle wil gaan baklei begin 'n nuwe topic of gaan join Jagbuddies op Facebook
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Skietstoel
Ai manne, sit nou maar op daai stoele as dit julle pas! Een van die dae skiet julle die diere sommer so met die "click" van die muis! Ek kon nooit dink daar is soveel "softies" in die hedendaagse tyd nie. Dink sommer ook daaraan om 'n sambreel bo-op die stoel vas te sweis vir die warm son. Ja, slag my maar af!! Nou moet ek koes . . . vir die sonder humorsin.
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Skietstoel
James,James Wilson wrote:JB, ek dink net die manne moet verstaan hoe lyk jou skietrak teenoor hoe n normale skietrakke lyk. Het jy n foto?
Jy is reg.
Cassie,
JB se raam werk soos 'n bom. Hy doen presies wat jou stoel ook doen met selfde gemak volgens my. Een plek waar die raam beslis "beter" is volgens my as leek, is as daar gery word in die veld. Jy kan staan as raam gebruik teenoor die "seesiek" skommel in die stoel.
Ek is geen "kenner" nie, maar net my bevinding met beide.
Groete,
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Skietstoel
Baie nice Nico. Jy het en gaan hom heeltemal wen.NicoSmit wrote:Die stoel het sy eerste toets geslaag hier en daar moet daar nog goed bygesit word sodra daar tyd weer is .
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Skietstoel
Shame.win270 wrote:Ai manne, sit nou maar op daai stoele as dit julle pas! Een van die dae skiet julle die diere sommer so met die "click" van die muis! Ek kon nooit dink daar is soveel "softies" in die hedendaagse tyd nie. Dink sommer ook daaraan om 'n sambreel bo-op die stoel vas te sweis vir die warm son. Ja, slag my maar af!! Nou moet ek koes . . . vir die sonder humorsin.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Skietstoel
Welgedaan Nico. Baie van ons sou nie daai stoel kon bou nie. Ek glo hy gaan goed werk vir jou.NicoSmit wrote:Die stoel het sy eerste toets geslaag hier en daar moet daar nog goed bygesit word sodra daar tyd weer is .
Uit respek vir Nico se post gaan ek nie oor hierdie drek komentaar lewer hier nieSilent Hunting wrote:Shame.win270 wrote:Ai manne, sit nou maar op daai stoele as dit julle pas! Een van die dae skiet julle die diere sommer so met die "click" van die muis! Ek kon nooit dink daar is soveel "softies" in die hedendaagse tyd nie. Dink sommer ook daaraan om 'n sambreel bo-op die stoel vas te sweis vir die warm son. Ja, slag my maar af!! Nou moet ek koes . . . vir die sonder humorsin.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Skietstoel
....Nico, sorry ek doen die op jou post....
Win270, Jy is 'n volbloed jagter glo ek....behalwe nou vir jou SKIET-stokke, wat jy in die veld gebruik om mee te jag...
Of natuurlik jou SKIET-sak waaroor jou elke naweek oefen alvorens jy gaan jag... dalk moet jy dit herdoop en verkoop as jagtokke en jag x bag...dan herdoop ek ook sommer my stoel ook na jakkalsjagstoel....
Jy is besig met semantix, en in die proses maak jy jouself die mees populêrste ou op die forum....sterkte mater, sterkte.
Soos vroeër gevra....bring jou jarrrre se jag kennis en ondervinding tafel toe...tot op hede het jy nog niks rerig positiefs bygedra nie.....wats fout???wat in die lewe het jou kwaad en bitter gemaak??
Cheers
Ps...'n humorsin loop hand aan hand met 'n fyn balans

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Skietstoel
Ek wonder of skietstoele nie verpligtend moet wees vir party jagters ook nie-minder gatskote! Skuus kwesskote!
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: Skietstoel
Ek het 'n topic begin onder lede alleen waar ons met win270 kan gesels - sodat ons nie meer Nico se draad opd@nner nie.
- Francois Hugo
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am
Re: Skietstoel
Manne,
Lyk die nuwe jaar gaan so skiet skiet die toekoms te gemoed!!!
hier op die JAGTER se Forum (die skieters moet maar roofkyk- ha-ha
)
Nico, ek self het ook maar my stoel begin aanmekaar slaan. Geld was/is maar skraps, maar as ek daardie vervaardigde modelle van die professionele kyk, kyk ek nie met die Bybel se oogpunt nie!! DAN begeer ek!!!
Dink iewers in jou gesprek het iemand dit genoem voor die manne weer effe die spoor byster geraak het, dat 'n man eerder aan beide kante rusplek vir jou arms moet aanbring. My bietjie SKIET ondervinding!!
is dat man maar jouself moet anker om akuraat te skiet. Die hoogte van jou arm rus(te) is egter nogal belangriker as wat sommer so dink!! Moes sommer heelwat verander om myne nommerpas te kry.
Stem met die manne saam wat reken jou stoel moet maar eerder te "swaar" as te "ligte materiaal" gebruik, veral as jy die skaal effe trek ou maat - lyk darem of jou materiaal eerder na die swaar kant neig.
Vir die skietraam manne, baie interresant, het al met so 'n raam GEJAG - Win270 -
, maar moet erken ek kan my self nie indink dat dit lekker sal werk met jakkals JAG/SKIET nie??? Ek sal nou die foto beter gaan bekyk moet ek erken, want julle noem definitief AL die negatiewe dinge op die naam, van 'n skietstoel.
Lekker onderwerp en projek Nico en jy sal net daardie eerste jakkals of skoot wat doodmaak uit jou stoel meer waardeer omdat jy hom self aanmekaar geslaan het.
Sit die finale produk op, ten minste kan jy dit regkry om foto's te plaas en die res van ons darem jakkalsJAG te laat praat!!!!
Lekker man Lekker.
Groete uit die Namakwaland
Francois Hugo
Lyk die nuwe jaar gaan so skiet skiet die toekoms te gemoed!!!
Nico, ek self het ook maar my stoel begin aanmekaar slaan. Geld was/is maar skraps, maar as ek daardie vervaardigde modelle van die professionele kyk, kyk ek nie met die Bybel se oogpunt nie!! DAN begeer ek!!!
Dink iewers in jou gesprek het iemand dit genoem voor die manne weer effe die spoor byster geraak het, dat 'n man eerder aan beide kante rusplek vir jou arms moet aanbring. My bietjie SKIET ondervinding!!
Stem met die manne saam wat reken jou stoel moet maar eerder te "swaar" as te "ligte materiaal" gebruik, veral as jy die skaal effe trek ou maat - lyk darem of jou materiaal eerder na die swaar kant neig.
Vir die skietraam manne, baie interresant, het al met so 'n raam GEJAG - Win270 -
Lekker onderwerp en projek Nico en jy sal net daardie eerste jakkals of skoot wat doodmaak uit jou stoel meer waardeer omdat jy hom self aanmekaar geslaan het.
Sit die finale produk op, ten minste kan jy dit regkry om foto's te plaas en die res van ons darem jakkalsJAG te laat praat!!!!
Lekker man Lekker.
Groete uit die Namakwaland
Francois Hugo
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Skietstoel
Dankie sal fotos opsit soos hy vorder