7*57 doplengte

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Nico Prinsloo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Thu Jun 20, 2013 4:41 pm

7*57 doplengte

Post by Nico Prinsloo »

More.Ek is baie nuut in die herlaai besigheid en het hulp nodig asb. Lyman se herlaai data en sonchem se data vir die doplengte op die 7*57 verskil. Ek het my doppe almal 2.229" gesny, sal dit reg wees?
Sonchem gee nie ladings vir 150gr en 175gr punte aan nie, hoe gemaak?
Nico
.22 Anschutz;9mm short Star; .243Win Voere; 7*57 Brno; .375 H&H Brno; 12BR Baikal
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Geno »

2.225" is die trim length op 7x57. Ek glo nie die 4 thou (of 0.1016mm) sal moeilikheid maak nie.
Gee jou info onder die Quickload afdeling dan help iemand jou daar.
Goed, beter, 6millimeter!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 7*57 doplengte

Post by FCLoretz »

Blikoor,

Hoe nuut is jy in die herlaai besigheid? Ek vra die vraag want dit is altyd beter om 'n mentor te kry wat jou kan help as jy begin. Dit sal jou baie help en soms baie geld en tyd spaar.

Jou lengte van 2.229" behoort te werk, maar die doppe moet eintlik na 57mm gesny word.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by tripodmvr »

QL gee maks doplengte as 57mm = 2.244duim. 'n Bietjie korter is dan reg.

Gebruik die 152gr en 170gr data in Somchem se boekie. Dit is naby genoeg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Geno »

FCLoretz wrote:die doppe moet eintlik na 57mm gesny word.
http://www.ballisticstudies.com/Knowledgebase/7x57.html

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/7x57.JPG
Goed, beter, 6millimeter!
Nico Prinsloo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Thu Jun 20, 2013 4:41 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Nico Prinsloo »

Dankie manne. Ek het die TPL op drie verskillende maniere probeer bepaal. Die oopgesnyde dop, punt in kamer met skoonmaakstok voor en ook die blou verf metode en elke keer `n ander waarde gekry! Sal dit `n groot verskil maak as en net die lengte op die bg. tabel gebruik?
Nico
.22 Anschutz;9mm short Star; .243Win Voere; 7*57 Brno; .375 H&H Brno; 12BR Baikal
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by PWV »

Blikoor
Ek herlaai al jare die 7x57. Kry vir jou die stukkie gereedskap wat hier in die foto's aangedui word. Lee maak dit. Koop een vir 7x57 en jy sny elke doppie met die apparaatjie. Knyp die onderste doppiehouer in jou boor vas, druk die snyer in die doppie en hy sny elke doppie op die korrekte maak.
Hoe moeilik kan dit nou wees?

Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Johan Reyneke »

Die tool soos deur oom Pieter genoem werk baie goed. Pasop net as jy dit in die boor gebruik vir te vinnige spoed.
Ek gebruik eerder 'n elektriese skroewedraier (herlaaibaar) wat se spoed meer reguleerbaar is.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Fritz »

Johan Reyneke wrote:Die tool soos deur oom Pieter genoem werk baie goed. Pasop net as jy dit in die boor gebruik vir te vinnige spoed.
Ek gebruik eerder 'n elektriese skroewedraier (herlaaibaar) wat se spoed meer reguleerbaar is.
Ek neem aan die vinnige spoed kan die kanse om die dop skeef te trek verhoog? Of gaan dit meer oor die vrywing wat plaasvind by die "pin"? Ek het 'n vriend gehad wat se doppe al hoe korter begin sny het. Miskien was sy boor te vinnig?
Last edited by Fritz on Tue Jan 14, 2014 2:00 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by tripodmvr »

Blikoor wrote:Dankie manne. Ek het die TPL op drie verskillende maniere probeer bepaal. Die oopgesnyde dop, punt in kamer met skoonmaakstok voor en ook die blou verf metode en elke keer `n ander waarde gekry! Sal dit `n groot verskil maak as en net die lengte op die bg. tabel gebruik?
Gebruik die kortste van die drie mates en kom dan so 0,7mm teug vir koper/lood koeëls. Met mono koper en brass (Barnes, Impala) kan jy dan 2mm korter gaan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by tripodmvr »

Die draaiende dop is ook 'n gevaar vir jouself as iets losgly of vashaak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Nico Prinsloo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Thu Jun 20, 2013 4:41 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Nico Prinsloo »

Kry man die apparaatjie vir alle kalibers en sal S&O dit aanhou?
Nico
.22 Anschutz;9mm short Star; .243Win Voere; 7*57 Brno; .375 H&H Brno; 12BR Baikal
Nico Prinsloo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Thu Jun 20, 2013 4:41 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Nico Prinsloo »

Dit wil voorkom of ek nog `n paar rand aan `n crhony moet spandeer om regtig enige waarde uit selflaai te kry. Ek sal ook graag van die QL data gebruik maak maar sal eers die spoed moet meet.
Nico
.22 Anschutz;9mm short Star; .243Win Voere; 7*57 Brno; .375 H&H Brno; 12BR Baikal
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 7*57 doplengte

Post by FCLoretz »

Blikoor wrote:Kry man die apparaatjie vir alle kalibers en sal S&O dit aanhou?
Jy kry die apparaat vir verskillende lengtes dit is 'n Lee case length gauge.Ek glo dat S&O hulle sal aanhou anders bestel hom net by hulle.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 7*57 doplengte

Post by FCLoretz »

Blikoor wrote:Dit wil voorkom of ek nog `n paar rand aan `n crhony moet spandeer om regtig enige waarde uit selflaai te kry. Ek sal ook graag van die QL data gebruik maak maar sal eers die spoed moet meet.
Chrony is defnitief belangrik as dit by lading ontwikkeling kom en veral vir die korrekte gebruik van QL. Kyk of daar nie 'n vriend of mede forum lid in Rustenburg is wat jou kan help met een nie, totdat jy jou eie kan koop.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Nico Prinsloo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Thu Jun 20, 2013 4:41 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Nico Prinsloo »

Ek sal maar by die vrou hoor of sy nie een paar skoene minder wil koop nie!
Nico
.22 Anschutz;9mm short Star; .243Win Voere; 7*57 Brno; .375 H&H Brno; 12BR Baikal
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Fritz »

FCLoretz wrote:
Blikoor wrote:Dit wil voorkom of ek nog `n paar rand aan `n crhony moet spandeer om regtig enige waarde uit selflaai te kry. Ek sal ook graag van die QL data gebruik maak maar sal eers die spoed moet meet.
Chrony is defnitief belangrik as dit by lading ontwikkeling kom en veral vir die korrekte gebruik van QL. Kyk of daar nie 'n vriend of mede forum lid in Rustenburg is wat jou kan help met een nie, totdat jy jou eie kan koop.
Frederik, my probleem is ek het amper geen meer vertroue in my chrony nie. Ek weet nou nie meer of helder, bewolkte of watse toestande vir my die betroubaarste lesings gee nie. Al die toestande het nou al vir my wisselvallige lesings gegee. Voel regtig asof ek nou gatvol raak om te wonder wat nou regtig my snelheid is. Gaan 'n magnetospeed koop
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 7*57 doplengte

Post by FCLoretz »

Fritz,

Ek ken nou nie jou hele Chrony episode nie, maar hoe wisselvalig praat ons van?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Fritz »

Ek wil nou nie eintlik hier kla oor my goed en hi-jack nie. Ek het gedink ek skiet 2930fps. Dit was in die son, middel van dag. Noudie dag sit ek die chrony in die skaduwee. Dit het gelyk asof dit vir ander ouens op die baan werk. Toe clock hy sommer op 3025fps. Snaaks genoeg nader aan die node. Ek het gedink ek is tussen twee nodes (volgens QL).
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 7*57 doplengte

Post by FCLoretz »

Daai 95fps kan dalk temperatuur verskille wees.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 7*57 doplengte

Post by Fritz »

FCLoretz wrote:Daai 95fps kan dalk temperatuur verskille wees.
Nee ek twyfel sterk. Temp was laer met die hoër spoed. Sal nog die issue uitsort.
Post Reply