S 335 kruit spoed
- katjak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm
S 335 kruit spoed
dagsê manne. wie kan help? ek laai altyd 35grn 335 agter 55grn vmax vir +- 3700v/s. met lot nr 699 kry ek net 3450 v/s op 35 grn. wie het nog sulke probleme en kan ek maar opgaan na 36 grn . wat behoort die spoed dan naastenby te wees.?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S 335 kruit spoed
So vinnig loer na QL wil vir my laat voorkom asof daar S355 in 'n S335 blik is as mens na die spoed kyk wat jy nou kry met die nuwe blik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- katjak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm
Re: S 335 kruit spoed
dan moet dit n fabriek fout wees. nogal 2 blikke gekoop in Bloem. Het nou met n ander ou gepraat en hy kry 150 v/s stadiger in sy 22-250 met S335 lot 699. Rheinmetal beweer egter hulle is nog binne hul 10% en dat daar niks fout met die kruit is nie. Dit krap egter n ou se ladings deurmekaar, want ek het nie tyd om met elke blik eers lading ontwikkeling te doen om dit spoed en inpak punt die selde te kry nie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S 335 kruit spoed
Ek sal by 37gr begin en versigtig oplaai. Jy gaan egter vind dat met die stadiger kruit jou dop baie vol gaan maak. Ek sal die saak egter nog steeds weer met Somcehem opneem. Die verskil van 250vps is baie en dui nie net op 'n 10% verskil in brandvermoë nie. Ek wil half sê dat my vorige stelling oor S355 in die verkeerde blik nie so wilde stelling is nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm
Re: S 335 kruit spoed
Ag nee dis nie goeie nuus nie. Ek hardloop huidiglik 55gr nosler silvertips met 32gr S335 lot 698 teen 3250fps. daar gaan al my berekeninge weer in sy woer woer in.
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Re: S 335 kruit spoed
Wat se kaliber praat julle manne van?
Lei af dit seker 243, maar het nie geveet mens kan S335 kruit gebruik op 243 nie?
Lei af dit seker 243, maar het nie geveet mens kan S335 kruit gebruik op 243 nie?
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Riaan Botha
-
uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm
Re: S 335 kruit spoed
Baas dit is vir 22-250 rem
- katjak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm
Re: S 335 kruit spoed
Manne, ek het nou 3 gelaai met 35,5 grn, 3 met 36 grn. gaan hulle netnou or crony skiet en dan sal ek terug voer gee. ek het ook 3 gelaai met S335 35 grn lot 704. sal da ook laat weet. groete
-
uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm
Re: S 335 kruit spoed
baie dankie katjak. ek skiet ook S335 in my 308 en daai dop begin nou al bietjie vol raak so kan nie bekostig om n stadiger lott te kry nie
-
Hennie Dreyer
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm
Re: S 335 kruit spoed
Ek het self iets begin vermoed - dop amper vol S335 op my 308 maar eindresultaat maak nie sin nie!
Wag in spanning op julle terugvoer hieroor
Wag in spanning op julle terugvoer hieroor
Hennie
.308 CZ 550 Lux
.308 CZ 550 Lux
- katjak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm
Re: S 335 kruit spoed
Reg manne.
S335 lot 699 S335 lot 704
35grn=3450 v/s 35grn = 3520 v/s
35.5grn=3520 v/s
36grn= 3600 v/s
Op 36grn wil druk net net begin. Ek dink 36.5grn kan moontlike druk probleme gee.
Ek sal lot 704 ook probeer op 35.5 grn en 36grn. sal dan weer laat weet. mooi loop.
S335 lot 699 S335 lot 704
35grn=3450 v/s 35grn = 3520 v/s
35.5grn=3520 v/s
36grn= 3600 v/s
Op 36grn wil druk net net begin. Ek dink 36.5grn kan moontlike druk probleme gee.
Ek sal lot 704 ook probeer op 35.5 grn en 36grn. sal dan weer laat weet. mooi loop.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S 335 kruit spoed
Katjak
Die een grein verhoging lewer 150vps toename in spoed dws die V/C faktor is 150. Somchem se boekie gee vir S335 in die 22-250 slegs 'n faktor van 100.
Ek het geen inligting van jou geweer so ek gebruik teoretiese waardes om antwoorde te soek. Een ding wat ek nog nie aangeraak het nie is TPL. Wat is die maksimum TPl vir die 55 VMax en op wat het jy gelaai. n Idee van looplengte sal ook help.
Die een grein verhoging lewer 150vps toename in spoed dws die V/C faktor is 150. Somchem se boekie gee vir S335 in die 22-250 slegs 'n faktor van 100.
Ek het geen inligting van jou geweer so ek gebruik teoretiese waardes om antwoorde te soek. Een ding wat ek nog nie aangeraak het nie is TPL. Wat is die maksimum TPl vir die 55 VMax en op wat het jy gelaai. n Idee van looplengte sal ook help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm
Re: S 335 kruit spoed
tripodmvr
waar koop mens die quickload program en is dit nodig om elke jaar die nuwe weergawe te koop? met die wat die kruite so verander raak die nou n duur storie en dink ek maar om eerder so program te koop en klaar te kry
waar koop mens die quickload program en is dit nodig om elke jaar die nuwe weergawe te koop? met die wat die kruite so verander raak die nou n duur storie en dink ek maar om eerder so program te koop en klaar te kry
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S 335 kruit spoed
QL is beskikbaar by S&O.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: S 335 kruit spoed
Jy hoef nie elke jaar nuwe weergawe te koop nie, want jy kalibreer QL met inligting to jou beskiking
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Re: S 335 kruit spoed
Manne,
Ek het op my 22-250 met 'n vorige lot 34 grein S335 gelaai vir my node, ek laai nou met 699 36.4 grein om weer by daardie node uit te kom. Lot 699 is baie lui, maar my dopvulling is beter.
C.J.
Ek het op my 22-250 met 'n vorige lot 34 grein S335 gelaai vir my node, ek laai nou met 699 36.4 grein om weer by daardie node uit te kom. Lot 699 is baie lui, maar my dopvulling is beter.
C.J.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: S 335 kruit spoed
Somchem plaas nou die verskillende lotte van elke dryfmiddel se data op hulle webtuiste. Volgens die data is lot 704 S335 1.3% vinniger as lot 699 wat beteken jy moet so 0.5gr minder van lot 704 laai in 'n 22-250 vir dieselfde spoed.
http://www.somchemreload.com/propellants/s335
Dit is belangrik dat wanneer iemand data plaas wat die resultate van een lot dryfmiddel met 'n ander lot vergelyk, slegs data geplaas word waar die twee lotte dryfmiddel presies dieselfde gelaai is op dieselfde tyd en ook weer op dieselfde dag en tyd uit een geweer geskiet en oor dieselfde chronograaf gemeet is. Verder moet daar minstens 3 koeëls met elke lot geskiet word en verkieslik moet die die twee lotte afwisselend koeël vir koeël geskiet word om temperatuur verskille by die geweer soveel moontlik uit te sklakel. Anders is daar net te veel veranderlikes wat ook 'n rol kan speel en kry 'n mens 'n antwoord wat nie net die verskille tussen die dryfmiddels aantoon nie, maar ander faktore wat 'n rol kan speel insluit.

Thermal
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm
Re: S 335 kruit spoed
I had similar issues with lot 699. 42gr of s335 gave 2480fps with a 165gr claw bullet. Somchem book say I should get 2580@41.5gr that is 100fps difference... gonna try lot 704 soon.