Manne gee raad asb. Ek oorweeg om 'n nagsig teleskoop aan te skaf, die jakkalse hierrond is ma bra ligsku, kom in tot so 400 - 500m dans 'n bietjie rond, dan verdwyn hulle, dis nou waar manne self jag, en as hul niks meer regkry nie, word hulp ingeroep. Jul menings en ervaring sal baie help.
Mooiloop
Nagsig Teleskoop
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Nagsig Teleskoop
Pieter,
daar is al regtig baie besprekings oor nagsig, gebruik maar die search funksie. Dit het eintlik 2 GROOT nadele
1. Daar is nie lig om die jakkals te verblind nie, en omdat die beskikbare modelle so swak is, moet hulle in helder maanlig gebruik word, wat die jakkals se sig meer doeltreffend maak
2. Jy kyk (soek) heeltyd met jou een oog deur die nagsig, wat jou nag sig totaal opneuk, en omdat jy so klein "field of view" het, moet jy noodwendig stadig soek, en dan mis jy hom gereeld as hy stil staan. Gebruik jy filters en 'n lig om die oe te verlig, verloor jy jou oorspronklikke doel.
Daar is egter maniere om hom goed aan te wend, maar lees maar, dit staan in die forum.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: Nagsig Teleskoop
Pieter ek het nie ondervinding van die duurder (gen 3) goed nie, maar die goedkoper goed werk nie;
eerstens raak jou oog wat jy mee kyk baie moeg en wanneer jy moet skiet neem dit lank om te herstel.
Dan is daar verseker geen voordeel om infra-rooi te gebruik nie; want jakkals en kudu sien dit.
My voorstel: gebruik nagroep om die adres te kry en dagroep om sukses te kry!
Voorspoed
Willem

johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Nagsig Teleskoop
pieter praat met arno pienaar,hulle gebruik nagsig met groot sukses.het jy al flir se thermal oorweeg?
-
Pieter
- Sr. Member

- Posts: 479
- Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am
Re: Nagsig Teleskoop
Dankie manne, Johans, verduidelik die "flir se thermal" asb.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Nagsig Teleskoop
Pieter dis maar die verkyker wat ligaamshitte optel,as jy gaan soek sal jy sien freek het dit getoets en baie terugvoer gegee.die goeie modelle tel n mens op 700m in die nag op.jy sien dan net die rooi "image" wat inkom as jy roep en kan dan jou dimmer gebruik om te I'd.jy kry die geweer scope waar jy net so kan skiet maar dis klomp geld
-
Pieter
- Sr. Member

- Posts: 479
- Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am
Re: Nagsig Teleskoop
Dankie, man. Ek het nog baie huiswerk voor ek net koop.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Nagsig Teleskoop
Ekt nog baie spaar voor ek koop,hulle loop tussen 30 en 90k
-
2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: Nagsig Teleskoop
Daar is wel 'n plek vir dit as jy dit kan bekostig. Ek het gesien hoe 'n man geroepte jakkalse laat val, maar dit is nie sag op die oe nie en pasop vir die megraines die volgende dag.