Ek is nou deur my eerste jaar van jakkals JAG en skiet en het nou, glo ek alle fazes van die Jakkie se siklus beleef. Ek sal egter erken, dat die tyd laasjaar, was dinge maar lukrake soms en tog hier en daar bietjie van my eie ,geleerde "vernuf", as ek dit so mag noem.
Neste skoonmaak was vir my maar 'n lang, boring besigheid en het ek soms gewonder of jy, in al die tyd wat jy vir die ouers wag, nie beter op 'n ander plek kon doen nie.??
Al die neste wat ons gevind het is ge-GPS en is ons reg vir hulle vir volgende kleintjie tyd.
Maar nou my vraag.
1) Die kleingoed wat nou al verder en verder van die neste af speel, rondhol en jag...tot wanneer toe sal hulle "terugkom" neste toe vir "slaaptyd"?? Sal dit wees tot einde April, en moet 'n ou maar nogsteeds om daai neste wat jy nuut vind, werk?
2) Die een dominante jak, wat jy vir welke rede ookal by die neste nie kon uitskiet nie, is die neste area nogsteeds die Kern gebied bly of sal daai jak rondloop op soek na ander blyplek of maats??
Ek hoop my vrae maak sin en dat ek verder by die meesters kan leer
Cheers
Kern area en neste
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Kern area en neste
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

Re: Kern area en neste
Skuus, dan nog 'n vraag.
Sal die skoongemaakte kernareas vakant bly to na April??

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Kern area en neste
noggal goeie vra die.
een wat ek kan antwoord, wat ek hier oplet, is dat as jy hier van augustus maand af skoongemaak het, die area darm redelik skoon is tot so maart maand toe. daar sal wel hier en daar floater se spore le.

HOU HOM DAAI DIKTE
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Kern area en neste
Cobus
Ek het gehoor reun bly maar teef sal trek tensy ander reun kom wat eers April se koers behoort te wees.
Henry

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Kern area en neste
Cobus,
My ondervinding is;
1. Die jonges sal daar rond hang tot hulle verdryf is, en dit kan duur tot so laat as Feb, miskien nog Maart maand, het al gekry dat 'n kern gebied uitgeskiet is in April met 'n paar en twee hulpers.
2. Taffie reken die reun sal die gebied bly besit, en die teef sal ook bly as sy 'n los reun kan lok na die gebied. Ek het geen rede om sy redinasie in twyfel te trek nie, en het dit al so ondervind.
3. Klein jakkalse soek bly plek, as 'n bruikbare area geen dominantes het nie, sal hulle vir seker in trek. Luister maar in die veld, as een stel roep, antwoord alles in die omtrek, as een gebied se jakkalse stil raak, en die grens merk plekke raak leeg, word dit 'n magneet vir ander. Hier moet ook onthou word dat dit nie noodwendig net jong dom jakkalse wat hulle intrek inneem nie, dit kan ook los lopende ouer skelm jakkalse wees, asook 'n dominante paar van 'n aangrensende marginale gebied
Hier in die karroo is bruikbare kern gebiede redelik in aanvraag, en kompitisie is hoog. Neem aan dit sal orals so wees. Al het jy 'n nes uit gehaal, is dit raadsaam om Niel se raad te volg, en veldskoene aan te trek dwars deur die jaar.
Hoop dit help.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Kern area en neste
Mac
Stem heel saam met jou.
Nog so ietsie wat ek raakgeloop het: Stel jakkalse sal ook verdryf kan word in gebied deur jonger sterker(fikser) stel. Baiekeer sal die ou stel rondhang maar nie dominant probeer wees nie. As die jonger sterker stel familie is kan die ouer stel selfs helpers word om aanvaarding in die gebied te bewerkstellig
Jammer Cobus, net iets wat ek terloops opgemerk het.
Mooiloop

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Kern area en neste
Cobus
Ek het al gevind dat waar n teef geskiet is in n kern area die Reun die gebied ook verlaat het en sy intrek of elders of met n ander teef gedeel het.
Hoekom se ek dit , Ek het gesukkel met n stel waar ek 2 stelle spore kon kry en toe die teef geskiet in Junie en die reun nie gekry het nie, Die Boesman op die plaas het die reuns e spoor weer gekry vir 2 weke waar ek nie by jag kon uitlkom nie en toe het die reun die pad gevat, Hy het nie weer gevang in daai gebied plaas nie vir amper n jaar was dit "skoon" toe ek weer n stel geskiet het in daardie gebied wat albei jonk was. Ek se geensins dis n reel nie, maar net dat dit kan gebeur.
Ek vermoed as n jakkals jou so lkeer ver kan ruik hy seker maar sal ruik as daar n buurvrou is wat aanloklik is, of adverteer dat sy n nuwe adres kan verskaF aan die oujong kerel of aleenloper. Kan dit dalk wees dat die jong fikser stelletjie die ouerman kon verdryf het is ook moontlik, maar ek vermoed hy het sy bates bietjie gaan versprei ?
Dis ook hoekom dit belangrik is om grondwerk te doen soos mac en taffie of met trail kamera's om "jou vyand te ken en beter te leer ken " .
Sommer so terloopse opmerking
Greetings en Vorspoedige nuwe jaar.
Aan al die jagters en skieters ens
Probeer om meer jakkalse te skiet as dae in die jaar so by die 7 de Januarie moet jy by 7 verby wees en by dag 365 van die jaar moet jy verby 365 wees?
Voltydse ouens doen dit redelik gemaklik met werk . Deeltyds gaan jy sukkel maar probeer gerus. Dis sommer n lekker target!