9mm ladings
- SuperVos
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Oct 21, 2013 3:03 pm
9mm ladings
Dag Almal,
Nou nie juis op probleemdierbeheer van toepassing nie, maar wat sal julle se is die idiaale spoed vir 'n 4" loop, 124gn punt? Ek skiet my G19 lekker op so 1100ft/s, maar wil graag ander opinies hoor.
En wat van die 147gn?
Groete
Vos

Sako 243; TRG-22 (308); AR-15 (300 Blackout), Glock 19, 34 (9mmP), Benelli M4... met 'n 375HH/Ruger in die kous.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: 9mm ladings
Vos is dit lood of mantel koeëls wat jy skiet??
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: 9mm ladings
Enege spoed tussen 1050 en 1200 fps vir 124gr ek gooi 147gr koels teen 980 fps vir teiken
- SuperVos
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Oct 21, 2013 3:03 pm
Re: 9mm ladings
Dis mantel Pvdw - maak dit groot verskil?Pvdw wrote:Vos is dit lood of mantel koeëls wat jy skiet??
Sako 243; TRG-22 (308); AR-15 (300 Blackout), Glock 19, 34 (9mmP), Benelli M4... met 'n 375HH/Ruger in die kous.
- SuperVos
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Oct 21, 2013 3:03 pm
Re: 9mm ladings
dankiealecjohnson wrote:Enege spoed tussen 1050 en 1200 fps vir 124gr ek gooi 147gr koels teen 980 fps vir teiken
Sako 243; TRG-22 (308); AR-15 (300 Blackout), Glock 19, 34 (9mmP), Benelli M4... met 'n 375HH/Ruger in die kous.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: 9mm ladings
Ja die lood skiet ons verkeislik onder 1000ft/s. Hulle ladings is redelik laer as mantel koeëls maar as jy lood teen 1100+ skiet word die loop vreeslik vinnig vuil. Ek skiet harde lood wat ek vir my9mm se loop size en dit help baie maar die van die rak af hou maan van die onder 1000ft/s.
Laai jy vir papier of SD?? Vir papier verkies baie manne om die "koudse" lading wat betroubaar cycle te laai. Dis ook baie keer onder 1000ft/s selfs vir mantelkoeëls.
Alec het jou egter goeie raad gegee vir die bietjie meer "agresiewe" skiet. Die praktiese pistool manne hou nou weer van daai ladings.

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 9mm ladings
Vir IPSC en IDPA moet jou 124gr meer as 1008 fps loop en die 147gr moet vinniger as 850fps loop.
Met dit ingedagte sou ek laai tot 1050fps en 880fps onderskeidelik vir die sporte.
Soos Pvdw uitwys laai mens minder kruit agter 'n lood koeel vir dieselfde spoed as 'n gemantelde koeel so wees versigtig om blindelings ladings uit te ruil as jy koeels ruil.
Vir SD sou ek aanbeveel jy koop ammo soos die Winchester Ranger T reeks. Die voordele van gekoopte ammo vir SD is elders op die forum bespreek.
Met dit ingedagte sou ek laai tot 1050fps en 880fps onderskeidelik vir die sporte.
Soos Pvdw uitwys laai mens minder kruit agter 'n lood koeel vir dieselfde spoed as 'n gemantelde koeel so wees versigtig om blindelings ladings uit te ruil as jy koeels ruil.
Vir SD sou ek aanbeveel jy koop ammo soos die Winchester Ranger T reeks. Die voordele van gekoopte ammo vir SD is elders op die forum bespreek.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: 9mm ladings
Ek het baie loodkoels geskiet ( meer as 2000 rondtes ) en die goed is baie lekker maar maak baie vuiler as FMJ koels. ek skiet nou net met FMJ's vir elke dag dra Magteck 124gr JHP (maak baie mooi oop en baie kragtig!)
-
Adrian
- Newbie

- Posts: 36
- Joined: Mon Nov 18, 2013 8:06 am
Re: 9mm ladings
SuperVos; Ek laai net MS200 in my pistole vir 9mm en .45; brand lekker skoon.
Probeer;
3.8gr MS200 op die 147gr punte
4.5gr MS200 op die 124gr punte
Al twee hierdie ladings maak Factor vir IPSC en IDPA.
Use at your own peril.
Probeer;
3.8gr MS200 op die 147gr punte
4.5gr MS200 op die 124gr punte
Al twee hierdie ladings maak Factor vir IPSC en IDPA.
Use at your own peril.
Bite Hard, Run Fast
- SuperVos
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Mon Oct 21, 2013 3:03 pm
Re: 9mm ladings
Dankie almal, ek speel nogsteeds bietjie rond met ladings en kruit (so tussen normale werk deur) wanneer ek tyd kry. Ek kry goeie groepeering met die 124gn @ 1140 stddev 23 ft/s S121 gelaai teen 4,2gn.
Dis baie naby and Piet-Skiet se spoed.
Sal ook Adrian se MS probeer en opwerk na soortgelyke spoed, dalk bietjie meer en kyk wat hy maak.
Groete
Vos.
Dis baie naby and Piet-Skiet se spoed.
Sal ook Adrian se MS probeer en opwerk na soortgelyke spoed, dalk bietjie meer en kyk wat hy maak.
Groete
Vos.
Sako 243; TRG-22 (308); AR-15 (300 Blackout), Glock 19, 34 (9mmP), Benelli M4... met 'n 375HH/Ruger in die kous.
-
Reloader270
- Hero Member

- Posts: 1051
- Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm
Re: 9mm ladings
Om lood vuilmaak te beperk gee ek my lood koeëls die hitte behandeling (wiel gewigte). Dit beteken jy "size" eers op die regte size - bv 0.355" deur die Lube-o-Matic. Jy sit nog geen smering (lube) op nie. Hierna pak jy die koeëls uit op 'n bakplaat en bak jy hul in oond vir +-30 minute tot net voor hul begin smelt. Jy moet eers proef doen met paar koeëls tot jy die regte hitte kry. Na hul gebak is, gooi jy die warm koeëls in 'n 25 lt houer vol koue water. Dan droog jy die koeëls af. Hierna verander jy die "lube-sizer" matrys na 0.356" en dan lube jy die koeëls. Die rede hoekom jy nou 'n groter "lube sizer" matrys gebruik is om te verhoed dat die verharde koeëls die matrys beskadig. Dit laat ook 'n 0.001" lagie smering op die koeël. Ek gebruik RCBS Rifle Lube. Baie ander gieters gooi die koeël direk uit die gietstruk in die water, maar die probleem hiermee is dat die koeël dan reeds hard is en dat dit die "lube sizer" matrys kan beskadig. Ek het onlangs 100 van hierdie hitte behandelde koeëls deur my Beretta gejaag. 115gr RCBS CRN teen +-1150vps. Daar was geen lood aanpaksel in die loop.