GPS ?

Post Reply
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

GPS ?

Post by Abrie Smit »

Môre Alle Jakkals Jagters. Hoop julle het 'n mooi week. My vraag is aan enige een wat kan help, maar dit wil vir my voorkom asof Geno ons tegnologiese man is, so Geno as jy of enige een my kan help sal dit baie waardeer word. Ek het twee GPS'se, maar nie een het die funskie om plekke te kan merk waar ek dink die jakkalse nehoort te wees nie. Hulle het net die funksie om my staanplek te merk. Ek kan nie lyne trek en sulke dinge nie. Dalk al te oud of die verkeerde tipe. Kan julle asb 'n aanbeveling maak watter GPS werk die beste in die veld en as dit moontlik is dalk so bietjie raad gee hou om dit te gebruik.

Mooi dag
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: GPS ?

Post by cassie_calvinia »

dit gaaan nie oor lyne trek, ens nie. daar is wel duurder modelle wat dit kan doen. maar, die akkuraatste is om eers te loop op jou lyn, om akkurate bearing lyn te kry.
dan, werk jy dood eenvoudig op jou bearinglyn, en hoefer jy geskat het.
baie eenvoudig
HOU HOM DAAI DIKTE
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: GPS ?

Post by smitjs »

Abrie, ek weet nie so mooi nie. Watter modelle GPS het jy?
Ek dink dat al die Garmins dit kon doen van begin af.
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Re: GPS ?

Post by Abrie Smit »

Cassie, dankie, dit maak sin. My probleem is 'n onbegaanbare rivier tussenin wat dit moeilik maak om rigting te voet te maak. Johan, ek het 'n Garmin Nuvi 720 en 'n 3597. Altwee word huidig net in dorpe en stede vir aanwysings gebruik.

Mooi dag
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: GPS ?

Post by cassie_calvinia »

nee!
kry vir jou sommer 'n etrax!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: GPS ?

Post by cassie_calvinia »

en, as ek praat van loop, praat ek van 20tree. as jy nie so ver kan loop nie, kan jy wragtag nie daar roep nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Rommel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 251
Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm

Re: GPS ?

Post by Rommel »

As jy jou staanplek merk, loop in rigting van waar jakkalse ge-antwoord het, selfs die heel goedkoopste gps modelle het kompas/ of n pyl wat bearinglyn aandui. So jy loop regtig net n paar tree om te sien watter rigting dit in is, argumentshalwe Noord Oos. Dan kan jy maar in bakkie klim en self al moet jy wyd om die rivier ry kan jy weer anderkant terugwerk na jou aangewysde rigting. As jy weer terug is op jou lyn en jy reken jy is op jou aftand wat jy geskat het hulle geraas het, merk weer staanplek no.2 jy kan dan die navigate funksie gebruik wat jou sal aandui presies hoe ver jy dan van staanplek no.1 is. Maw jy 'navigate' van staanplek 2 terug na 1 op die bearing lyn in n direkte lyn. Dit klink na n lang storie maar as jy die ding eers verstaan is dit sekondes! Met die 'grander' modelle raak dit makliker, ek het vir lank so met n etrex gewerk en kop bo water gehou.

Hoop ek maak sin hier, ek verduidelik partymaal soos my gat!
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: GPS ?

Post by smitjs »

Ongelukkig is die Nuvi modelle ideaal vir padgebruik, maar nie vir jag nie.
Die etrax modelle is goed vir jag, maar terwyl jy koop, kyk liewer na die modelle wat 'n kaart kan vat.
Dis net soveel beter as jy 'n SA Topo kaart kan opsit. Dan het jy al plaas grense en riviere en kontoere, en dit help baie.
Toe ons nog baie springbokke ge-oes het, het ek die onbegaanbare slote tussen-in leer regkry.
Dan bestuur mens mos self, en die GPS is voor jou. Na jou skote, merk jou posisie. Ry dan reguit weg van die bokke agteruit, net so paar tree, dan het jy die bearing lyn. Nou ry jy om die kop, waar ook al deur die sloot, en dan van te ver af ry op die bearing lyn na jou gemerkte posisie toe, hou net so dat die GPS die bearing lyn wys, en jy ry op die bokke af.
Ander jakkals jagter manne doen nie eens die moeite om die bearing lyn te kry nie. Hulle skuif net die pyltjie na die geskatte posisie van die jakkals. Merk dan daardie plek.
Ek sal nog kyk na die Nuvi, dit werk nie hier in die huis nie, mens moet buite wees. Die 3597 ken ek nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: GPS ?

Post by Geno »

Abrie,
Die manne het klaar beduie.
Jy gebruik 'n bearing syfer om op te werk. Dis 'n denkbeeldige lyn.
Ek gebruik elkgeval my GPS maar min. Die plase hier is so klein dat as 'n jakkals nie inkom nie, hy moontlik by die buurman is.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Re: GPS ?

Post by Abrie Smit »

Dankie manne. Ek is maar bietjie tegnologies gestrem. Ek het gedink dat jy moet ten minste so 'n 100 meter of wat moet loop. 20 meter sal werk. Hier by ons kry jy maklik kampe wat 600 hektaar + groot kan wees. Dan kry jy dele wat oop is vir bees wat tot 3000 hektaar groot is. Wat se GPS sou julle aan beveel as ek nou een wil gaan koop?
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: GPS ?

Post by Ponkie »

Abrie

Ek gebruik die etrex 10 van Garmin. Vir baie ander was dit vir lank die brood en botter. Werk vir my baie lekker en prys maar so R1300. Andersins kan jy kyk na die Etrex 20 of 30 indien jy sou voel jy soek beter.

Groetnis
Ponkie
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: GPS ?

Post by smitjs »

Myne is 'n Etrex Legend, en dit werk fantasties.
As ek ooit 'n ander een koop vir jag sal dit net wees vir 'n langer battery lewe. 'n Groter skerm sal seker ook lekker wees, maar is nie so belangrik nie.
Groete
Johan Smit
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Re: GPS ?

Post by Abrie Smit »

Dankie vir al julle hulp. Ry vandag Upington toe. Hoop om iets dar te kry. Keetmanshoop het nie winkels wat GPS verkoop nie.

Geseënde Kersfees vir almal.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: GPS ?

Post by KalahariKlong »

Ponkie wrote:Abrie

Ek gebruik die etrex 10 van Garmin. Vir baie ander was dit vir lank die brood en botter. Werk vir my baie lekker en prys maar so R1300. Andersins kan jy kyk na die Etrex 20 of 30 indien jy sou voel jy soek beter.

Groetnis
Ponkie
Dis nou net hy daai. Ek gebruik hom ook vir my jag.
Niks fancy nie en lekker goedkoop as jy hom die dag moet vervang.
Post Reply