Waarde van Sauer 90 en Beretta Musgrave 12 Boor

Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Waarde van Sauer 90 en Beretta Musgrave 12 Boor

Post by Carl »

'n Vriend van my kan die 2 gewere koop by 'n man wat oorsee gaan werk. Ek het gister kans gekry om na hulle te kyk. Die Sauer is 243 in redelike toestand, maar weens 'n vorige langtydperk stoor is daar oral roes merke op die geweer. Die loop was baie vuil soos in medic, waterbottel afk.k vuil in die army! Die geweer het min geskiet. Alles werk. Nuwe lisensie is uitgereik.

Die Musgrave/Baretta het ook roes maar die loop lyk in goeie toestand. Alles werk. Die geweer is nog op 'n groen kaartjie, so nie seker of dit op die CFR databasis is nie.

My pel hou van CZ, het reeds 'n 30-06. My gevoel is die 243 het sentimentele waarde maar weens die roes en "moontlik" ander probleme moet my vriend minder aanbied as 'n nuwe CZ in 243. Wat sou jy doen?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Waarde van Sauer 90 en Beretta Musgrave 12 Boor

Post by gillie »

Hi Carl

Daai musgrave/Berettas gaan vir so om en by R10,000 deesdae as hy in goeie toestand is.
Walter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 489
Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm

Re: Waarde van Sauer 90 en Beretta Musgrave 12 Boor

Post by Walter »

As jy kan foto's laai, kan mens beter raad gee. Is die Beretta Semi-outomaties, dubbelloop, pompaksie?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Waarde van Sauer 90 en Beretta Musgrave 12 Boor

Post by Carl »

Dankie Gillie.
Ek weet die fotos help, jammer ek het nie fotos nie. Ek dink nie enige geweer moet roes op hê in so 'n mate nie. Jammer maar jy gee dan nie werklik om vir jou gewere nie. My 270 is anderkant 70 jaar en lyk nie so nie
Die haelgeweer is 'n O/U enkel sneller.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Waarde van Sauer 90 en Beretta Musgrave 12 Boor

Post by Johan Nel »

Carl wrote:'n Vriend van my kan die 2 gewere koop by 'n man wat oorsee gaan werk. Ek het gister kans gekry om na hulle te kyk. Die Sauer is 243 in redelike toestand, maar weens 'n vorige langtydperk stoor is daar oral roes merke op die geweer. Die loop was baie vuil soos in medic, waterbottel afk.k vuil in die army! Die geweer het min geskiet. Alles werk. Nuwe lisensie is uitgereik.

Die Musgrave/Baretta het ook roes maar die loop lyk in goeie toestand. Alles werk. Die geweer is nog op 'n groen kaartjie, so nie seker of dit op die CFR databasis is nie.

My pel hou van CZ, het reeds 'n 30-06. My gevoel is die 243 het sentimentele waarde maar weens die roes en "moontlik" ander probleme moet my vriend minder aanbied as 'n nuwe CZ in 243. Wat sou jy doen?
Ek dink jou sentiment is in die kol! Wat gaan dit kos om die roes te laat verwyder en die loop te laat herblou, en hoe gemaak as die loop dalk putmerke in het? Bring daai kostes in berekening en maak dan die aanbod.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Waarde van Sauer 90 en Beretta Musgrave 12 Boor

Post by mariusr »

Sauer 90 kan 2de hans enige iets van R15k tot R20k gaan.Maak die geweer mooi skoon en kyk hoe erg is die roes? :confused: miskien kan dit kosmeties reg gemaak word? :o As nie erg is en die loop geen pit merke maak aanbod vir onder R12k? Die sauer 90 is baie lekker en mooi geweer veral in 243!
Post Reply