Jean Marais wrote:Met 'n 1:10 groefdraai gaan die giroskopiese stabilitietsfaktor ongeveer 10 wees, teenoor 'n verlangde faktor van tussen 1.3 en 1.5. Dis bitter hoog, en die 110gr koeël sal beslis nie akkuraat wees oor langer afstande nie. Die koeël gaan basies hierdie tipe trajek hê:
http://www.nennstiel-ruprecht.de/bullfly/fig15.htm
Dit sal baie interessant wees om die praktiese resultaat te sien.
Groete
Ek wil nou nie die partytjie bederf nie. Ek gaan 'n paar feite noem. As jy nie daarvan hou nie, lees asb links verby...
Die ergste teoretiese afwyking wat die projektiel-oriëntasie van die trajek kan gee, as die bostaande teorie korrek was, met normale teiken-koeëls op 1000m is minder as 2 grade. En dan aanvaar ons dat die koeël se senterlyn glad nie afwaarts kantel, op langer afstande nie. Dit gaan nie veel invloed op die trajek hê nie.
Die giroskopiese stabiliteit van enige koeël neem dramaties toe, soos wat die spoed afneem. M.a.w. as dit met 'n Sg van 1,3 wegspring, gaan dit teen 500m alreeds 'n Sg van ongeveer 4 hê! Praktiese toetse in die veld (met duur toerusting) wys dat alle kleinkaliber-koeëls se senterlyn die trajek baie naby volg, ook die wat hopeloos oor-gestabiliseer is! Al noemenswaardige verskil, is dat die oorgesabiliseerde koeël meer "spin drift" gee.
Vir diegene wat meer wil weet, sou ek die volgende (lywige) boek aanbeveel: Applied Ballistics For Long-Range Shooting deur Bryan Litz. Bryan is die hoof-ballistikus by Berger Bullets. Daar in nogal baie nuttige inligting in...
Groete!


