Na 'n gesprek hier: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 90#p279216
Het Willem Immelman vir my een van die aimZonic Predator KD's gestuur om te toets.
Die spesifieke model is die aimZonic predator 5.7mm / .224"
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/42057-11.jpg
Ons is regtig bevoorreg om so baie opsies van KD's te hê. Dit hou die mark lewendig, en verseker aaneenlopende R&D vanaf vervaardigers.
Ek kon nie dadelik die KD opskroef nie, omdat my .204Ruger se skroefdraad op 1:13mm gesny is, en die KD met 1:14mm skroefdraad gekom het.
Dit het gekos dat ek 'n ander thread-gedeelte laat maak by 'n ingeneurs-werkswinkel. Geen probleem, omdat die KD se thread gedeelte maklik uitskroef.
Met die eerste skoot, het ek agtergekom hoe stil die KD is.
G-Force, Henried, Ruan de Jager en Alex Kilbride het dit ook opgemerk.
Ek sal probeer om 'n decibel toets te doen.
Die afgelope naweek het ek met die KD op, 2 jakkalse doodgeskiet, en nog 'n klompie skote op klippe geskiet. 'n Totaal van 40 rondtes is geskiet op afstande wat wissel vanaf 60y (Bleddie mis skoot op 'n jakkals
Recoil is dieselfde as met die Terminator.
Met die rubberagtige bedekking van die KD, wil dit amper voorkom of mirage langer vat om sigbaar te wees in die teleskoop.
Die geweer se balans is ook beter met die ligte 310g aimZonic, as met die +-700g van 'n Terminator.
Die Predator se specs lyk as volg:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/aimZonic.JPG
Die KD maak nie gebruik van die tradisionele K-Baffles of welschplugs nie. Die KD lyk so intern:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/2_42057-11.jpg
Die baffle-sisteem lyk soos 3 dele die-cast aluminium wat inmekaar pas.
So lyk hy van voor en agter:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/1_42057-11.jpg
Die enigste nadeel wat ek op let in die KD, is dat sy agterkant haaks is met die loop, wat my skietlig laat terug weerkaats in die teleskoop in. Ek sou graag 'n skuins agterkant wou sien. Ek het sommer insulation tape agter op die KD geplak sodat dit 'n skuinste vorm.
Sal ek een koop? Versker. Kwaliteit is daar, en afwerking is puik.
Soos Willem sê: Dis die Rolls Royce van KD's.
Ongelukkig kom dit teen 'n prys. Die KD kos R3,200.00, maar 'n KD is iets wat mens net een keer koop.
Ek hoop Willem laat my nog 'n hele ruk toe om die KD deeglik te toets.
Dalk 'n "torture test" op die waaierstert meerkatte in die Wes Transvaal, waar mens so 200 - 300 skote per dag skiet...
Groete,
Eugene[/align]


