Hallo Julle
My naam is Maritz Jacobs en bly tans in Walvisbaai. Eers vandag by jul aangesluit en sien uit na als wat ek by die ou hande kan leer.
My kluis bevat n Zastava 7mm Rem Mag met Richards Microfit se Desert sunset laminated thumbhole kolf en selfgemaakte knaldemper, n 30M1 Carbine uit Universal Arms se stal, oupa se Mauser .22 van 1908, Smith & Wesson 6" revolwer en 2 windbukse vir die seuns, maar daar's plek vir nog.
Baie lief vir jag en probeer so een maal n maand in die veld kom. Skiet ander ouens se jakkalse vir my plesier, so as jul probleme het met hul laat weet gerus.
Wens jul almal n lekker jag toe.
Groete
Aangename kennis uit Duitswes
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Aangename kennis uit Duitswes
Welkom Maritz.
Julle manne van die kus raak nou 'n gedugte span!
Geniet dit hier- mens leer onsettend baie en lag gereeld saam
Julle manne van die kus raak nou 'n gedugte span!
Geniet dit hier- mens leer onsettend baie en lag gereeld saam
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Aangename kennis uit Duitswes
Welkom Maritz, geniet dit hier en kom wys bietjie kiekies van jou kluis se inhoud daar by die geweer afdeling, geweer foto's. Ek glo jy het alreeds daar geloer
Julle manne daar teen die kus raak stil stil al hoe meer.
Julle manne daar teen die kus raak stil stil al hoe meer.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Aangename kennis uit Duitswes
Hul kom uit die Ooste, hul kom uit die Weste.....
Welkom, welkom Maritz. Glo jy is op die regte plek.
Boland-groete,
Gawie
Welkom, welkom Maritz. Glo jy is op die regte plek.
Boland-groete,
Gawie
Dont make expensive noise! Make the first shot count!