Tampanne

JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Tampanne

Post by JK »

Hoe raak ek van die goed ontslae in kraal. Ek het n kraal wat swak/klein kalwers vir n dag of wat gehou word dat hulle sterk genoeg is om saam veld toe te loop. Daar is n afdak in die kraal vir skaduwee en die goed bly ook daar onder.

Ek kan nie die swak kalwers in die veld los nie, want dan vreet daai kol katte hulle op, so hulle kom elke aand kraal toe, hulle slaap saam met die koeie in n ander kraaal.

Enige raad.

Dankie.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Tampanne

Post by BLOK »

Het al met my eie oe gesien hoe suip tampanne n kalf morsdood in een aand. Wat ek destyds gedoen het en dit is seker nie die mees omgewings vriendelike manier nie was om diesel op die sand te gooi. Daarna het ons maar so een keer twee keer per jaar daai blue death miergif duk gestrooi en moet se ons het die stryd goed gewen.

Weet kapokkies is ook baie lief vir tampanne maar dan moet hulle maar in die aand op hok slaap wat by ons in ekstensiewe toestande onmoontlik was.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Tampanne

Post by JK »

Dis wat gebeur het, die kraal was lanklaas gebruik en hulle sit toe n klein swak kalfie daar in, die 2e dag is hy vrek, sy hele lyf waar hy op die grond gele het was rooi , na hulle hom afgeslag het, soos hy gesuig is.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Tampanne

Post by Kalahari »

JK

Ek sukkel ook met die tampanne by my, maar het die stryd amper gewen. My resep is maar om die bees of enige ding my klou of hoef bietjie op daardie area te trap sodat hulle uit die sand kan kom en dan onmiddelik spuit ek die hele area sopnat met die 'n Paracide en water mengsel. Ek drup ook sommer (baie) min deadline of Agrapor of delete op die kalwers voordat hulle in die besmette deel kom.
Ek kon nog nie die tampanne uitroei nie, maar dit lyk of ek darem 'n siklus of 2 kon onderbreek, sien net kleintjies sover. Dit bly maar 'n stryd, maar ek het darem nog nie sover kalwers verloor nie.
Die bespuiting doen ek so een of 2 maal per maand.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Tampanne

Post by mariusr »

Hoe lyk die gogga!? Hoor hy is dodelik as die mense byt!? Waar kom hulle orals voor!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Tampanne

Post by Kalahari »

Oom Marius

Ek is nie slim met die foto's van die net af te trek nie, maar ek sal sê my gevoel is hulle kom voor daar waar bees is. Ek mag dalk verkeerd wees.
Tampanne het my al redelik baie gebyt/suig, alhoewel vir ;n kort rukkie tot ek die ding voel, maar dan is dit 'n gejeuk van waar die ding gebyt het tot by jou kroon verby, hy trek so 'n rooi jeukerige streep op jou lyf soos die gif loop. Genadiglik het ek nog niks oorgekom of gehou daarvan nie, maar ek weet nie regtig hoe giftig hulle kan wees vir die mens nie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Tampanne

Post by DWB »

Manne, wat is die ding se engelse naam? Wil graag sien hoe hy lyk?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Tampanne

Post by JK »

Dankie Kalahari, gaan try.

Hier is n link, of soek 'tampan tick', lyk my die engelse het nie sulke goed nie,

http://en.wikipedia.org/wiki/Ticks_of_domestic_animals, is daai bruin vette as hy vol gesuip is. (sand tampan)
Last edited by JK on Tue Oct 29, 2013 7:10 am, edited 3 times in total.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Tampanne

Post by BRNO (Pierre) »

DWB wrote:Manne, wat is die ding se engelse naam? Wil graag sien hoe hy lyk?
Dewald, ek gaan my nou nie slim hou nie, maar kon ook maar vrek min op Wikipedia kry. Volgens hulle is die engelse naam n Tampan, en dit is n tipe vlooi. Hier is n foto wat hulle ophet:
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Tampan.jpg
Veiligheid eerste manne!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Tampanne

Post by mariusr »

So die ding bly in die grond en dan kom byt hy jou? Nes 'n "vampire"! So is dit vlooi of tipe bosluis of ding op sy eie? :):
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Tampanne

Post by Kalahari »

Manne, hier is wat ek in my veesiektes handbook, " Siektes en Parasiete van beeste skape en bokke in SA", van die sandtampan kon kry. Hoop julle kan die foto so bietjie vergroot.
Interessant wat hulle sê. Nie 'n flooi nie, maar wel sagte bosluis familie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Tampanne

Post by mariusr »

Dankie Kalahari baie leersaam! Lyk my die gedrog kom dan nie voor hier in limpopo nie:! :confused:
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Tampanne

Post by Smirre »

More
Ek sien julle antwoord le by hoenders Afrika hoenders
in my skaapkraal hou ek hulle aan en die vliee is sommer BAIE minder

Maak vir hulle blyplek ,,,maak hulle daar toe vir 'n week en maak hulle dan oop

Sal gou die goggas beheer
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Tampanne

Post by DWB »

BRNO (Pierre) wrote:
DWB wrote:Manne, wat is die ding se engelse naam? Wil graag sien hoe hy lyk?
Dewald, ???
Hoe nou Pierre??? :D

Dankie vir die fotos manne!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Tampanne

Post by BRNO (Pierre) »

DWB wrote:
BRNO (Pierre) wrote:
DWB wrote:Manne, wat is die ding se engelse naam? Wil graag sien hoe hy lyk?
Dewald, ???
Hoe nou Pierre??? :D

Dankie vir die fotos manne!
Jou ou skelm. Jy moet boeke skryf, nie op die forum rond kuier nie! >:(
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Tampanne

Post by Chevvy SS »

My maat het onlangs 'n hele klompie klein krale vir sy stoetskape en hul lammers in die Boesmanland onder bome gebou en die tampanne het geweldig begin pla. Hy het toe 'n klompie kapokkies en nog 'n soort kleinder hoender (weet nie die naam, maar ougat goedjies) daar ingesit en sy probleem is opgelos. Daai goedjies skrop dat die stof staan! Hulle hokkie is ook daar en hy sit saans daar kos in sodat hulle kan inkom.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Tampanne

Post by JK »

Ek het inheems hoenders by die huis, en hulle gaan krale toe ook, maar hulle weet nie van die tampanne nie. Sal dalk n hok moet prakseer oor die area dat hulle die goed uitskrop.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13529
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Tampanne

Post by Capt. Yoda »

Karbadip
Meng hom in water en spuit hom somme met die fire fighter in die kraal voor jy daar gaan begin werk.

http://www.bayeranimalhealth.co.za/html/images/upload/CAP_Product_Pictures/CAP_English_Prod_Pict/Karbadip-1-kg-.jpg

Ek gebruik dit vir enige ding wat my ereteer om die huis.Werk ook baie lekke vir miere as jy die poeier om hul gat gooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3945
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Tampanne

Post by tau »

Manne net so interesante ding wat in ag geneem. Moet word. Die Tampan word na die opervlak gelok deur die toename van CO2 in die lug. Dus gaan spuit sonder dat iets lewendigs daar loop nie so goed werk nie, aangesien die Tampanne nie sy uitkom nie.

Dan so bietjie mythbuster as dit kan bou krale naby witgat boom. Kyk of julle al Tampanne onder 'n Witgat gekry het??? Hulle beweer die witgat se konstante koelte onder hom + die feit dat hy CO 2 in 'n groter mate vrystel in sy fotosintese siklus maak dat die Tampan moeilikker proei diere kan optel. Prof. Eloff het toetse gedoen in die Kalahari wat hulle hitte, vibrasie, geraas en laaste 'n hoender op dieselfde kol onder 'n Kameeldoring gesit het. En blykbaar was slegs die lewendige hoender die ding wat die Tampanne gelok het en die ander 3 faktore het niks opgelewer nie. Hierdie is natuurlik alles wat ek by mense gehoor het wat mense ken wat mense ken wat al Zoologie geswot het..
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Tampanne

Post by Kalahari »

tau wrote:Manne net so interesante ding wat in ag geneem. Moet word. Die Tampan word na die opervlak gelok deur die toename van CO2 in die lug. Dus gaan spuit sonder dat iets lewendigs daar loop nie so goed werk nie, aangesien die Tampanne nie sy uitkom nie.
John, ek hoor wat jy sê, die spuit van die grond is maar arbeidsintensief, (lees tyd), maar as mens dit gereeld doen en die diere bietjie laat draai en lê onder die kameelbome dan kry man darem redelik sukses. Maar jy moet die tampan direk raakspuit. Ek spuit partykeer 2 x , spuit en laat lê dan die diere en spuit dan weer onmiddelik as die diere onder die bome uit is.
tau wrote:Kyk of julle al Tampanne onder 'n Witgat gekry het??? Hulle beweer die witgat se konstante koelte onder hom + die feit dat hy CO 2 in 'n groter mate vrystel in sy fotosintese siklus maak dat die Tampan moeilikker proei diere kan optel. Prof. Eloff het toetse gedoen in die Kalahari wat hulle hitte, vibrasie, geraas en laaste 'n hoender op dieselfde kol onder 'n Kameeldoring gesit het. En blykbaar was slegs die lewendige hoender die ding wat die Tampanne gelok het en die ander 3 faktore het niks opgelewer nie. Hierdie is natuurlik alles wat ek by mense gehoor het wat mense ken wat mense ken wat al Zoologie geswot het..
Baie interessant, nog so opgelet nie omrede die witgatbome om die water baie min ( amper niks) is. Die meeste bome om die water is maar kameelbome. Ek sal bietjie in die veld oplet onder die witgatte.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3945
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Tampanne

Post by tau »

Johan die Britse naam vir die Witgat is mos Shepard's Tree. Dit kom van die feit dat Leeus altyd in die Kalahari hulle kleintjies onder die witgat grootgemaak het. Die witgat maak mos soos ons weet sy eie mikro klimaat onder die boom wat koeler is as die buite tempratuur wanneer die kwik warm raak. Dit is waar Prof Eloff hulle begin het met die Tampan toetse toe hulle Leeu navorsing gedoen het.

Ons het altyd as ons in die veld gebly het of kamp gemaak het met toeriste Witgat bome gesoek en nie Kameeldorings nie, want in die Rooi kalahari duine was jy amper verseker dat jy vanaand Tampan onder die Kameel bome sou kry. Ek sal soek vir kiekies hoe ons seile gespan het om op te slaap met hoe kante om die Tampanne weg te hou. Dan die Volgende oggend sit hulle rooi teen die buitkant van die seil. My pa is een dag by Gochas gebyt deur so paar tampanne hy het sulke vet knoppe uitgeslaan.

Mens moet ook in ag neem daar was nie vee in die park nie, so die verspreiding was swakker. Ek kan net dink hoe versprei vee Tampanne in die veld.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Tampanne

Post by Frikkiedbr »

Wow die is nou iets wat ek weer leer hier. Dankie aan die manne wat die fotos en bietjie meer inligting geplaas het.
JK hoop jy wen die styd
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Tampanne

Post by Kalahari »

tau wrote:Ons het altyd as ons in die veld gebly het of kamp gemaak het met toeriste Witgat bome gesoek en nie Kameeldorings nie, want in die Rooi kalahari duine was jy amper verseker dat jy vanaand Tampan onder die Kameel bome sou kry. Ek sal soek vir kiekies hoe ons seile gespan het om op te slaap met hoe kante om die Tampanne weg te hou. Dan die Volgende oggend sit hulle rooi teen die buitkant van die seil. My pa is een dag by Gochas gebyt deur so paar tampanne hy het sulke vet knoppe uitgeslaan.
Die tampanne is by my buite waters eintlik nou vir mens 'n probleem, jy kan nie waag en staan in die bome se koelte nie, want die tampanne is soos blits op jou. Die bytplekke op my maak sulke bloed kolle (klein) en dan is dit 'n helse gejeuk vir maklik 'n uur lank.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Tampanne

Post by mariusr »

Kalahari wrote:
tau wrote:Ons het altyd as ons in die veld gebly het of kamp gemaak het met toeriste Witgat bome gesoek en nie Kameeldorings nie, want in die Rooi kalahari duine was jy amper verseker dat jy vanaand Tampan onder die Kameel bome sou kry. Ek sal soek vir kiekies hoe ons seile gespan het om op te slaap met hoe kante om die Tampanne weg te hou. Dan die Volgende oggend sit hulle rooi teen die buitkant van die seil. My pa is een dag by Gochas gebyt deur so paar tampanne hy het sulke vet knoppe uitgeslaan.
Die tampanne is by my buite waters eintlik nou vir mens 'n probleem, jy kan nie waag en staan in die bome se koelte nie, want die tampanne is soos blits op jou. Die bytplekke op my maak sulke bloed kolle (klein) en dan is dit 'n helse gejeuk vir maklik 'n uur lank.
Baytitcol behoort te help vir die goeters!!?
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Tampanne

Post by Kalahari »

mariusr wrote:Baytitcol behoort te help vir die goeters!!?
Oom Marius, ek gaan dit moet probeer , want as ek dit nie doen nie gaan die son die wit waks uit my brand. Ek het reeds baie werk wat ek nog by daardie spesifieke water moet doen en moet onder daardie boom werk. (drade span en bokke (die goed wat die drade styf hou) maak.)
Post Reply