Vir die van julle wat Gregor Woods se artikels oor koedoes in die Magnum onthou het hy gese hy is opsoek na n drie draai koedoe. Die naaste wat hy daaraan kon kom as ek reg kan onthou was een in n museum in Namibie wat net kort daarvan was.
Nou-ja ek dink ek het hom gekry! Die foto kom van n vriend van my uit Namibie in die Stumeb distrik op hulle plaas Damara Dik Dik Safaris. Sy naam is Julio Lopes en hulle het so vier duisend hektaar wat aan twee kante omhein is. Agter is die plaas na die berge se kant toe oop. Hulle is bitter erg deur die hondsdolheid die jaar geslaan en die koedoe getalle het maar erg deurgeloop.


As dit nie drie draaie is nie dan weet ek nie! En moet nou asb nie kom oor gedokterde foto's nie!
Groetnis
Wouter

