Ek het gisteraand begin om vir my Howa 1500 Varmiter te herlaai.
Verskeie Sonchem boeke gee S365 as die regte kruit aan maar die tabelle verskil hemelswyd in begin en maksimum ladings.
Ek het die volgende ladings gelaai met die idee om dit te gaan beproef op die baan en dan maar die rekords aan te teken en te vergelyk nadat ek die veldwerk gedoen het.
Nou maak die duiwel my wys dat ek moontlik op n ramp afstuur omdat ek die nuutste inling van S365 geignoreer het.
Ek het die volgende ladings aanmekaar gesit :
Doppe - Almal PMP selfde lot no
Kruit - S 365
Punte - Hornandy 100gr BTSP
Slagdoppe - CCI 250 Large rifle (magnum)
Ladings - 5 Rontes met 37.5gr S365
5 Rontes met 38.0gr S365
5 Rontes met 38.5gr S385
5 Rontes met 39.0gr S365
5 Rontes met 39.5gr S365
5 Rontes met 40.0gr S365
Totale patroonlengte vir almal = 68 mm
Help ASB !!!!!!!
Hennie Van Staden
Randfontein


