6mm Punte

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm Punte

Post by Francois Marais »

JB
......ek het net een voorbeeld genoem.
Sorry, gedink jy basseer jou hele redenasie op een geval.
...maar as jy dit gebruik om mee teiken te skiet in kompetisies , dink ek jy sal wel met hulle kan jag ook.
Nie noodwendig nie.............
....die J4 materiaal waarvan hulle gemaak word....
Weet nie of harder of sagter, weet net dit is van die beste jackets op die mark, dis hoekom hulle so akuraat is.
Dis lekker om tog te verskil en om verskillend opinies te hoor ,, dnakie vir die verskil en saamstem ...
Stem saam met jou, plesier.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
tafjak

Re: 6mm Punte

Post by tafjak »

Francois
sny die nek aan twee kante oop, verkieslik met n "Pencil grinder" wat nie te n groot snit maak nie. Vat n punt druk dit met die vingers in die dop se bek in, net genoeg dat dit in posisie bly
Het jy al probeer om die bek van die dop net te "touch" met die necksizer om die punt vas te hou wanneer jy tpl wil bepaal.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm Punte

Post by Francois Marais »

Taffie
.....bek van die dop net te "touch" met die necksizer om die punt vas te hou....
Sal ook werk, nek moet net genoeg gekrimp word om punt vas te hou, maar nie te veel nie, punt moet maklik kan terugdruk in die dop in, het wel al gesien by ouer gewere, as hierdie tension te veel is die punt eerder in die groewe in druk as in die nek in, pasop net daarvoor.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 6mm Punte

Post by Doepie01 »

Hallo Manne

Ek het toe vandag die Sierra 85gr herlaai vir my 6mm. Francois ek het jou raad gebruik en op die ou end met n patroon lengte van 69mm ge eindig. Ek het n lading van 38gr gebruik. Het my geweer op 100m gezero en n goeie groepering van 25mm geskiet. Nou vir die interessante. Nadat ek met die 85gr geskiet het besluit ek om so 1 skoot met die 100gr punte te skiet vanaf dieselfde afstand. Skiet toe so 30mm bokant my 85gr groepering. Die lyn was presies dieselfde as die 85gr groep. Ek laai die 100gr met 37gr.

Ek skuif toe na 200m. Skiet toe weer met die 85gr en toe val my groepering met 70mm!. My lyn was nog steeds 100%. Ek was bietjie verbaas/teleurgesteld. Ek het gehoop dat die 85gr minder sou drop. Is dit normaal of doen ek iets verkeerd. Ek het ongelukkig nie nog 100gr patrone by my gehad om die effek op 200m te toets nie. Moes ek dalk op 150m gezero het? Wat vir my wel verblydend was was dat die lyn nooit afgewyk het nie. Die wind was redelik sterk dwars van agter.

Enige raad en insette asb.

Cheers
Doepie
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 6mm Punte

Post by JOHANNIC »

doepie
Jou laging lyk n bietjie laag wat is jou spoed?(s365?)

Groete johan
Last edited by JOHANNIC on Wed Jun 09, 2010 5:38 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 6mm Punte

Post by Doepie01 »

Hallo Johan

Ja ek gebruik S365. Volgens Sonchem is die maks lading 39gr op 85gr punte. Was bang om te hoog te gaan. Ek kan ongelukkig nie vir jou die spoed se nie want ek het nie so n ding om te meet nie. Ek skiet maar sommer in die veld my geweer in. Het darem n ordentlike teiken. Wat ek ook agter gekom het is dat my geweer heelwat minder skop met die 85gr punte as met die 100gr punte. Ek het n silencer op.

Groete
Doepie
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 6mm Punte

Post by JOHANNIC »

Doepie
Ek het soos my g@t gelees ;D ek sien nou 6mm ek bly dink 243win
Ja jy is doodreg jy is naby max.
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6mm Punte

Post by 243Songdaug »

Naand Doepie.

Eerstens kan ek begin deur te s? dat Somchem se herlaai data net 'n riglyn is - hulle voorsien 'n lading wat veilig in meeste gewere sal wees.  Moet dus nie bang wees om so bietjie te speel/toets nie.

As ek lading ontwikkeling doen vir ?n wapen begin ek heel eerste deur die Somchem riglyn te raadpleeg en dan laai ek vir my ?n klompie patrone ? slegs een van elke lading.  

Ek begin so 0.5 gn onder die minimum en dan verhoog ek die lading met 0.5gn (0.2 as dit ?n .22 kaliber is) vir elke patroon wat ek laai ? ek laai tot soveel as 2gn bokant die maksimum lading wat Somchem voorstel.

Laai al jou patrone op dieselfde lengte ?  0.5 tot 1.2mm weg van die groewe.

Normaalweg skiet ek alle ladings oor ?n Chrony, maar aangesien jy nie een het nie skip ons enige opmerkings tov die chony.

Skiet die patrone en hou die primers dop ? sodra jy vind dat die slot moeilik oopmaak of die primers oordenlik plat is stop en verminder die lading met 0.5 gn.  

Maak ?n nota van hierdie lading en beskou dit as die maksimum veilige lading vir die betrokke wapen!

Ek het gevind dat meeste wapens goeie groeperings skiet net duskant hul maksimum lading.

As ek nou die betrokke wapen se maksimum lading het laai ek vir my ?n klompie toetsladings ? begin 0.8gn onder jou maks en verhoog jou lading in stappe van 0.2gn ? laai 3 rondtes van ?n lading ? ek laai tot by 0.2gn bokant my veilige maksimum lading.

Hierna gaan skiet ek groeperings met die ladings ? ek kies twee of drie ladings wat die beste groepeer en laai dan weer vir my 5 patrone van elkeen van hierdie ladings waarmee ek dan op 200m groeperings skiet.

Kies die lading wat die beste groepeer het en laai al jou patrone met hierdie lading ? maak die TPL so lank as moontlik ? net weg van die groewe.

Vat jou pers, seating die en ?n vernier of skuifpasser saam baan toe ? druk jou eerste 3 patrone se punte net diep genoeg sodat hulle net nie  aan die groewe van jou loop raak nie.

Skiet ?n groepering op 100m ? hou boek van jou groepering, druk nou die volgende 3 patrone 0.2mm korter en skiet weer ?n groepering ? hou hiermee aan tot jy waarneem dat die groeperings begin oopmaak.

Sodra die groeperings begin oopmaak skuif jy terug na die lading waar jy die kleinste groeperings gekry het ? druk nou al jou patrone op hierdie lengte.

NOTA:  Hierdie lading sal redelik warm wees en dus sal jou dopleeftyd geraak word ? indien jy heilig is op jou doppe sal ek voorstel dat jy Hendrik van Rensburg se Sweetspot metode aanwend om ?n lading te bepaal.

Die 85gn Sierra?s is fantastiese punte ? jy het nie ?n fout gemaak nie.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm Punte

Post by Francois Marais »

Doepie

Jaco het jou goeie raad gegee, da is nie n kortpad om n goeie/lekker lading uit te werk nie, n chronograaf maak darem die proses so n bietjie maklikker.

Jy het twee opsies, laai ladings en ry na n pel/ skietwinkel toe met n chrony, of vat die langpad watJaco jou beduie het, dit is in elk geval die sekerste manier om die akkuraatste lading te kry.

Ek sou die geweer op 150m zero, as ek wild sou jag, eerder op 200m. as jy klaar op 200 gezero het, skiet so 2 skote op 50,100 en 150m, maak aantekene, en swot jou trajek, gaan jou baie help inni veld.

Hoop dit help........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: 6mm Punte

Post by Danie Lombard .243 »

Doepie.

Volg gerus Jaco .243 Songdaug se raad. Dit klink omslagtig en na 'n vreeslike proses, maar min dinge gee jou soveel satisfaksie soos 'n roer wat akkuraat skiet en klein gropeer. Alle roere het 'n sweet spot, jy moet dit net soek. Maak soos Jaco se en jy sal die soet koel vind. ;D

Mooi so Jaco. Ek kan sien/lees jy het al ladings ontwikkel vir roere.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6mm Punte

Post by 243Songdaug »

Doepie

Ek sien dat jy genoem het dat jou wapen met die 85gr punte sowat 30mm laer skiet as met die 100 greiners - dis normaal, glo my - dit gaan oor die plek waar jou loop is gedurende sy vibrasie siklus wanneer die projektiel die loop verlaat.  

Wat belangrik is is dat jy die geweer moet zero op 200m vir elkeen van die punte onderskeidelik - doen 'n toets en zero jou 6mm eers met die 100grein punte op 200m - gaan voort en skiet 'n groepering op 100, 200 en op 250m - hou boek hiervan.

Zero nou jou wapen met die 85's op 200m - skiet dan groeperings op die onderskeie afstande - jy behoort te vind dat die 85's heelwat minder val as die 100's.

Net 'n staaltjie vir die interesantheid:

Lank terug het ?n oom my eendag gevra om tog vir hom 'n klomp 308 patrone te laai en omrede ek geweet het dat hy 'n absolute perfeksionis is het ek baie moeite gedoen om vir hom ?n lading uit te werk.  Man ek het alles volgens die boek gedoen en op die einde van die dag 200 perfek gelaaide partone wat mag groepeer saammet die oom se roer by hom afgelewer.

Die volgende week laat weet hy my dat die patrone te veel val van 100 na 200m!  My hart was in my skoene, maar ek het die orige patrone loop haal, die punte getrek en die lading met 0.5grien gelig en weer so 30 vir die oom loop gee om te toets ? ek het hulle getoets en hulle het net 50mm van 100 na 200m geval.

My maat ek wou uitmekaar val toe oom my weer laat weet dat die partone verseker nie reg is nie ? hulle val meer as 180mm van 100 na 200m!!!

Stoot weer die lading op en laai ?n klompie pitte vir die Oom - teen hierdie tyd het die 308 so erg geskop dat KSV Hein na 15 toets rondtes geweier het om verder te skiet agv die pyn!

Die saterdag oggend bel die Oom my sommer van die baan af om my te vertel dat ek sy geld mors aangesien die patrone nogsteeds soos bakstene val.  Ek sit toe maar af baan toe.

Daar aangekom sien ek dat die oom gekoopte PMP?s sit en skiet met die roer ? hulle het so 60mm bokant die kol op 100m groepeer en so te s? op 200m gezero.

Ek vra toe die oom om met my gelaaide patrone ?n groepering te skiet ? wat toe net onder die kol op 100m groepeer!

?Sien jy wat ek bedoel Seuna, die goed is nie reg nie!? s? die oom vir my.

Ek vra toe maar so diplomaties as moontlik of ek gou na die Oom se roer kan kyk en toe ek die 308 aan die hande kry stel ek sy scope 9 klieks op en gee hom terug vir sy baas.

Ek vra toe die oom om op dieselfde teiken wat hy met die PMP?s groepeer het op 100 en 200m te skiet.  Na ?n hewige protes stem die oom toe in en skiet maar die 6 skote.

Op 100m skiet hy toe tussen sy PMP?s en op 200m groepeer hy so 20mm bokant die PMP?s.

?Wat het jy nou gedoen, hoekom skiet die geweer nou reg?? wou die oom weet.

Dit het die oom ?n klomp geld gekos maar vandag weet hy dat alle punte, selfs al weeg hulle eweveel, nie op dieselfde plek groepeer nie.

Duur les gewees, maar dis deel van grootword ? vandag se dae gaan ek saam as die eienaar sy roer loop inskiet.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6mm Punte

Post by 243Songdaug »

Derde reply - hierdie een is die laaste ek belowe!

Die feit dat jou wapen op 100 en 200m inlyn groepeer ten spyte van 'n sterk dwarswind is malkik om te verklaar.

Dat kan toegeskryf word aan 'n paar dinge, nl:

1. jou teleskoop is effens skeef monteer (mees algemeenste sonde)
2. Die verandering in die lig kan veroorsaak dat dit voorkom asof jou lyn true of waar is.
      Ek praat hier van die invalshoek waarteen die sonlig die aarde tref -soos die hoek waarteen die strale die aarde tref verander
      skuif jou impakpunt weg van die son tot op 'n punt waar die invalshoek van die strale so skeef is dat hulle nie meer 'n effek het
      op jou nie en dis dan wat jy vind dat 'n geweer wat die hele middag links geskiet het eweskielik regs skiet en andersom!

      As daar dus 'n paar minute verloop het tussen die skiet van die groeperings kan hierdie jou oorsaak wees - die effek van die lig is baie erg in die 
      namiddae.

3. Die manier hoe jy jou geweer vashou of laat l?, het verander.
4. Jy noem dat die wind skuins van agter gewaai het wat beteken dat dit slegs 'n kwart waarde het - baie manne voel die wind en as hy erg voel     
      neem hulle aan dat hy 'n ernstige uitwerking op sy koe?lbaan gaan h?, maar hulle vergeet om die rigting dop te hou.  Ek maak nogal graag hierdie
      fout!

Naand FM en Danie - dis lekker om julle op die lug te kry!!

Hoop ek kon help.
Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 6mm Punte

Post by Doepie01 »

Hallo Jaco, Francois en Danie

Heng, baie dankie vir al die raad manne. Ek waardeer dit baie. Jaco jy kan reply soveel jy wil dan leer ek elke keer meer. Ek sal al daai goed probeer. Weet nie wanneer ek gaan boer nie want ek glo dit gaan n rukkie neem om alles te toets maar ek weet dit sal die moeite werd wees want ek wil graag die 85gr punte probeer en ek glo dat as die skut nie vertroue in sy geweer het nie moet hy maar eerder gaan koek bak. Dit is hoekom ek so baie vrae vra want ek weet as my geweer reg is en ek skiet mis moet ek die fout by myself soek.

Dankie Manne
Doepie
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6mm Punte

Post by 243Songdaug »

Mooi man Doepie.

Ek is nou op 'n stadium waar ek voel my werk meng in met my skiettyd!  So af en toe sluit ek die kluis vir 'n dag of wat - maar dis net wanneer vroulief se lippies nou ernstig wit begin deurslaan!

Vra gerus - ek deel graag wat ek weet.

Ek hoor skaapboere werk mos net tydens lamtyd, is dit waar?

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 6mm Punte

Post by Doepie01 »

Jaco

Jy is seker reg wat die werk van n skaapboer betref maar nou lam die ooie dwarsdeur die jaar so ek werk ALTYD. HaHa. Die Jakkies en Katte het my ook genoop om meer intensief op weidings ook te boer sodat ek darem n paar lammers oor het om te verkoop. Moet darem noem dat ek nog n jong vrou ook het met 2 dogtertjies onder drie jaar so ek hoop jy verstaan nou hoekom ek nie baie tyd aan geweer kan spandeer nie!!!!!!Eina tog.

Cheers
Doepie
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 6mm Punte

Post by KSV »

Jaco,

"Stoot weer die lading op en laai ?n klompie pitte vir die Oom - teen hierdie tyd het die 308 so erg geskop dat KSV Hein na 15 toets rondtes geweier het om verder te skiet agv die pyn! "

Ek het al 18 skote agtermekaar met my 375 en 9 skote agter mekaar met 'n 458 WM oor die tafels geskiet het, maar daas noggie 'n roer wat so skop soos Oom Saai se 308 nie. Wil hom nie eers present he nie, en ek like roere.

KSV
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 6mm Punte

Post by Doepie01 »

Hallo Francois en Jaco

Manne my tor val nou af. Ek doen nou weer alles van voor af om die TPL van my patroon te bepaal. Die maksimum lengte van my patroon is 75.5mm. Ek het nou die swart brand ding gedoen maar ek trek al op 70mm en daar is nog steeds 4 merkies op die punt. klink dit normaal?? Kan dit moontlik wees dat die TPL en die maks lengte so baie verskil? help asb Baas.

Groete
Doepie

PS. Ek het nou op n TPL van 69mm uitgekom waar ek net die onderste merk op die punt sien.Dus 6.5mm korter as my maks lengte. Dit is op die 85gr punt.Die punt se totale lengte is 24mm en daar steek 13.5mm voor by die dop uit.?????? Dit wil vir my lyk of die punt aan die kruit gaan raak of vasdruk.
Last edited by Doepie01 on Sat Jun 12, 2010 10:55 am, edited 1 time in total.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm Punte

Post by Francois Marais »

Doepie

Thanks virri chat, hoop jy kry hom nu uitgesort, laat weet ma wat maak hy.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 6mm Punte

Post by Doepie01 »

Francois

Vreeslik baie dankie vir jou oproep en hulp. Ek waardeer dit baie. As jy eendag in die States kom gooi ek vir jou n lekker "koffie".

Mooi bly
Doepie
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 6mm Punte

Post by Doepie01 »

Hallo Francois en Jaco en almal wat my raad gegee het.

Ek het vanaand n Jakkals reun geskiet met die Sierra 85gr punte. Hel, maar daai jakkals was omtrent uitmekaar! Wou hom nie eers op die bakkie gooi nie. Net derms,K#$ en hare. het ongelukkig nie kamera gehad nie. Ek is BAIE tevrede met die punte. Herlaai met n TPL van 72.5mm en 39.5gr. Dis na ons telefoon gesprek Francois.Het nog nie regtig tyd gehad om te begin speel met 200m nie. Skiet egter vanaf 150m tot 75m op dieselfde plek.

Dankie manne
Mooi bly
Doepie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm Punte

Post by Francois Marais »

Doepie

Bly die raad het gehelp, ja daai 85gr punt hol lekker vinnig en slaan Jakkie lekker hard.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Topcat
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm

Re: 6mm Punte

Post by Topcat »

Doepie01
Ek sien op i post van i ruk gelede het jy die probleem gehad met 100gr en 87/85gr op 6mm musgrave.Ek laai nou al i geruime tyd die 6mm en ek het ook proef gedoen met die 2 punte.My hart het ook gestaan na 87gr toe maar ek het presies dieselfde resultste gekry as jy.100gr het beter perform van 100m na 200m.Ek laai nog altyd net 100gr punte en is baie tevrede daarmee.
Wat is die rede dat jy toe besluit het op 87gr?Want dit het my ook stom geslaan. ???
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 6mm Punte

Post by Doepie01 »

TC

My aanvanklike bedoeling met die 85gr punte was dat ek geglo/gehoop het dat ek n platter trajek sal kry en ook meer spoed. Soos jy noem het ek in die begin n beter resultaat met die 100gr punte gkry. Nadat ek egter met die TPL en ladings begin speel het, het ek beslis n beter trajek met die 85gr gekry. Basies geen val vanaf 150m tot 75m nie. jy sal sien dat die manne my baie goeie raad gegee het betreffende die bepaling van die TPL en ladings en dit werk. Ek belowe jou.

Ek hoop dit help

Groete
Doepie
User avatar
Topcat
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm

Re: 6mm Punte

Post by Topcat »

Ek gaan verseker weer die 85's probeer.Baie dankie Doepie.

Lekker naweek
TC
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6mm Punte

Post by 243Songdaug »

Doepie.

Bly om te sien dat jy alles uitgesort het en dat die goed vir jou werk. Soos Juba s? die 85 greiner is maar net 'n meneer in sy eie klas - wens net Sierra wil nou vir ons 'n Matchking of Blitsking in 85 grein bou!

Mooi aand.
Jaco
Dont tell me, show me......
Post Reply