10 ha intensief boer
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 10 ha intensief boer
Cassie, lees hier deur en kyk of dit vir jou sin maak en of jy dit so kan toepas op jou omstandighede.
Unieke weistelsel laat skaapproduksie gedy
Andries Gouws
Op mnr. Andries Pienaar se plaas in die distrik Colesberg lewer 5 000 Merino-ooie op 160 ha aangeplante weiding onder spilpunt gemiddeld elke jaar 10 000 lammers. In dié presisieskaapboerderystelsel behaal hulle optimum resultate. Só doen hy dit.
Om in die hedendaagse mededingende omgewing te oorleef, is dit optimale produktiwiteit wat die deurslag gee, meen mnr. Andries (Tot) Pienaar, bekende Merinoteler van die plaas Klipplaatsfontein naby Colesberg in die Noord-Kaap.
Met deeglike navorsing en fyn berekenings het hy en sy seun, Jacques, ’n unieke, aangeplante weidingstelsel ontwikkel waarvolgens 5 000 Merino-ooie op 160 ha in wawielstelsels kloksgewys onder spilpunte wei. “Dit is vir ons die beste manier om die produktiwiteit van die onderneming te verhoog, maar dit vereis presisiebestuur van die regte stelsels deur bekwame personeel wat goed opgelei is en dienooreenkomstig vergoed word.”
Beplanning
Hulle het elf jaar gelede 400 ha grond aan die Rama 2-kanaal in die omgewing van Luckhof gekoop, ses spilpunte van altesame 160 ha opgerig en aangeplante weidings daaronder gevestig, wat hulle nou vir intensiewe slaglam- en wolproduksie met rasegte Merino’s gebruik.
Die drakrag van die weiding is 30 ooie per hektaar en hulle hou 5 000 ooie aan. Dié ooie lam drie keer in twee jaar en het ’n gemiddelde lampersentasie van 203 per jaar.
“Ek vind dat ’n spilpunt van 20 ha die beste werk. Op dié grootte loop 600 ooie wat gemiddeld 1 200 lammers per jaar lewer. Dié grootte kan ’n mens maklik beheer en goed bestuur.
“Voor ons begin het, het ons deeglik beplan, die stelsel noukeurig uitgewerk en die bestuursdissiplines daargestel om optimale welslae te kan behaal. Om die regte antwoorde te kry, moet ’n mens die regte vrae vra,” sê Pienaar.
Hulle het eers na die waterbron gekyk, die hoeveelheid water wat nodig sal wees, die water ontleed en ál die moontlike besproeiingstelsels bestudeer voor hulle op spilpunte besluit het.
Grondontleding
Daarna is die grond ontleed, gekyk hoe diep die grond is en wat die ligging daarvan is. ’n Kontrakteur het die grond voorberei.
Met dié grondontledings en die behoefte van die weiding in gedagte, is besluit dat die urine en mis van die skape voldoende stikstof en kalium en 80% van die behoefte aan fosfaat voorsien.
Volgens berekening produseer elke ooi drie liter urine en ’n half kilogram mis per dag. Elke ooi voorsien dus 33 g stikstof, 3 g fosfaat en 6 g kalium per dag. Teen 30 ooie per hektaar is die besparing op stikstof net meer as R1 200 per hektaar.
Weidings
Ná deeglike navorsing het hulle besluit op ’n weidingmengsel van Cradock-saad, wat bestaan uit langswenkgras, meerjarige raaigras, eenjarige raaigras, kropaar- en kanariegras én wit en rooi klawer.
Elke spilpunt is met elektriese en sifdraad in agt segmente, soos speke, verdeel met gange en krale sodat segment vir segment in ’n wawielstelsel kloksgewys bewei kan word.
Van die grond het lusern op gehad en hulle het besluit om dit so te gebruik tot dit vervang moet word en dan daar ook van die grasmengsel te plant.
In die somer word elke speek of segment vier dae lank bewei en dan kry dit 28 dae ruskans. In die lente en herfs word dit drie dae lank en in die winter net twee dae lank bewei voor die skape na die volgende speek skuif.
‘Hotelle’
By elke spilpunt is daar uitjaagplekke van sowat ’n half hektaar groot op die hoeke wat die spilpunt nie natspuit nie. Hulle noem dit “hotelle”.
Dié “hotelle” word in die weidingsbestuurstelsel gebruik. Die skape loop van elfuur soggens tot twee-uur namiddag op die weidings. As die weidings nog natgedou of vol ryp is, vertrap die skape die gras meer as wat hulle kan vreet en as dit meer as 12 mm op ’n slag reën, vind grondverdigting plaas. Dán loop die skape in die hotelle waar ’n baal lusern per 100 ooie (300 gram per ooi per dag) uitgesit is.
Die besproeiing is so beplan dat water nooit oor die skape spuit nie en dat die segment waarheen hulle skuif, nie nat is nie. Terwyl die skape in ’n segment wei, word die ander segmente volgens behoefte besproei.
Lamtyd
“Die ooie lam in lamhokke in die middel van die spilpunt. Sowat 12 uur later kom dié ooie met hul lammers in die weidingsegment agter die segment waarin die groot trop wei. Die stelsel skakel die probleem van roofdiere feitlik heeltemal uit.
“Elke twee weke weeg ons tien skape per trop. Met die eerste weeg merk ons die skape sodat ons elke keer dieselfde skape weeg. Daar is dus nie meer sprake daarvan dat ons kyk en sê die skape lyk in ’n goeie kondisie nie. Ons weet wat hulle weeg. Terselfdertyd word die wol ook gemeet.
“Elke tweede maand vat ons mismonsters van vyf skape, die veearts doen eiertellings en ons behandel ál die skape volgens voorskrif. Ons wissel die wurmmiddels af en laat die weidings langer as die siklusse van die parasiete rus om weerstand teen middels en die opbou van parasiete teen te werk.”
Bemarking
“Ons het besluit om rasegte Merino’s te gebruik omdat dié skape die beste aangepas is om dié weiding te benut. Kudde-ooie is gebruik en van die beste stoetramme wat een van ’n tweeling was, word by hulle gebruik. Die ooie lam drie keer in twee jaar.
“As hul lammers sowat twee maande oud is, word hulle gespeen wanneer hulle sowat 22 kg weeg. Dié lammers gaan daarna na ons eie voerkraal waar ons hulle markgereed maak. Op die ouderdom van drie en ’n half tot vier maande bemark ons hulle aan voerkrale. Hulle weeg dan gemiddeld 34 kg.
“Met dié metode kan ons sowat 30% meer ooie aanhou. Ons skeer die ooie elke sewe tot nege maande en hulle gee ’n wolproduksie van ongeveer 12% van hul eie liggaamsgewig.
Geleenthede
“Toe ek in 1985 as Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar aangewys is, was daar sowat 64 000 boere in die land. Hulle is uitgedun tot sowat 32 000 vandag. Ondernemings het groter geword, die tempo waarteen kennis verdubbel, is deesdae sowat 14 dae teenoor die 30 jaar aan die begin van die vorige eeu. Dit skep geweldige geleenthede, maar ook groot uitdagings.
“Die Pienaar-familie is al 124 jaar op Klipplaatsfontein. Deur die jare het die geslagte by die probleme van die tyd aangepas deur voortdurend op optimale produksie te fokus. In die uitdagings van vandag moet daar weer besin word en die optimalisering van produksie was die weg wat ons ingeslaan het,” sê Pienaar.
Aanduiders - Prestasie
Afgesien van dié presisiebestuur gee ons ook noulettend aandag aan die vyf sleutelprestasie-aanduiders, sê mnr. Andries (Tot) Pienaar van Colesberg in die Noord-Kaap. “Hulle is:
Bemarkingstelsels: Dit is die krag wat die onderneming aandryf om in die toekoms relevant te bly.
Finansiële stelsels: Die krag wat deur ’n geslaagde sakemodel ontwikkel word.
Produksiestelsels: Die optimale produktiewe masjien waardeur jy jou weidings bemark.
Die fabriek: Dit is ’n opelug-brandstoffabriek, naamlik die plaas.
Menslike hulpbronne: Ons omring ons met bekwame mense wat ons oplei en vergoed.
“In elkeen van die afdelings word inligting deeglik aangeteken, knaphandig besluite geneem en is doeltreffende uitvoering die sleutel tot welslae.
“En in elke afdeling en by elke produk word, waar moontlik, waarde toegevoeg om te verseker dat die optimale produksie wat met die stelsel bereik word, ook die beste inkomste moontlik gee.”
Die nuwe toevoeging tot die stewige fondasie, wat reeds met die stoetery en skaapboerdery gelê is, word gebou deur ’n span bekwame mense met hul voete stewig in die nuwe Suid-Afrika gevestig.
“Om oor die verlede te tob, is net so goed soos om brandewyn te drink om nugter te raak. Bestee jou energie aan die toekoms om internasionaal te kan meeding. Daarom is ons visie om Suid-Afrika die voorste landbouland in die wêreld te maak.”
Lbw vra ... Mnr. Andries (Tot) Pienaar
Wat is die beste raad wat jy nóg gekry het?
My oupa Andries het altyd gesê: Spaar op alles behalwe jou bul, hings of ram. Hulle bepaal jou toekoms. Hy het ook gesê in ’n droogte maak jy die beste plan vir 14 dae. Elke 14 dae is 14 dae nader aan die reën. My pa, Willie, glo uiteindelik tel net resultate. Kyk altyd in die spieël en moenie die ou in die spieël bluf nie. As jy in jou boerdery rondspring, is dit soos ’n voël wat opvlieg. Elke keer verloor hy ’n veertjie en as hy genoeg opvlieg, is sy gat kaal.
Wat is die beste ding wat jy nog in jou boerdery gedoen het?
Om by die Merino te hou en op optimum produktiwiteit te fokus. Ek lewe my droom. As jy my kleinseun Andries (toe agt jaar oud) gevra het wat is sy naam, het hy geantwoord: “Ek is ’n Merinoboer!”
KORTom
Een van die grootste probleme in die boerdery is produksie. ’n Intensiewe presisie-skaapboerderystelsel is die antwoord vir die boer.
Aangeplante weiding onder ses spilpunte van altesame 160 ha word vir 5 000 ooie met ’n lampersentasie van 203 benut.
Dit stel hulle in staat om 30% meer ooie aan te hou. Die ooie se wolproduksie is ongeveer 12% van hul liggaamsgewig.
Kategorie: Weiding/Skape/Kleinvee
Bladsy 16 - 18
Kleurfoto's
Kontakbesonderhede: Andries Pienaar, merinoonestop@bokaroo.co.za, tel 051 1753 3000

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: 10 ha intensief boer
Ek lees hier saam met julle baie aandagtig. Ek het n plaas op die Hoeveld van Mpumalanga naby Belfast. Was altyd n vee plaas maar huidiglik is daar niks op nie. dit is so 280ha met n rivier wat deur hom loop. Ek het baie water, ook fontein bo op berg met dam wat ek gebruik om met gravitasie my tuine te bespuit. Daar is ook vier ander damme.
Die veld is maar suur met baie tamboekie wat ingekom het met oorbeweiding. Winters is maar baie koud hier.
Ek het ook al lank met die idee gespeel om skape op intensiewe manier te boer. Ek ken egter nie skape nie en het voorheen met beeste geboer op aanligende plaas wat ek intussen verkoop het.
Baie interessante draad en ek lees saam.

_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: 10 ha intensief boer
ek het dit gelees, en is baie indrukwekkend.
maar, my water sal te min wees.
en, 5ha nie groot genoeg.(het net genoeg water vir 5 ha)
dit is hoekom ek gedink het, om die land goed te bewerk, en goeie lusern te vestig.
en, dan by my huis 'n groot voerkraal te bou, vat 1000 skaap kan lam.
dan gee ek hul eerder voer in die voerkraal, en nie op die land nie. 100 ooie sal daai land stukkend trap.
ek gaan goeie pille laat maak, dit gaan duurder uitwerk, maar, sal meer skaap kan voergee, as wat op die land loop. en, jakkalse is uitgeskakel.

HOU HOM DAAI DIKTE
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 10 ha intensief boer
Die voordeel van die skaap op die lande is die bemesting vanaf die urine en mis. Ek dink jy kan met vrymoedigheid die boer kontak sodat hy jou met raad kan bystaan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: 10 ha intensief boer
ek sal nog baie huiswerk doen. dankie vir al jou moeite. sal op hoogte hou hoe projek vorder.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: 10 ha intensief boer
Ek koop die ding van die "genoeg bemesting uit mis en urine" sleg. Onthou van die wol en vleis wat jy wegvat uit die sisteem.tripodmvr wrote:Die voordeel van die skaap op die lande is die bemesting vanaf die urine en mis. Ek dink jy kan met vrymoedigheid die boer kontak sodat hy jou met raad kan bystaan.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: 10 ha intensief boer
Cassie
As jy 5 ha lusern reg bestuur kan jy die volgende produksie verwag:
200 baaltjies van 30 kg per hektaar met elke snit
4 snitte per jaar. (onthou Calvinia het 'n kort groei-seisoen)
Dit gee jou 150 ton voer per jaar.
My advies is om weg te bly van beweiding van die lusern en die lusern liewer te baal en as deel van 'n volledige rantsoen in lamhokke en daarna klein kampies te gebruik.
Jy sal dan nie meer jakkalse hoef te jag nie, ook maar goed so want jy gaan in elk geval te besig wees om nog tyd daarvoor in te ruim.
As jy 5 ha lusern reg bestuur kan jy die volgende produksie verwag:
200 baaltjies van 30 kg per hektaar met elke snit
4 snitte per jaar. (onthou Calvinia het 'n kort groei-seisoen)
Dit gee jou 150 ton voer per jaar.
My advies is om weg te bly van beweiding van die lusern en die lusern liewer te baal en as deel van 'n volledige rantsoen in lamhokke en daarna klein kampies te gebruik.
Jy sal dan nie meer jakkalse hoef te jag nie, ook maar goed so want jy gaan in elk geval te besig wees om nog tyd daarvoor in te ruim.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 10 ha intensief boer
WLM, moet die som nie 24 ton wees nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: 10 ha intensief boer
Ek kom by 120 ton uit.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 10 ha intensief boer
Askies, het die per hektaar misgekyk. Dus 24 x 5 = 120 ton.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: 10 ha intensief boer
Skies manne ek buig nederig voor julle skerp wiskunde! 
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: 10 ha intensief boer
Weet julle dalk wat die inset koste is om 5ha lusern te vestig?
Hoe sou julle se vergelyk die koop van lusern bale vs die aanplant van lusern en dan baal?
Groete
Danie

- Bulvegter
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm
Re: 10 ha intensief boer
Cassie,
Besoek hierdie webtuiste www.brazseed.co.za.
Hulle het Brasiliaanse Raaigras-kultivars wat uitstekend vaar.
Augsburg Landbouskool beproef dit op die oomblik en jy kan hulle ook skakel vir meer inligting.
Jy sal definief 'n grondontleding moet laat doen asook die kwaliteit van jou water moet laat toets.
Jy kan vir Piet Brink by Kynoch op Vredendal kontak oor bg. ontledings.
Hoop jy kom reg.
Groete
Bulvegter
Besoek hierdie webtuiste www.brazseed.co.za.
Hulle het Brasiliaanse Raaigras-kultivars wat uitstekend vaar.
Augsburg Landbouskool beproef dit op die oomblik en jy kan hulle ook skakel vir meer inligting.
Jy sal definief 'n grondontleding moet laat doen asook die kwaliteit van jou water moet laat toets.
Jy kan vir Piet Brink by Kynoch op Vredendal kontak oor bg. ontledings.
Hoop jy kom reg.
Groete
Bulvegter
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: 10 ha intensief boer
wlm, dit is my plan soos jy daar gese het.
nou moet ek gou R250 000 uitbollie, dan loop my plan
nou moet ek gou R250 000 uitbollie, dan loop my plan
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: 10 ha intensief boer
Cassie,
Jy is besig met 'n baie intresante projek. Is self op die oomblik opsoek na 'n plot en gaan dan soortgelyk wil aanpak, net kleiner skaal. Sal seker ook kyk na een van daardie Voer boer stelsels. (net my eie bou)
Het net 1 voorstel vir jou: Koop alles in die Kaap, dan kry jy 50% afslag en hulle lewer oornag af........
Groete,
Henk

CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: 10 ha intensief boer
ons hou ons weer hanswors vandag!Het net 1 voorstel vir jou: Koop alles in die Kaap, dan kry jy 50% afslag en hulle lewer oornag af........
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: 10 ha intensief boer
Hahahaha. Het jy toe bakkie gekoop?
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 10 ha intensief boer
Lusern sny se som raak nou sleg met die siesel prys. Ek weet ook nie of jy snyer, hark en baler het nie cassie? En as jy kontrakteur gaan gebruik kan dits eker beter gaan. Tweedens soos jy geneoem het om die damme te level en reg te maak gaan ook $$$$$$$$$$ vat agv. die diesel prys.
Jy kan mos lekker baie lusern in jou wereld koop vir goedkoop.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: 10 ha intensief boer
Daar bestaan nie meer iets soos goedkoop lusern nie. Prysvooruitskatting vir die somerseisoen is R40--R60/baal.tau wrote:Lusern sny se som raak nou sleg met die siesel prys. Ek weet ook nie of jy snyer, hark en baler het nie cassie? En as jy kontrakteur gaan gebruik kan dits eker beter gaan. Tweedens soos jy geneoem het om die damme te level en reg te maak gaan ook $$$$$$$$$$ vat agv. die diesel prys.
Jy kan mos lekker baie lusern in jou wereld koop vir goedkoop.
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: 10 ha intensief boer
Die ouens het laas jaar al tot R65 'n baal gevra hier by ons in die noorde
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: 10 ha intensief boer
het snyers balers, als. diesel duur, maar ek sny daai land vir minder as R1000 diesel. waste voer koop jy met dit? nie 1000 bale nie?
HOU HOM DAAI DIKTE
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 10 ha intensief boer
Daar was naby julle tweedegraad beskikbaar teen R1500ton bigpacks.wlm wrote:Daar bestaan nie meer iets soos goedkoop lusern nie. Prysvooruitskatting vir die somerseisoen is R40--R60/baal.tau wrote:Lusern sny se som raak nou sleg met die siesel prys. Ek weet ook nie of jy snyer, hark en baler het nie cassie? En as jy kontrakteur gaan gebruik kan dits eker beter gaan. Tweedens soos jy geneoem het om die damme te level en reg te maak gaan ook $$$$$$$$$$ vat agv. die diesel prys.
Jy kan mos lekker baie lusern in jou wereld koop vir goedkoop.
Nee dit verander dinge darem baie as jy nie implemente hoef aan te koop nie.cassie_calvinia wrote:het snyers balers, als. diesel duur, maar ek sny daai land vir minder as R1000 diesel. waste voer koop jy met dit? nie 1000 bale nie?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: 10 ha intensief boer
Ek wil graag n kundige kry om hier by my te kom kyk, grond te ontleed en voorstelle te maak oor die intensiewe boerdery van skape. Kan enige een van jule dalk iemand voorstel wir ek kan kontak hieroor?
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)