Groot klein jakkies

Post Reply
Chrisjan

Groot klein jakkies

Post by Chrisjan »

Ek het op hierdie jakkies in die suid Vrystaat laas naweek gekry.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Groot klein jakkies

Post by Jakkie 321 »

Chrisjan

Mooi man watter klanke het jy gebreuk??

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Groot klein jakkies

Post by Reggie Gerber »

Waarvoor is die 3 hout :laugh:
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groot klein jakkies

Post by Danie01 »

Sjoe hulle moes nogals vroeg gebore gewees het, het so 3 naweke terug teef geskiet wat se spene skoon is, dus het sy ook kleintjies, maar hoe groot hul is weet ek nie. Dit was in Noordkaap naby Smithsdrif
Chrisjan

Re: Groot klein jakkies

Post by Chrisjan »

Danie01, Ja dit was net anderkant Smithfield.

Jakkie 321, hulle het nie op die klanke aandag gegee nie, ek moes stil sit vir baie lank en wag dat hulle een vir een uit die gat klim om te gaan poep. Hierdie is die oorblyfsels wat die honde nie uit die gate kon kry nie. So hulle was erg skrukkerig.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Groot klein jakkies

Post by BLOK »

Lekker man, kon jy darem die pa en ma skiet voor julle die jongspan aangevat het.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Chrisjan

Re: Groot klein jakkies

Post by Chrisjan »

Ja, die teef is net na skemer by die gate geskiet. Sy het my verras dat sy so vroeg sou kom na die dag se geraas en beweging. Die reun gaan met die chopper hierdie week geskiet moet word. Toe ek die teef skiet toe weet hy van my, hy het in die dooie grond gebly en my laat weet dat hy ongelukkig is. Hy weet wat hy doen en het nie 'n oog gewys nie.
Chrisjan

Re: Groot klein jakkies

Post by Chrisjan »

Hierdie uit 'n ander post gecopy:

"Die eerste aand by Henry was sy jakkals vroeg uit om kos te soek, so om by sy neste te roep het nie gewerk nie, hierdie jakkalse loop baie wyd. Maw ek het so in die rondte met die jakkals gedaans.

Eerste aand by Boetie reen dit heel aand en die wind verander sommer 180* in 30min. Maar ek leer die veld ken en hoor waar antwoord hulle. Ek kry toe 'n beter idee van hulle kern gebied. In die vroeg aand skree hulle waar hulle is, of dit nou in middel van veld, vangs plek of neste is. Maar in die oggend uure toe verklap hulle toe waar die regte neste is.

Die tweede aand is die wind beter, dis baie koud maar reen nie. Ek maak my staanplek by die enigste drinkplek in 1.5km radius. Net na son onder speel ek elsneus, jak antwoord 500m weg, niks gebeur, tyd vir Tafjak 1. Antwoord dieselfde jak 900m weg, natuurlik opad vangsplek toe en nie oor my gestress nie. Die jak was vrek honger, jy sal later verstaan. Ek skuif nader aan die jakkals en met y aankoms skyn my bakkie se ligte oor die lammers en daar hardloop jak uit die skape uit. Dit was so 8:20. Van daar niks weer gehoor of gesien nie.

Die volgende dag is daar toe 'n voor sit jakkals skiet. Met die wat hulle die jakke aan jaag word die gate gevind waar ek vermoed het hulle was. Die mooiste gate oot. Ystervark gate, 9 entrances, meeste aan mekaar verbind, braaksel merke, jak poep oral waar jy kyk, dit is nog sag. Ma se lê plek, gate kry oggend son en vars skaap been en skedel.

Daar word besluit om met honde die gate te bewerk. Die honde baklei, knor blaf en byt verwoed in die gate. Maar kom nie met die jakke uit nie. Die honde vestig to hulle laaste aandag op twee ystervarke.
Gister aand was ek by die gate, weens die terrein moes my staanplek skaars 60m van die gate af wees. Net na skemer lig ek vir die eerste keer en sien vir kleintjie by die gat. Met die deurvolg van die lig sien ek die teef. Sy draai haar gat en ek briek haar met klein jak tjank. Die skoot val mooi hard teen so 120m. Ek kon haar nie kry die volgende oggend nie. Ek het haar nie eers die aand gesoek nie want ek was so verseker dat sy daar sal le as ek begin jakke optel. Ek is seker van my skoot, so asof sy ewe skielik Hemel of hell toe is.

Ek skiet toe twee kleintjies. Die res dink ek is in die gate dood gebyt. Hulle kom nie met enige roep uit die gate nie maar net as ek vir so 1.5 uur stil sit. Die reun het in die dooie grond agter die gate op en af beweeg en elke nou en dan my laat weet dat hy baie ongelukkig is. Die kleintjies is atleast 'n maand oud en baie gesond.

Vanaand is ek en Henry se 2 jakke uit twee verskillende rigtings besig.
Hoop ek wen hulle. Vyf aande se deur werk is rof!"
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Groot klein jakkies

Post by johans »

kani glo hulle is al so groot nie.watse klanke gaan werk op daai ouderdom om die ouers te kry?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Groot klein jakkies

Post by BLOK »

Goed as jy die teef kon kry en darem weet van die reen, was daar nie dalk n hleper ook nie of glo jy nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Groot klein jakkies

Post by johans »

Nooit n helper gesien nie
Chrisjan

Re: Groot klein jakkies

Post by Chrisjan »

Hi johan , as ek reg onhou het ek die teef gebriek met albe jakkals. Die reun het gek gegaan as ek enige klein jak ditress gespeel het. Ek sal ook Elsneus, Swartrug F, Tafjak 41 en Black Jack Bonsai gebruik.
Post Reply