Is daar nog 'n OPS in die pyplyn?

Post Reply
Chrisjan

Is daar nog 'n OPS in die pyplyn?

Post by Chrisjan »

Is daar nog 'n OPS in beplanning? Meskien kan ons 'n paar boere help wat swaar onder die jakke deurloop.

Groete
Chrisjan
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Is daar nog 'n OPS in die pyplyn?

Post by Geno »

Daar is een in die beplanningsfase.
Goed, beter, 6millimeter!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Is daar nog 'n OPS in die pyplyn?

Post by Danie01 »

Ek sal graag die volgende OPS wil bywoon, agv werksomstandighede het ek laasjaar gemis, nadat ons klaar ingeskryf, klere en als bestel het.

Enige idee waar OPS 3 gaan wees?

Sien uit om verder te hoor!
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Is daar nog 'n OPS in die pyplyn?

Post by Arno Pienaar »

Chrisjan hoe maak die Suid Vrystaat jakkalse ?

Mooiloop Doons
Chrisjan

Re: Is daar nog 'n OPS in die pyplyn?

Post by Chrisjan »

Hulle is nie jou maat nie. Die eerste aand met Henry was sy jakkals vroeg uit om kos te soek, so om by sy neste te roep het nie gewerk nie, hierdie jakkalse loop baie wyd. Maw ek het so in die rondte met die jakkals gedaans.

Eerste aand by boetie reen dit heel aand en die wind verander sommer 180* in 30min. Maar ek leer die veld ken en hoor waar antwoord hulle. Ek kry toe 'n beter idee van hulle kern gebied. In die vroeg aand skree hulle waar hulle is, of dit nou in middel van veld, vangs plek of neste is. Maar in die oggend uure toe verklap hulle toe waar die regte neste is.

Die tweede aand is die wind beter, dis baie koud maar reen nie. Ek maak my staanplek by die enigste drinkplek in 1.5km radius. Net na son onder speel ek elsneus, jak antwoord 500m weg, niks gebeur, tyd vir Tafjak 1. Antwoord dieselfde jak 900m weg, natuurlik opad vangsplek toe en nie oor my gestress nie. Die jak was vrek honger, jy sal later verstaan. Ek skuif nader aan die jakkals en met y aankoms skyn my bakkie se ligte oor die lammers en daar hardloop jak uit die skape uit. Dit was so 8:20. Van daar niks weer gehoor of gesien nie.

Die volgende dag is daar toe 'n voor sit jakkals skiet. Met die wat hulle die jakke aan jaag word die gate gevind waar ek vermoed het hulle was. Die mooiste gate oot. Ystervark gate, 9 entrances, meeste aan mekaar verbind, braaksel merke, jak poep oral waar jy kyk, dit is nog sag. Ma se lê plek, gate kry oggend son en vars skaap been en skedel.

Daar word besluit om met honde die gate te bewerk. Die honde baklei, knor blaf en byt verwoed in die gate. Maar kom nie met die jakke uit nie. Die honde vestig to hulle laaste aandag op twee ystervarke.
Gister aand was ek by die gate, weens die terrein moes my staanplek skaars 60m van die gate af wees. Net na skemer lig ek vir die eerste keer en sien vir kleintjie by die gat. Met die deurvolg van die lig sien ek die teef. Sy draai haar gat en ek briek haar met klein jak tjank. Die skoot val mooi hard teen so 120m. Ek kon haar nie kry die volgende oggend nie. Ek het haar nie eers die aand gesoek nie want ek was so verseker dat sy daar sal le as ek begin jakke optel. Ek is seker van my skoot, so asof sy ewe skielik Hemel of hell toe is.

Ek skiet toe twee kleintjies. Die res dink ek is in die gate dood gebyt. Hulle kom nie met enige roep uit die gate nie maar net as ek vir so 1.5 uur stil sit. Die reun het in die dooie grond agter die gate op en af beweeg en elke nou en dan my laat weet dat hy baie ongelukkig is. Die kleintjies is atleast 'n maand oud en baie gesond.

Vanaand is ek en Henry se 2 jakke uit twee verskillende rigtings besig.
Hoop ek wen hulle. Vyf aande se deur werk is rof!

Groete van dood moeg Chrisjan
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Is daar nog 'n OPS in die pyplyn?

Post by johans »

ek kan net hier se crisjan het regtig sy kant gebring,die man ry seker 1000km om ons te kom help.well done
Post Reply