Geweer skoon maak

Post Reply
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Geweer skoon maak

Post by HJA »

Goeie middag,

Ek het vir my 'n "cleaning jag" aangeskaf om my geweer se loop skoon te maak.
Hoe werk die prosedures om die lappie op die ding te kry ?
Ek sukkel so 'n bietjie.

Lekker dag
Henk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Geweer skoon maak

Post by Gawie(13mm) »

Middag Henk.
Jy meld nie watter maak of tipe stok en gids jy aan geskaf het nie.

Daar is hoofsaaklik 3 tipes. 1. Is die tipe wat ons in die weermag mee te doen gekry het. Hy lyk soos 'n naald se oog en ek twyfel of ek hoef te verduidelik hoe hy werk, tensy jy jou "tuin tegnikus" wil oplei om die takie te verrig. Jy is dan in elke geval op jou eie.
2. Is die tipe met die skerp puntjie aan die besigheids kant. Gewoonlik van "Boretech" of iets in der voege. Ronde lappies van die regte deursnee word met die skerp punt deurboor en van die kamer se kant deur die loop gedruk.
3. Is die minder duur produk en lyk of hy "geriffel" is met 'n ronde kop. 'n Vierkantig of reghoekige linnelappie van die regte groote word links om, om die skag van die "jag" gedraai.
Asseblief! Werk van die kamer se kant af. Druk altyd die lappie regdeur en moet dit nie terug trek nie. Jy wil hê die sop moet voor by die loop uitkom en nie in die magesyn-kas beland nie. Dit is 'n goeie idee om te belê in 'n kamer-gids of "bore-guide" in afrikaans. Dit sal die sop uit die kamer en magesyn hou en help om die "jag" reg op te lyn. Hulle het ook gewoonlik 'n venstertjie waardeur jy die skoonmaakmiddels en olie kan aanwend aan die lappies.

Sterkte. As ek bietjie faag is met my beskrywing kan jy my PM.

Groete,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Geweer skoon maak

Post by mariusr »

HJA en as jou lappie miskien vas sit in die loop en jy sukkel om uit te kry! :o moet net nie probeer soos een ou in my weermag dae wat die lappie wou uit skiet met 'n blank! :): hy is toe DB toe en geweer m%&r toe! :o gooi net olie in loop en wag rukkie stoot lappie dan uit better as DB toe! ++>: :o
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Geweer skoon maak

Post by LongWolf »

mariusr wrote:HJA en as jou lappie miskien vas sit in die loop en jy sukkel om uit te kry! :o moet net nie probeer soos een ou in my weermag dae wat die lappie wou uit skiet met 'n blank! :): hy is toe DB toe en geweer m%&r toe! :o gooi net olie in loop en wag rukkie stoot lappie dan uit better as DB toe! ++>: :o

Ek wil nie by wees om dit te sien nie.
Klink of mens net kan seerkry.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Geweer skoon maak

Post by JohanvB »

en moenie 'n boreguide koop nie...sny 'n stuk van jou tuinslang af...halfduim pyp..werk net so goed...
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Geweer skoon maak

Post by Smitstertjies »

Dom vraag? Ek steek my boretech met lappie altyd van voor van loop se punt in en trek by kamer uit. Kan dit skade maak?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Geweer skoon maak

Post by Cobus(Cobb) »

Dit kan jou kroon seermaak, en jy stoot al die rubbish in die kamer en magasyn kas in..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Geweer skoon maak

Post by mariusr »

Maak altyd van kamer se kant skoon nie voor by loop jy kan die kroon beskadig so!!!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Geweer skoon maak

Post by Smitstertjies »

Dankie julle
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Post Reply