Effektiewe afstand

Post Reply
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Effektiewe afstand

Post by 222 »

Ek wil graag hoor wat s? julle manne oor die afstand (nadat die koe?l deur die dier is) wat 'n koe?l nog kan seermaak.

Ek vra die vraag want mens is soms skrikkerig om na 'n ding te skiet met 'n solid. Dit sluit nou al ons monolitiese koele in.(Impala. GSC ens ) Dit gaan seker verskil van kaliber tot kaliber?

Ek en die 222"tjies (net 2) het nou die aand 'n jakkals met 'n 50gr GSC HP geskiet. Die ding (skuuuuus koe?l) is regdeur. Hoev?r het hy gegaan?
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Effektiewe afstand

Post by JACQUES BOTHA »

222
Ek is weereens nie n kenner nie. maar vir oes en probleemdier  is die ideaal om sagte klippe te gebruik. daardie koele met die uitstekende konstruksie  mmm hulle kan nog n entjie gaan, het al gesien hoe n man met pmp ammo 2 willibeeste kap met een slag... ek het eenkeer n jakkals met n 308 155gr sierra match punt geskiet en daai koel vir 3 dae hoor fluit...hy hol nog n hele entjie plus btw...horse for courses sou ek aanbeveel. Ek het ook eenkeer n jakkals geskiet waar conrad ook n lid heir by was , wat hy geglo het dit was mis en ek hom se man ek akn mos nei mis op 50 tree nie , net om die jakkals 15 20 tree verder op te tel met daai 155 match punte....so met daa harde punte gaan jy eenkeer n jakkals morsdood skiet en nie weet waar hy geval het nie, ek weet hoe ek al gesoek het en dit na n jakkals wat dadelik geval het. as hy eers n entjie hol...oho jy gaan soek my vriend  ek verseker jou...veral in lang gras es...
Hoop dit help...dalk is ek verkeerd
Groete
Jacques 
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Effektiewe afstand

Post by Gerhard »

Ek verkies ook sagte punte vir jakkals.

Ek het 35gr GS Customs vir die Hornet maar ek roep baie op plekke waar beeste en skaap nie ver weg is nie.

Dink nie die boer gaan gelukkig wees as ek 'n jakkals en 'n bees met eenskoot om dop nie.

Die 35gr's is ook so vrek duur dat ek hulle maar eerder bere vir ander dag waneer ek vir hulle werk het.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Danie Lombard .243

Re: Effektiewe afstand

Post by Danie Lombard .243 »

222

Beslis nie 'n dom vraag wat jy vra nie. Wil bou jou vraag 'n vraag bylas wat persoon in 'n kursus vir my gevra het oor die speod van 'n patroon. Hy wou weet dan se nou maar 'n dwaal kooel trek met 'n boog deur die lug en dit verloor baie spoed. Kom ons se die verloor een derde of 'n kwart van sy speod. Kan so 'n koeel nog mens of dier dood sou die patroon iets lewend tref.??
Dink so daaraan. 'n 9mm PARA/ LUGER se spoed is 1100 tot 1300 ft/sek met 'n 115 tot 124gr punt. Ek het al verskeie goed gejag met 'n 92 Beretta en 'n CZ75 in kaliber 9mm PARA gelaai met FMJ. Daai punt skiet sommer deur klomp mense en wat nog alles. EK kan die vergelyking maak met vele ander kal bv. .25acp  .380acp  .38spl  .45acp ens. ens. Handwapen kalibers penetree vreeslik diep en deur 'n hele paar goed, selfs hollow point ammo.
Wat nou van 'n .222 Rem  55gr    .243Win 100gr    .270Win 130gr  ens. wat nou al lekker spoed verloor het. Se maar 800 tot 1000ft/sek. Om en by dieslefde spoed as 'n handwapen. Sal dit iemand of iets dood? Verseker.

Nou die vraag of jy met 'n kooel wat reeds deur 'n antiloop is nog steeds iets kan dood. Beslis ja. Daarom is dit so balangrik om te onthou ten alle tye,  CHECK YOU TARGET AND BEYOND

Hoeveel kere het jul al gehoor van 'n groep jagters wat toegelaat is om op 'n ou se plaas te gaan jag gedurende die nag terwyl die grond eienaar nie teenwoordieg is nie. Klink dit na 'n wolhaar storie? Dit gebeur so gereeld. Veral by die naweek boere wat vir die sports boer en in die stad woon.
Wie van daai skuts weet waar is wat in watter rigting op die plaas in die nag? Wie van die ouens kan rigting bepaal in die nag op 'n vreemde plaas? Hul het nie 'n idee in watter kampe is daar vee en in watter kampe is wat nie. Maar die manne skiet en stoot die lood.
Ek is beslis nie lus vir sulke vars moeiliheid nie. More oggend is dit elende na al die skade. Ek jag nie vir 'n ou jakkals as hy nie voor in die bakkie sit nie.

222  Die penetrasie vermoe van 'n koeel in vlug is lugjare meer as wat ons ooit sou dink.


Ek se weer en onthou dit vir altyd  CHECK YOUR TARGET AND BEYOND
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Effektiewe afstand

Post by 222 »

Danie

Ek verstaan dit so en dit sal sekerlik ook wissel na gelang van die kaliber wat mens gebruik. Die ding is net dat mens soms in jou snelle spoed die verkeerde pakkie koe?ls gryp. Dan sit mens met die "over penetration" probleem.

Ek het al stellings gehoor soos: "ag nee wat nie meer as 5m nie", "man as die koe?l die ding getref het is sy go uit"

Ek gebruik maar altyd Vmax'e om mee te skiet en jag met die Solids, maar dit is net interressant om te probeer om by die werklike "regte" antwoord uit te kom. Uit ondervinding het ek ook geleer dat mens maar moet maak soos my houtwerk-onnie altyd ges? het nl:" Daar is in houtwerk net vier re?ls, en dit is meet, meet, meet en meet"
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
Post Reply