My hart is in die Kaap.

Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

My hart is in die Kaap.

Post by tau »

Was vandag bietjie hospitaal toe vir toetse, oppad my 1967 Remington 700, 7 mm rem mag by Harrison Bros gaan aflaai. Hulle gaan die geweer oor blou, die aksie pillarbed. En my sights afhaal en draad sny vir 'n Silent Hunting buddy silencer. Ek gaan ook flushmount quick detach clips laat insit vir die kere op die bench dat daai ou tipe belt clip nie so op die stands druk nie.

My geweer se loop en kamer is geborescope en volgens Terry is my loop baie skoon en die loop in goeie kondisie. Ek was nogals bang hy het roes skade gehad.

Dit was my oupa se geweer so ek wil hom weer spic and span kry dat hy nie permanente skade opdoen van 40 jaar se staan by huise teen die see.

Oja hulle gaan my scope oor mount na ek iemand R400 betaal het om dit te doen en nadat ek gese het die scope is skeef was ek ander vertel :laugh:

Elkgeval ek mis klaar my roer.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by PWV »

tau wrote:Was vandag bietjie hospitaal toe vir toetse, oppad my 1967 Remington 700, 7 mm rem mag by Harrison Bros gaan aflaai. Hulle gaan die geweer oor blou, die aksie pillarbed. En my sights afhaal en draad sny vir 'n Silent Hunting buddy silencer. Ek gaan ook flushmount quick detach clips laat insit vir die kere op die bench dat daai ou tipe belt clip nie so op die stands druk nie.

My geweer se loop en kamer is geborescope en volgens Terry is my loop baie skoon en die loop in goeie kondisie. Ek was nogals bang hy het roes skade gehad.

Dit was my oupa se geweer so ek wil hom weer spic and span kry dat hy nie permanente skade opdoen van 40 jaar se staan by huise teen die see.

Oja hulle gaan my scope oor mount na ek iemand R400 betaal het om dit te doen en nadat ek gese het die scope is skeef was ek ander vertel :laugh:

Elkgeval ek mis klaar my roer.
Hoop jy het iets in daai spaarvarkie van jou, want dit klink of dit 'n bedraggie gaan kos - soos ek daai Harrisons-manne ken.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by tau »

Ai oom ek dink so, maar die roer is na aan my hart, so ek spandeer maar.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Quinna
Full Member
Full Member
Posts: 166
Joined: Wed Jan 16, 2013 7:16 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by Quinna »

Tau ek weet presies waar van jy praat. Ek het ook my oupa se roer gekry. Dit was 1 van die gewere wat ek leer skiet en jag het. Ek het die roer gevat dat hul hom oor blou die sights af gehaal, die houd lat afskuur en weer mooi maak, nuwe scope mounts en scope. Hy moet nou nog gan om die aksie te pak. Daar is n plaatjie op die kolf wat ek gelos het wat se vadersdag 1987. Dit was n geskenk gewees. Nou as ek met hom skiet is dit so asof my oupa daar saam my staan en ek kan nog hoor die advies wat hy gee.

Moeinie die sneller trek nie squeez net, mik fyn en klein. Rustig met die asem haal.
Ek sal daai geweer vir niks ruil nie. Hy skiets soos n droom en na oom driepoot my gehlep het met die ladings skiet hy net nog lekkerder.

Geniet die geweer ;D
Quinna
Pressure is something that you find in the chamber, now shut up and shoot
.270 WIN Musgrave, .22 CZ, 9mm Beretta, 12 Guage Vanguard, Howa 375 Ruger, .308 Sako, Howa 6.5Creedmoor, 9mm Glock (waiting for lic)
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by tau »

Ja nee kyk. Ek jag al vanaf 2001 net met daardie roer. Vergeet skoon ek moes vanmiddag my dedicated skiet gaan doen. Gruip my .375 Ruger en toe pomp die wind en ons begin op 200m le en skiet. Ek het dit gemaak, maar op die hond se allie. Met my 7mm sou ek gecruise het.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by PWV »

tau wrote:Ja nee kyk. Ek jag al vanaf 2001 net met daardie roer. Vergeet skoon ek moes vanmiddag my dedicated skiet gaan doen. Gruip my .375 Ruger en toe pomp die wind en ons begin op 200m le en skiet. Ek het dit gemaak, maar op die hond se allie. Met my 7mm sou ek gecruise het.
Maak nie saak nie, tau. Solank jy net die papiere kry!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by tau »

My roer is terug.
Gepak, Silent hunter knaldemper, flush mount swivels en vangaurd bipod.
Ek kan nie wag om haar 'n slag te skiet nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by Arnold »

Nee, dit werk nie so nie. Ons soek foto's asb.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: My hart is in die Kaap.

Post by Chevvy SS »

En vinnig!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by tau »

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/photo_zps401cd555.jpg

Manne hier is sy. Net so interesant terwyl ek in die winkel staan en Terry aan my verduidelik hulle het nie die loop geblou nie, want dit is 'n ou tipe stainless loop wat nie die blou wil vat nie, kom daar 'n versamelaar in. Nou ek heg waarde aan die roer omdat dit my Oupa se roer was en nie omdat ek dink dus die beste roer of so iets nie. Elkgeval toe die man die geweer sien toe vra hy my hoeveel soek ek vir hom. Hy het nie een na die seriel nommer gekyk nie toe roep hy al dat dit hoe 1968 model rond moet wees.

Ek was half stom gewees, aangesien ek nie besef het iemand sou iets weet van die our roer nie. Elkgeval en die Silent Hunter Buddy knaldemper het ook BAIE oo en aa's ontvang. Almal dink net hy gaan nie werk nie, want hy is te klein ++>: So ek hoop julle en Henk praat die waarheid en hy werk, want hy lyk mooi.

So die loop is nou nie herblou nie, maar ek is amper bly nou dat ek weet dit is iets spesiaal dat 'n versamelaar dadelik kon sien watter model dit is aan die loop se voorkoms. Die aksie is mooi gepak en my vinger jeuk. Tans is my Nikon 4-16 x 50 Monarch nog op die roer, maar so ek spaar sal ek seker iets kry met meer MOA verstelling dat ek die langafstand manne kan join anderkant 700m.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: My hart is in die Kaap.

Post by Chevvy SS »

Ek weet hoe jou hart in daai borskas klop oor daai roer! Geniet hom Tau!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by Arnold »

Bakgat man.

As jy praat van flush mount swivels, praat jy van QD swivel studs of flush cups?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by tau »

Dit is die flush cups met die los mounts wat met balletjies in clip. So as jy op die bench wil skiet is die kolf onder glad.

http://www.brownells.com/shooting-acces ... d8892.aspx

Ek het stel wat op my belt is en QD stel vir my bi-pod. Ek het ook na jou thread oor Bi-pod skiet die Vangaurd een gekry wat terug kan knatel om die Bi-pod te laai.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by tau »

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4595_zps8198cd97.jpg

My twee skote op 267m (GPS) middel en my vriend se .243 regs. Het lekker geskiet vandag sal net moet leer van die mirage van die silencer wat die POI skuif na regs soos die knaldemper warm raak.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4556_zps92dc679d.jpg
Ek kan met eerlikheid se die Silent hunter Buddy werk en die recoil is BAIE minder.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/aebcb6c7-21eb-4395-b96a-c3c13907d5b0_zps8cbb06ea.jpg

Ek het hier die slincer lekker warm geskiet (10skote om scope inte stel en weer alles vastedraai aangesien geweer helemal gestrip en gepillar bed is) en dan so 1 min tussen skote gewag en skoot 11-15 geskiet soos in die kiekie op 115m. Ek dog eers my TPL soek verstelling, maar het lekker die gongs met die koel loop en silencer geroer vanaf 200-300m.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My hart is in die Kaap.

Post by PWV »

Tau
Lekker gevoel as die goeters so werk.
Geniet dit.
Groetnis
Post Reply