http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/photo_zps401cd555.jpg
Manne hier is sy. Net so interesant terwyl ek in die winkel staan en Terry aan my verduidelik hulle het nie die loop geblou nie, want dit is 'n ou tipe stainless loop wat nie die blou wil vat nie, kom daar 'n versamelaar in. Nou ek heg waarde aan die roer omdat dit my Oupa se roer was en nie omdat ek dink dus die beste roer of so iets nie. Elkgeval toe die man die geweer sien toe vra hy my hoeveel soek ek vir hom. Hy het nie een na die seriel nommer gekyk nie toe roep hy al dat dit hoe 1968 model rond moet wees.
Ek was half stom gewees, aangesien ek nie besef het iemand sou iets weet van die our roer nie. Elkgeval en die Silent Hunter Buddy knaldemper het ook BAIE oo en aa's ontvang. Almal dink net hy gaan nie werk nie, want hy is te klein

So ek hoop julle en Henk praat die waarheid en hy werk, want hy lyk mooi.
So die loop is nou nie herblou nie, maar ek is amper bly nou dat ek weet dit is iets spesiaal dat 'n versamelaar dadelik kon sien watter model dit is aan die loop se voorkoms. Die aksie is mooi gepak en my vinger jeuk. Tans is my Nikon 4-16 x 50 Monarch nog op die roer, maar so ek spaar sal ek seker iets kry met meer MOA verstelling dat ek die langafstand manne kan join anderkant 700m.