Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post Reply
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by ROBBIE1 »

Met die jagseisoen wat so byna op sy rug is nog n jaar, wil ek die geleentheid gebruik, om vir al die forum lede wat my die jaar ondersteun, baie dankie te se!! ;D

Dit is werklik vir my n voreg om julle manne van diens te kon wees, sonder om name uit te sonder, wil ek net se dat my verste klient die jaar, Petrie van die Kaap was!! Was dit nou verrassing. :):

Ek weet nie wat ek oor 2 weke, sondae met myself gaan aanvang nie, dit gaan dam boring wees, maar nou ja, jag tyd is net so lank ne!! ;) Ek is egter nog steeds regdeur die jaar beskikbaar, en julle manne is welkom om te bel as daar n bokkie sy pad bakkie toe gekry het, en saamry Pretoria toe, ek kom maak enige tyd vir jou oop!

Ek het baie goeie terugvoer gekry, en sover lyk dit asof almal gelukkig is, alles ok proe ens, en het ek ook vir my personeel elke keer as iemand n sms stuur, die boodskap van dank van julle manne af deurgegee, en glo my, dit maak n groot verskil as die werkers sulke lekker goed hoor van tevrede kliente.

Nogmaals my opregte dank en waardering vir julle manne se ondersteuning, en as daar ooit iets is waarmee jy nie 100% gelukkig is nie, wil ek dit asb dadelik weet, maar in elk geval, voor jou buurman hoor!! :police:

Mag julle manne n geseende jaar verder he, en ons mekaar op die laatste volgende seisoen weer sien!!

Groetnis.

Robbie en personeel
Wildshoekie
stan man

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by stan man »

vir een sal ek volgende seisoen weer my kliente na jou toe verwys. ek het ook net goeie dinge gehoor. ekself het n keer of wat van jou produk geeet hierdie jag seisoen ,en sou dit nie self beter kon maak nie.

ja jou kliente ry dit saam vrystaat toe.en dan is hulle nogal windgat om met die te spog. ^-^
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by ROBBIE1 »

Dankie Frans, waardeer jou verwysings!!

Ons try maar die beste maak wat ons kan, lyk darm of die manne en die vrouens daarvan hou. Natuurlik een van die belangrikste vir my, is dat die vrou'tjie by die huis happy gehou word, dan kry pappa weer die groen lig om te gaan jag ne!!
stan man

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by stan man »

ek het nog n pakkie van jou kaas worsies oor. ek moet se ek is redelik suinig met dit, nou die aand het my seuns vriende oor genooi vir n braai. die manne skep toe daardie einste pakkie wors ,ek gedra myself toe soos n boor boi. nodeloos om te se ek en my gesin sal dit self braai en geniet.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by NEGE3 »

Robbie baie dankie aan jou ook. As alles goed afloop sien ek jou weer die 8ste September.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by JAGTERSREG-JRM »

Robbie

20-23 September gaan my vrou vir haar eerste Blouwildebees en wil julle bietjie uittoets aangesien Uitkyk my effe teleurgestel het die jaar (3keer na mekaar) en dink dit is tyd om hulle te groet en dit na meer as 10 jaar se ondersteuning. Hoe gemaak gee ek jou n luitjie sodra die wildebees geval het?

Sien uit daarna om jou te ontmoet en n lang verhouding te bou.

Groete
Kobus
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by Rasmus »

Robbie

Van my kant kan ek ook sê welgedaan! Ons is baie tevrede met jou produk. My broer het ons vleis na jou gebring.

Ek is net ietwat moerig vir jou, omdat jy nie gesê het die schnitzels is so lekker nie!!! ;) ;) ;D

Ek het heeltemal te min daarvan bestel.

Daar lê nog twee bosvarke in die vrieskas sodra ek kans kry bring ek hulle.

Do so voort!!!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by ROBBIE1 »

Thanx manne, en sorry Rasmus, ekt vergeet... ;) .... Dit vat maar n rukkie om elke klient te leer ken, dis hoekom elke man sy eie "kaart" by my het. :police: Smaak verskil, en ek hou daarvan om elke ou se goed op sy eie persoonlike voorkeure en afkeur te hanteer, as jy nou weer bring, weet jy hoe die snitchel's smaak, dan maak ons dit bietjie meer. Volgende jaar is jy dalk ook soos 90%+ van my ou kliente, op die tafel-vleis en lekker goedjies menu, bietjie biltong en d/wors, die res huisvleis!!

Kobus en Nege3, ek het julle klaar geboek, laat weet maar net as julle oppad is. Van die 1 Sept af is ek nie meer heeldag oop nie, maar ek bly 2 bloke van die slaghuis af, so dis geen probleem nie, ek kom maak oop, met n koue enetjie op standby!!
8)
paul_v
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Fri May 10, 2013 8:01 am

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by paul_v »

Ons het weer vandag wors gebraai wat julle gemaak het. Lekker man lekker! Soos Rasmus gese het was die schnitzels baie lekker, net te min. Ek hou ook van die droe wors. Ek het darem nog 'n pakkie wat gedroog moet word. Soda my lisensies deur kom kuier ons hopelik weer.
Howa .308
Zabala 12br s/s
CZ Redhead Deluxe 12br o/u
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by ROBBIE1 »

Ja nee Paul, maak so mater, ek wag vir jou.
stan man

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by stan man »

kerels pasop net. die man gaan met soveel komplimente dalk vetkop kry dan kan hy nie meer die slaghuis in gaan nie.
wie gaan dan julle vleis bewerk??
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by ROBBIE1 »

Hahahaha, nee wat Frans, daaroor hoef jy nooit te worry nie, ou Robbie is maar net hyself!!

Een ding wat ek vroeg in my lewe geleer het, is om altyd nederig te bly, en dankbaar te wees vir dit wat jy kry. My kliente is my alles.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wildshoekie se baie dankie aan forum lede.

Post by Stefan764 »

Lekke ROBBA!!
Post Reply