Dit is werklik vir my n voreg om julle manne van diens te kon wees, sonder om name uit te sonder, wil ek net se dat my verste klient die jaar, Petrie van die Kaap was!! Was dit nou verrassing.
Ek weet nie wat ek oor 2 weke, sondae met myself gaan aanvang nie, dit gaan dam boring wees, maar nou ja, jag tyd is net so lank ne!!
Ek het baie goeie terugvoer gekry, en sover lyk dit asof almal gelukkig is, alles ok proe ens, en het ek ook vir my personeel elke keer as iemand n sms stuur, die boodskap van dank van julle manne af deurgegee, en glo my, dit maak n groot verskil as die werkers sulke lekker goed hoor van tevrede kliente.
Nogmaals my opregte dank en waardering vir julle manne se ondersteuning, en as daar ooit iets is waarmee jy nie 100% gelukkig is nie, wil ek dit asb dadelik weet, maar in elk geval, voor jou buurman hoor!!
Mag julle manne n geseende jaar verder he, en ons mekaar op die laatste volgende seisoen weer sien!!
Groetnis.
Robbie en personeel
Wildshoekie

