Middag aan almal. Ek het vanmore iets gekry waarvan ek al gehoor maar nog nooit self op afgekom het nie. Ek het 2 jakkalse in ñ gebied met sand, rante, slote en baie haakbos en driedoring. Ek vermoet hul moet al kleintjies hê maar ek kan nog nie lekker rigting kry nie. Net as ek dink hul lei my in ñ rigting dan kom ek weer by ñ doodloopstraat. Ek het die afgelope paar jaar al heelwat teelgate opgespoor en met sukses van grotes ontslae geraak, maar die 2 sit my bietjie ore aan.
Terwyl ek vandag spoorsny, kry ek op 1 plek ñ springbok stert wat jakkie begrawe het en so 100m verder ñ stukkie long so groot soos ñ golfbal toegekrap. Dit is verseker die teef se spoor wan die reun het ñ baie groot spoor. Ek wil hoor of jul dit al teegekom het en of dit ñ bereplek is vir die kleintjies of ñ spens? Sal dit naby die teelgate wees of nie noodwendig nie?
Ek gaan vannaand daar roep, naaste operige plek is so 800m daarvandaan. As enigiemand my raad kan gee oor die bêre van kos deur jakkalse.
Groete
jakkals begrawe kos
-
leendert
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Sun Mar 17, 2013 12:15 pm
jakkals begrawe kos
"Responsible Hunting for Sustainable Live"
. PHASA
. PHASA
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: jakkals begrawe kos
ek het al gehoor katte doen dit, maar nog nie jakkals nie. dit is interesant.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
leendert
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Sun Mar 17, 2013 12:15 pm
Re: jakkals begrawe kos
Dit het my ook laat kopkrap, want ek weet katte krap hul vangste toe as hul dit bêre. Ek het weer terug geloop op die spoor om seker te maak, dit was verseker die spoor wat ek as die teuf sien.
"Responsible Hunting for Sustainable Live"
. PHASA
. PHASA
- basie
- Full Member

- Posts: 172
- Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm
Re: jakkals begrawe kos
Leendert
Dan kan jy ook mos maar 'n stukkie vleis daar begrawe. Behandeld natuurlik.
Dan kan jy ook mos maar 'n stukkie vleis daar begrawe. Behandeld natuurlik.
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: jakkals begrawe kos
Leendert,
Ek`t jare terug op Bandelierskop in die Sandrivier n jakkals deur die verkyker dopgehou en gewag dat hy nader kom dat ek hom kon brand met die R1 toe sien ek hy grou in die sand en lyk of hy iets opbring. Hy het dit weer toegekrap en daaroor gerol en is weer die veld in. Later het ek maar opgestaan uit my wegkruipplek en loop kyk. Toe was dit stukke vleis wat hy opgebring en toegekrap het.Of dit nou waar is of nie, dit kan ek nie bewys nie maar die Omie waar ek my eerste lesse op probleemdiere gekry het se my dis die jakkals se manier om sy kinders op te lei om kos uit te snuffel.
Die manne wat regtig weet kan ons seker meer vertel hieromtrent en dit behoort baie interresant te wees.
Groetnis

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: jakkals begrawe kos
Op die video "Black Jack High Stakes" gaan haal die jakkals 'n stuk vleis onder water uit wat hy gebêre het.
- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: jakkals begrawe kos
Ek het al gesien my hok-jakkalse begrawe kos, ook maar soos n hond om later weer op te grawe en te vreet.
Kan net dink dat hulle in die natuur ook so sal maak, veral in hierdie tyd waar daar dalk al kleintjies is of nog gebore moet word sal ek ook dink dat hulle dalk vir hul n "spens" sal maak. As daai kleintjies se oe eers oop is soek hulle genoeg kos!
Leendert: ek dink nie jy sit die pot ver mis nie, die "spens" bou n mens tog naby die kombuis waar die kinders kos soek.
Dit sal interesant wees of jy die teelgate daar naby gaan kry.Ek dink hulle sal tenminste daai area beskerm.
Sal graag die slot van die storie wil hoor!

- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: jakkals begrawe kos
Nou leer ek nog ietsie by dankie
-
leendert
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Sun Mar 17, 2013 12:15 pm
Re: jakkals begrawe kos
Ek het vandag kans gekry om gou te gaan loer, die teuf het die long kom uitgrou en is weg. Ek reken sy moes dit daar gebere het en nou vir haar kleintjies gaan gee. Sal eers weer Saterdag kans kry om ordentlik te gaan spoorsny. Kon geen teken van ñ jakkals optel toe ek gisteraand gaan roep het nie. Sal maar probeer vasstel waar hul lê en dan ñ dagroep inwerk.
"Responsible Hunting for Sustainable Live"
. PHASA
. PHASA