Ek het nou al verskeie verslae gelees in die laaste paar maande oor mense wat perongeluk geskiet word ens.Elke keer het ek by myself gedink maar dis net nalatigheid,maar weereens gister besef dat n mens nooit te versigtig kan wees nie.
Ek maak altyd dubbel seker dat my geweer veilig is met geen ammnunisie in as ek hom uithaal om skoon te maak,nadat ek hom skoongemaak het sit ek 3 rondtes in die magasyn vir ingeval ek die geweeer nodig het om myself te verdedig in die middel van die nag.As ek die wapen uithaal om te gaan jag of om skietbaan toe te gaan,haal ek die rondtes uit en die slot ook.
Maandag aand het ek weereens my 30-06 uitgehaal om skoon te maak,toe ek weereens roes op die loop sien en op die magasyn ens.Ek olie my geweer gereeld en het gehoop ek sal die roes kan wen,maar diekeer was dit baie meer as gewoonlik,ek het net daar besluit om die wapen die volgende dag in te vat vir bluing.
By die geweerwinkel,het ek die wapen uit die sak gehaal en vir die man gegee,hy het dadelik die slot oopgemaak en daar was 3 rondtes in.
Gelukkig het hy gekyk,want dinge kan baie anders gewees as dit n onervare werker was.
Wat ek hier wil bewys is,ek maak altyd dubbel seker,maar die een keer het ek vir een of ander rede net vergeet,nou sal ek in die vervolg nog meer versigitg moet wees.
Wees versigitg by die huis met die wapens en as dit moontlik is laat iemand dubbel seker maak na jou of die wapen veilig is,want soos ons die laaste ruk gesien het ongelukke gebeur.
Ek hoop julle verstaan wat ek probeer se.
Wapen veiligheid
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: Wapen veiligheid
Sako
Dankie vir die deel, jy is baie reg ongelukkige gebeur so vinnig
Ek hanteer my jag gewere minder gereeld miskien 1 x elke 2 weke maar ek los ook die slotte oop en maak seker als is skoon
Handwapen is by my wanneer die son sak - n man laat jou nie twee keer vang nie - maar ek maak ook altyd dubbel en dwars seker
Voel later op die net gewoonte is om die magasyn uit te haal en die wapen te "check" maar ek sal dit bly doen
Dankie vir die deel, jy is baie reg ongelukkige gebeur so vinnig
Ek hanteer my jag gewere minder gereeld miskien 1 x elke 2 weke maar ek los ook die slotte oop en maak seker als is skoon
Handwapen is by my wanneer die son sak - n man laat jou nie twee keer vang nie - maar ek maak ook altyd dubbel en dwars seker
Voel later op die net gewoonte is om die magasyn uit te haal en die wapen te "check" maar ek sal dit bly doen
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75

