Bedding materiaal

Post Reply
bullseye

Bedding materiaal

Post by bullseye »

Naand manne
Wat is die beste of sterkste middel wat ek kan gebruik om aksie te bed het gekyk op internet en n wapensmit gesien wat net in defcon of so iets glo, kry mens dit in SA of wat is beskikbaar?

Bullseye.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Bedding materiaal

Post by Kruger »

Probeer Epidermix. Werk goed.
bullseye

Re: Bedding materiaal

Post by bullseye »

Dankie Kruger

mooi aand
Bullseye
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Bedding materiaal

Post by douw »

Kruger wrote:Probeer Epidermix. Werk goed.
Epidermix 372, ek dink hy droog tot iets soos 60-70 mPa. (koop by Buchel's)

Groete
Douw
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Bedding materiaal

Post by THOMAST »

Ek het Epidermix al verskeie keer gebruik. Dit werk mooi.
bullseye

Re: Bedding materiaal

Post by bullseye »

Waar kan ek epidermix in die hande kry ek bly in Bothaville. Die epidermix is dit nie loperig nie?
Is dit 2 middels wat jy moet meng?

Dankie
Bullseye.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Bedding materiaal

Post by THOMAST »

@ blikke wat jy meng.
Is nie loperig nie.
Het laas by Mica gekoop.
ONTHOU DIE RELEASE AGENT!!
bullseye

Re: Bedding materiaal

Post by bullseye »

Thomast ek het gesien die smit gebruik Kiwi skoenpolitoer, neutrale kleur volgens hom die beste by ander smit gesien hy gebruik spray en cook, wat dink jy?

Bullseye.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Bedding materiaal

Post by THOMAST »

Bullseye, ek het daai produkte nog nooit gebruik nie, maar hier is 'n klomp manne wat daarby sweer, so ek glo dit sal werk.
Ek gebruik 'n skeidingsagent wat in tandheelkundige labs gebruik word, sulke pienk goed wat jy aanverf. As hy uitdroog is hy baie dun en werk mooi. Blaas dit af na die tyd met hoë druk wind.
birklec
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 369
Joined: Sun Oct 14, 2012 8:02 pm

Re: Bedding materiaal

Post by birklec »

Epidermix werk baie goed en jy kan dit by meeste hardeware winkels kry.
User avatar
Geurt
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Sat Aug 10, 2013 2:13 pm

Re: Bedding materiaal

Post by Geurt »

Klomp jare terug het ons almal altyd die produk "Agraglas" gebruik. Hier is 'n link na die Amerikaanse web bladsy waar dit te koop aangebied word.

Groete
Jaco Brink
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Jan 21, 2013 8:09 pm

Re: Bedding materiaal

Post by Jaco Brink »

Epidermix 372 werk die beste. Dit het bykans geen (0.01) krimp en word baie hard. Kyk na die vervaldatum, as dit verby die datum is moet dit nie gebruik nie.
Dit is ook belangrik dat jy die epoxy en die hardner roer voor jy die 2 meng. Die beste opsie bly steeds om na ‘n ingenieurs werke toe gaan en vir jou 2 alu pillars laat draai en hulle dan met die epidermix in die kolf bed.
As jy nie 2 pillars laat draai nie, maak dan seker dat jy lekker dik gate boor en die aksie op die epoxy pillars sit. Daar moet geen hou wees tussen jou baseplate en aksie waar die skroewe deurgaan nie, m.a.w. die geweer draai vas op die epoxy pillars alleen.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Bedding materiaal

Post by andre007 »

Epidermix 372, ek sit bietjie teelgrout by (die eintlikke ding om by te sit is silika sand) maar dan moet n mens n helse sak vol koop om dit bietjie meer body te gee.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Bedding materiaal

Post by LUAN »

Jaco Brink wrote:Epidermix 372 werk die beste. Dit het bykans geen (0.01) krimp en word baie hard. Kyk na die vervaldatum, as dit verby die datum is moet dit nie gebruik nie.
Dit is ook belangrik dat jy die epoxy en die hardner roer voor jy die 2 meng. Die beste opsie bly steeds om na ‘n ingenieurs werke toe gaan en vir jou 2 alu pillars laat draai en hulle dan met die epidermix in die kolf bed.
As jy nie 2 pillars laat draai nie, maak dan seker dat jy lekker dik gate boor en die aksie op die epoxy pillars sit. Daar moet geen hou wees tussen jou baseplate en aksie waar die skroewe deurgaan nie, m.a.w. die geweer draai vas op die epoxy pillars alleen.


Jaco ek verstaan nie so lekke wat jy hier bedoel? As jy nie pillars insit moet jy die bout gate deur die kolf groter boor en die epidermix daar laat inloop?
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Bedding materiaal

Post by Kallie Fernhout »

Nog iets wat baie goed werk om later die aksie los te kry is cobra wax polish wat jy sommer by enige ketting winkel kan koop
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Bedding materiaal

Post by Hein (Haan) »

Ek het van die defcon gebruik en dit het baie goed gewerk.
Sal gaan kyk of ek kan sien wie hou dit aan dit is net aan die duur kant.
Groete
Hein
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Bedding materiaal

Post by Hein (Haan) »

Gaan kyk hier so pot is maklik genoeg om twee geweere te doen
http://www.speccoats.co.za/steel-epoxy.php
bullseye

Re: Bedding materiaal

Post by bullseye »

Dankie Haan ek het DEFCON gekry.

groete
Bullseye.
Jaco Brink
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Jan 21, 2013 8:09 pm

Re: Bedding materiaal

Post by Jaco Brink »

.303 wrote:
Jaco Brink wrote:
Jaco ek verstaan nie so lekke wat jy hier bedoel? As jy nie pillars insit moet jy die bout gate deur die kolf groter boor en die epidermix daar laat inloop?
303

Dit is korrek. Kyk na die foto's. As jy nie alu gaan gebruik boor jy die gate ook so groot soos in die foto maar die hou wat daar was word nou vervang met 'n "non compressable" epoxy soos epidermix 372
20130812_104707_resized.jpg
20130812_104713_resized.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply