Perigrine VRG4 en VRG5
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Perigrine VRG4 en VRG5
Manne ek mik mik so in die rigting van die Perigrinr koeëls vir die 6.5X55.
Nou voor iemand nes ek kapsie maak oor die koste van die koeëls wil ek juis daaroor gesels.
Ek het nou al gelees op hulle webblad en die fabriek geskakel. Ek het ook die selfde inligting by 2 ander persone gekry i.v.m. die gebruik van die VRG 5 koeël as plaasvervanger vir die VRG 4 tydens lading ontwikkeling en speel/papier skiet.
Die teorie is dat in enige gegewe koeël ontwerp in VRG-4(jag spitser koeël) daar 'n identiese VRG-5(soliede koper sonder brass punt) is.
Ek het toe so bietjie uitgevra daaroor. Die idee hieragter is deels dat ek en jy 'n goedkoper jaglading kan uitwerk met die VRG-5(R4.50 elk vir 6.5). Sodra jy nou mooi op koers is en als loop mooi met die lading/spoed/seating depth en groeppe dan pluk jy daai pakkie VRG-4's(R12.50 elk) uit en dupliseer daai resep. As ek reg verstaan sal die 2 koeëls dan mooi op dieselfde plek skiet.
Deur die tegniek te volg kan jy goedkoper speel en ladings ontwikkel en dan die duur koeëls gebruik vir dit waarvoor hulle ontwerp is.
Ek sal graag wil hoor of iemand dit al probeer het en of iemand dit kan bevestig of die teendeel bewys??
Hulle beplan om die VRG-2 reeks so uit te brei dat dit saam met die VRG-3's gebruik kan word.
Ek het hulle data blad en die BC's vir die 2 koeëls word as dieselfde aangegee.
Manne ek sal dit wardeer as ons slegs die vraag kan bespreek aangesien ek al hewige reaksie op die koeëls gekry het op 'n post so paar maande terug.
Baie dankie.
Peet

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Kan nie help nie maar wag in spanning vir terug voer van jou af!! Ek loer al 'n rukkie na die
koeels.
koeels.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Stefan764 het dit getoets. Hoor maar by hom of die koele dieselfde skiet.
Goed, beter, 6millimeter!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Die fabriek is paar blokke van my huis af het eendag gaan kyk en bietjie gebedel vir paar rondtes wou paar toetse doen toe gee hulle my net twee punte!? Sal nie veel help want ek betaal nie R14 vir een punt nie al is die hoe goed!!?
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Hallo Peet
Ek het onlangs, as gevolg van die skaarste aan Barnes en andere oorgeslaan na Peregrine 250gr op my 375 H&H. Het die twee tipes nl VRG4 en VRG5 aangekoop, lekker gebitch oor die pryse, hulle gelaai en is daarmee skietbaan toe.
Ek het redelik gou 'n baie akkurate lading behaal met die VRG5 (binne 2 ladings van 3 elk) en toe die lading op die VRG4 gaan dupliseer. Die POI was bykans identies, en ek moet sê dat die koeëls my nogal beindruk het in die jagveld. Penetrasie was uitstekend, en op die BWB EN Impala bladskote was vleisskade baie aanvaarbaar - minder as 1kg vleis moes weggesny word.
Sal ek die koeëls aanhou gebruik - Ja, maar die ouens sal moet na hul pryse kyk. Mens verwag darem nie om buitelandse pryse vir plaaslike koeëls te betaal nie.
Hoop dit help jou.
Groete

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Ek hou maar by my V-maxse....
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Pvdw
Het jy al na GSC gekyk. Hulle is heelwat goedkoper
Het jy al na GSC gekyk. Hulle is heelwat goedkoper
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Geno ek onthou die post wat hy gemaak het net voor sy toets. Die forum ge search maar kry niks. Ek sal met hom gesels as ek weer in die winkel is. Wil net ook hoor wat ander manne ervaar het.Stefan764 het dit getoets. Hoor maar by hom of die koele dieselfde skiet.
Jean baie dankie vir jou terugvoer. Dis die tipe inligting waarna ek soek. Duur is hulle duur
Andre as bg. tegniek gaan werk sal die Perigrine roette goedkoper uitwerk as die GSC's. Dis hoekom ek die post begin het.Het jy al na GSC gekyk. Hulle is heelwat goedkoper
Peet
-
JacoVOS
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Wed Mar 21, 2012 9:12 am
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Ek het nou al baie oor die prys van ammunisie gedink en ja party is duur veral die perigrine maar dit bly by vere die goedkoopste deel van die jag. Die koeldrank is duurder.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Pvdw. Gsc het ook n goedkoper lyn. Sp/tactical wat vir papier en speel gebruik kan word. Daai pryse wat jy noem is baie billik. Waar koop jy. Vir my .223 sou hulle R11.52 stuk by Zimbi wees - Daarom skiet ek eerder GSC teen R 4.88.
Albei produkte by Gsc is vir my baie goedkoper
Die Gsc Hv vir jag gan jou R10.04 kos en Die Sp vir papier R6.58 elk
Albei produkte by Gsc is vir my baie goedkoper
Die Gsc Hv vir jag gan jou R10.04 kos en Die Sp vir papier R6.58 elk
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Hi Andre, help my gou asb?? Is die 2 koeëls van GSC waarvan jy praat se BC's dieselfde en is hulle veronderstel om selle te skiet as hulle dieselfde gelaai word. Indien dit wel so is sal ek dit regtig oorweeg.
Peet
Peet
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Peet
Stuur vir my jou epos adres dan mail ek gou vir jou daar GSC info. Ek dink op my .243 was die POI verskil tussen die 2 tipe koeels omtrent n 1/2".
Stuur vir my jou epos adres dan mail ek gou vir jou daar GSC info. Ek dink op my .243 was die POI verskil tussen die 2 tipe koeels omtrent n 1/2".
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Hallo Peet
Ek vind beide die VRG4 & VRG5 maar aan die duur kant, dus gebruik ek gladnie die VRG5 om mee "te speel" soos jy na verwys nie. Dit werk net eenvoudig op die lang duur te duur uit. Wat ek wel doen is om gewone loodkern koeëls te gebruik om mee te speel, al moet ek die teleskoop bietjie instel, maar as ek gaan jag, stel ek die teleskoop in met die VGR5, en skiet net een skoot met die VGR4 om te bevestig. Die kostes is dan heel aanvaarbaar.
Ek moet ook bysê dat Barnes koeëls en Peregrine's basies dieselfde kos per eenheid - ongeveer R15-00 per koeël (250gr) Dit grief my net dat ek vir 'n plaaslike koeël wat nog nie juis wereld status verwerf het soos Barnes nie, dieselfde prys moet betaal. Die VRG4 presteer volgens my egter goed, en agv die tekorte soms aan Barnes, is hulle 'n goeie alternatief.
Groete
Ek vind beide die VRG4 & VRG5 maar aan die duur kant, dus gebruik ek gladnie die VRG5 om mee "te speel" soos jy na verwys nie. Dit werk net eenvoudig op die lang duur te duur uit. Wat ek wel doen is om gewone loodkern koeëls te gebruik om mee te speel, al moet ek die teleskoop bietjie instel, maar as ek gaan jag, stel ek die teleskoop in met die VGR5, en skiet net een skoot met die VGR4 om te bevestig. Die kostes is dan heel aanvaarbaar.
Ek moet ook bysê dat Barnes koeëls en Peregrine's basies dieselfde kos per eenheid - ongeveer R15-00 per koeël (250gr) Dit grief my net dat ek vir 'n plaaslike koeël wat nog nie juis wereld status verwerf het soos Barnes nie, dieselfde prys moet betaal. Die VRG4 presteer volgens my egter goed, en agv die tekorte soms aan Barnes, is hulle 'n goeie alternatief.
Groete
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Dis teen my beginsels om die vir punt te betaal Rhinos is net so goed vir jag doeleindes en claw nog beter geprys weet nie hoekom ons altyd gerook moet word deur ons eie mense!?
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Rhinos in die 375 kaliber kos nou R350 vir 'n pak van 25 - dis R14-00 per koeël. Dis nou nie juis besonders goedkoper as die Peregrines of Barnes nie, ongeveer R1-00. Ek hou ook van die Rhinos, maar die Peregrines/Barnes het 'n baie beter BC as die Rhinos, veral as dit by langer skote kom.mariusr wrote:Dis teen my beginsels om die vir punt te betaal Rhinos is net so goed vir jag doeleindes en claw nog beter geprys weet nie hoekom ons altyd gerook moet word deur ons eie mense!?
Omdat ek net jag daarmee, is die kostes aanvaarbaar.
Groete
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Manne ek wil nie regtig pryse sit en gesels en of V-Maxe ook werk nie. Ek wil net weet of die toets met VRG5 en jag met VRG4 regtig werk.
Jean ek sê dankie vir jou vir lekker opbjektiewe posts en sommer goeie inligting. Ek het nou na aanleiding van jou sukses my pakkie van 50 VRG-5's bestel in 125gr. Hulle kos my R4.50 stuk en ek is bereid om dit te betaal vir die toets.
Andre my e-pos is: pvdw2@hotmail.com
Ek het so gou geloer na GSC. Hulle 6.5 jagkoeël is 110gr as ek nie mis lees nie. As dit so is gaan ek vir eers verby hou met hulle. Ek soek iets in die 120-140gr orde.
Peet
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Peet. As jy op die GSC website was sou jy siet wat ek jou wou stuur. Waar het jy daai VRG 5's so goedkoop gekry. Vir my .223 sou die Perigrines R11.52 stuk gekos het???
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Andre die VRG-5, 55gr 224's is R163.70 op hul pryslys. Ek vermoed jy het die VRG-4 se pryse daar beet.
Peet
Peet
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Ek het die VRG-5 gekoop in 338 en hulle het so net net nie R8 elk gekos toe. Baie goeie groepe en akkuraatheid gekry.
Sal hulle weer koop. Vir nou is Hornady interlock @ R5.30 elk 'n goeie alternatief om gonge mee te looi.
Die VRG-4' s gaan ek definitief probeer op 'n SWB.
Sal hulle weer koop. Vir nou is Hornady interlock @ R5.30 elk 'n goeie alternatief om gonge mee te looi.
Die VRG-4' s gaan ek definitief probeer op 'n SWB.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Christo gaan jy die VRG-4's presies laai soos die VRG-5's?? Indien wel sal ek graag wil hoor og beide in jou geval ook op die selle plek skiet. Onthou net om nie TPL dieselfde te hou as ju die VRG-4's laai nie, hulle is so 1mm korter as die 5's.
Sal graag jou resultate wil hoor.
Sal graag jou resultate wil hoor.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Peet vir my gaan die ook maar oor kostes, as die laaities skietbaan toe moet die ammo boksies leeg
Die perigrines vir die 4's gaan my R11.52 kos en die 5's R4.10. Gsc vir jag kos my R4.88 en papier en peste sin kos R 3.56, laasgenoemde gebruik ek vir eers nie aangesien ek hornady bulkpacks gekoop het teen n rapsie oor die R 2 / koeel en so terloops die Hornadys en Gsc se POI verskil ook maar net met so 1/2 duim.
Vir die manne wat die "Greenpepper" koeels laai, gebruik julle normale of barnes data en hoe verskil julle metodiek teenoor die laai hiervan teenoor gewone gemantelde koeels?
Vir die manne wat die "Greenpepper" koeels laai, gebruik julle normale of barnes data en hoe verskil julle metodiek teenoor die laai hiervan teenoor gewone gemantelde koeels?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
ChristoChristo wrote:Ek het die VRG-5 gekoop in 338 en hulle het so net net nie R8 elk gekos toe. Baie goeie groepe en akkuraatheid gekry.
Sal hulle weer koop. Vir nou is Hornady interlock @ R5.30 elk 'n goeie alternatief om gonge mee te looi.
Die VRG-4' s gaan ek definitief probeer op 'n SWB.
Ek dink jy gaan aangenaam verras word met die performance van die VRG4 op 'n SWB, veral met jou 338.
Groete
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Ai, ek wil braak, swakste diens in my lewe.Jean Marais wrote:ChristoChristo wrote:Ek het die VRG-5 gekoop in 338 en hulle het so net net nie R8 elk gekos toe. Baie goeie groepe en akkuraatheid gekry.
Sal hulle weer koop. Vir nou is Hornady interlock @ R5.30 elk 'n goeie alternatief om gonge mee te looi.
Die VRG-4' s gaan ek definitief probeer op 'n SWB.
Ek dink jy gaan aangenaam verras word met die performance van die VRG4 op 'n SWB, veral met jou 338.
Groete
As jy ooit direk wil koop omdat niemand die goed aanhou moet jy jouself vra hoekom is daar nooit stock in winkels.
Vir eens het ek iets gekry, eg Suid Afrikaans, maar selfde as altyd, betaal eers en kry niks later.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
Gsc!!!!!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Perigrine VRG4 en VRG5
As jy hier van Perigrine praat wil ek graag aansluit.Ai, ek wil braak, swakste diens in my lewe.
Ek het 'n bestelling geplaas vir 50X 125gr VRG5's. Het hulle nou al 3 keer geskakel om te hoor hoe dit vorder maar nog niemand het eers na my terug gekom nie!! My oproeppe gaan later meer kos as wat die koeëls werd is.
Ek probeer regtig 'n plaaslike koeël/maatskapy kry om te ondersteun maar Perigrine maak dit moeilik vir my.
Peet