Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Baie geluk John!!!
Jy kan jouself maar op die skouer klop om so naby 'n koedoe te kan bekruip- dit is nie elke man beskore nie!
Pragtige koedoe daardie en dit lyk ook na 'n asemrowende mooi plaas! "Every new beginning is some other beginings end.." dink ek sing hulle in daai song- was dit nie vir regering wat die ander plaas oorgevat het nie, was hierdie koedoe jou nie beskore nie! Ek glo aan alles wat met 'n doel gebeur.
Ek wag opgewonde vir die res van die jag rapport!

-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Tau
Dit is nie net 'n lekker storie nie, maar ook 'n koedoebul om op trots te wees.
Wat sal ons tog maak as ons nie meer kan jag nie?
Groetnis

- ou Bles - Gert
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Sat Sep 29, 2012 9:31 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Mooi storie en mooi bok. Dis my hartsbegeerte om ook so n jag mee te maak
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Pragtige storie, ek het lekker saam gejag. Die bok op my profiel het ook vreeslik trane gehuil, ai dit vat aan mens as so statige dier so hartseer lyk. Sal nog sy storie hier kom plaas. Dankie vir jou moeite om met ons te kom deel.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

vossie1
- Hero Member

- Posts: 2106
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Baie mooi bok en storie,dit is wonderlik dat die boer jou so kan vertrou om alleen op sy grond te jag. Ek het so n plaas waar ek alleen kan gaan jag sonder gidse of toesig,ek is baie bevoreg om so te kan jag 
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Kom nou Tau waar is dag 2??
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Hy bewe nog te veel van bokkoors na daai 7m skoot om verder te kan tik.....FCLoretz wrote:Kom nou Tau waar is dag 2??
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Haha Pieter jy weet mos ons Stormers ondersteuners ken nie vanjaar sulke suksese nie!!!Pieter Vorster wrote:Hy bewe nog te veel van bokkoors na daai 7m skoot om verder te kan tik.....FCLoretz wrote:Kom nou Tau waar is dag 2??
Kerels bietjie laat gewerk gisteraand en Maandag aand, sal hopenlik vanaand kans kry.
Dankie vir die komplimente en jammer vir die spel foute ek het ADD en kan nie iets weer lees na ek dit geskryf /tik het nie, ek raak mal.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Wat is ADD? Ek hoop nie dit is ook 'n spelfout nie! Baie naby aan AIDS?tau wrote:Haha Pieter jy weet mos ons Stormers ondersteuners ken nie vanjaar sulke suksese nie!!!Pieter Vorster wrote:Hy bewe nog te veel van bokkoors na daai 7m skoot om verder te kan tik.....FCLoretz wrote:Kom nou Tau waar is dag 2??
Kerels bietjie laat gewerk gisteraand en Maandag aand, sal hopenlik vanaand kans kry.
Dankie vir die komplimente en jammer vir die spel foute ek het ADD en kan nie iets weer lees na ek dit geskryf /tik het nie, ek raak mal.
Net 'n grappie, Tau.
Ek wag ook in spanning vir jou volgende episode.
Groetnis.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
En arme Fanie Venter word aangevat oor strooi praat...Pieter Willem Vorster wrote:Wat is ADD? Ek hoop nie dit is ook 'n spelfout nie! Baie naby aan AIDS?![]()
![]()
![]()
Goed, beter, 6millimeter!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Jammer vriend, Geno! Bietjie vergeet van jou!Geno wrote:En arme Fanie Venter word aangevat oor strooi praat...Pieter Willem Vorster wrote:Wat is ADD? Ek hoop nie dit is ook 'n spelfout nie! Baie naby aan AIDS?![]()
![]()
![]()
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Nee Oom daai ADD siekte het my vanaf Paarl Gim deur Boland Landbou slae van alle tipiese en soorte laat ervaar. Ek is 'n bewys dat Retilin soms deur wet voorgeskryf moet word.Pieter Willem Vorster wrote:
Wat is ADD? Ek hoop nie dit is ook 'n spelfout nie! Baie naby aan AIDS?![]()
![]()
![]()
Net 'n grappie, Tau.
Ek wag ook in spanning vir jou volgende episode.
Groetnis.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Baie geluk en goed gedoen Stunning
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Ek kom by die huis en my mede jagters is daar. Toe ek aan hulle noem dat ek reeds die middag voor die jag my Kudu gekry het glo hulle my swaar. Ons moet eers die bok op die bakkie as bewys gee voor hulle my glo. Ons maak lekker vuur en die manne is baie rustig. Kruger braai vir ons heerlike steak en ons vat so kouetjie. Teen 20:30 verskoon die Lourens broers hulself en gaan kruip in teen 20;45 slaap al vier manne. Ons het gekom om te stap en jag en die manne is toegwyd tot die jag. Ek is trots al wil ek bietjie celebrate.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4265_zps96ec9975.jpg
Die volgende oggend en na amper 10 ure se slaap is ons teen 07:00 reg om te vertrek. Ek het twee kleintjies by die huis en kan nie onthou wanneer laas ek soveel rus in een aand gekry het nie. Kruger vertel ons dat die plaas BAIE koppies en berge het en om diere te voet te kry werk gaan wees. Ons neem verlief en dring aan op stap en jag. Ek begin by die huis te stap en kry my roet oor die plaas. Stefan het sy roete en word op die middel van die plaas gelos en sy broer word op ander punt afgelaai. Hulle albei soek gitse net om met die roete te help. Ek is alleen.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4267_zpsc68fcbf8.jpg
Vroeg oggend en my eerste tree uit die kamp uit.
Ek stap seker 200m vanaf die huis in die rivierloop in en sal maar meeste van die dag hierdie bos werk. Ek soek nou 'n Rooibok en 2 Vlakvarke. Ek kyk nie eens na die hange en die berge nie, ek is te bang ek sien 'n Kudu en skiet die en dan gaan vroulief my straf.
Ek besef dat die bos so met eerstelig eweskielik lewendig word die voeltjies skreeu en die Southern Boubou's praat omtrent ek gaan in die die mooiste wildpaaitjies tussen die pruimbome en Witgatte in. Die Num-Num bosse het vanjaar sterk gegroei en ek loop my baiekeer vas en moet omdraai. Ek geniet die bos tyd. So op 'n punt voel ek die hare op my nek staan regop. Ek hoor die voels maak sulke korter chirps en die bos klink benoud. Ek stop en luister.....niks ek skuif so 2 m en die volgende oomblik breek die bos 10 meter vanaf my en ek besef hoe sag die wereld om my was en nou klink dit soos bomme wat val. Ek het nooit die kudu bul in die bos gesien nie. Die man hol weg hy is bitter grootmy hart klop so teen die rooi lyn vir 'n minuut of twee. Die bos raak weer stil en ek stap verder. Die km's gaan verby en ek kry duikers, steenbokke en baie Waterbokke teen die pad. Ek sien nie varke nie en die die liggie is koel. Teen 8:45 sien ek die eerstekeer die sonnetjie in die kloof. Ek besluit om te fokus op die westekant van die rivierloop aangesien die son hom nou al vang. Ek hoop die varke loop daar om bietjie warm te raak na die koue nag. Ek loop stadig en hou die wind dop en beweeg stadig en stil. Ek besef daar is beweging voor my. Mens sien mos in die eerste paar ure in die veld alles as 'n ok aan die Witgat se takke word gereeld misgis vir 'n kudu, daai miershoop kry amper 'n .375 rondte in sy boud oor hy soos vark se kind lyk en dan die Swartoog tiptolle en Duiwe wat die onderbos laat raas en jy dink dus 'n Kudu.
Ek laai my Ruger en beweeg stadig vorentoe ek sien die Varke twee van hulle beweeg na regs. Ek druk die kort geweertjie met sy 20' loop in my skouer die gevoel en die teleskoop se beeld is alles 100% die vark stap weg van my op so 45m en ek druk die sneller. Hy val in sy spore ek het gemik vir sy agterkop, maar die skoot se hoek vang eers sy skof en stop in sy kop. Die stilte in die veld is gebreek.
Ek stap nader en maak seker hy is dood en sny sy keel en haal die pens uit. Ek gaan le die vark in die koelte onder 'n bos en merk die boom met toilet papier om later weer die karkas te kry.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4283_zps2174279e.jpg
Ek stap verder en kry nog varke, maar ek wil nie so naby nog een skiet nie, ek wil eers die stilte in die veld terugkry en my kop die jaarlikse stapjag te laat geniet.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4264_zps6b8d01e4.jpg
Ek kry die groot nekke en met die bewolkte agtergrond neem ek die kiekie. Die veld is mooi ongelukkig raak die wind sterker en ek stap so amper 14 km sonder om my rooibok te kry. Ek sien wel landskappe voor my wat prysloos is.

Die suidelike waterfiskaal is een van my gunsteling voëls, baie mooi roepe. Dankie vir nog lekker saam jag.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Dankie Tau, lees nou lekker storie.
Die southern Boubou of suidelike waterfiskaal is baie mooi en as hy eers begin sing dan raak dit nog mooier.
Ek het 'n video erens wat ek sal laai van die fiskaal
Die southern Boubou of suidelike waterfiskaal is baie mooi en as hy eers begin sing dan raak dit nog mooier.
Ek het 'n video erens wat ek sal laai van die fiskaal
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
http://s1192.photobucket.com/user/FCLoretz/media/Nature/DSCF1828_zpsaa92beac.mp4.html
Jammer kliek maar net op die gebreukte foto om na die video te kyk.
hier is 'n foto
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/DSCF1830_zpsa2db80a7.jpg
Jammer kliek maar net op die gebreukte foto om na die video te kyk.
hier is 'n foto
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/DSCF1830_zpsa2db80a7.jpg
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Buk en bekruip -Amok Bokke 2013-
Ons maak 'n lekker vuurtjie in die veld en braai middagete. Ian het darem al 'n Vark geskiet net so voor middagete en sy rekening is oop.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4342_zpsa24cb2ce.jpg
Stafan het letterlik oor twee berge gestap. Ons is almal ingerig met Camelbak's en lekker stapskoene en gemaklike stap klere. In my wereld maak dit die verskil tussen lekker jag en stap met goed wat skaaf en dors wees. Dit maak jou negatief dan konsentreer jy nie op die jag nie.
Ons eet lekkr en verfris so bietjie. NA middagete stap ek so met die berge na die Westekant van die plaas om die wind inmy gesig te kry, maar met die son wat stadig sak is my sig bietjie swak veral in die spekbos waar die takke die skaduwee en lig opbreek. Ek sien Springbokke, Swart springbokk en Ribbokke. hulle gee my kans, maar ek is opsoek na my Impala ram. Ons probeer hard die middag en stap sommer weer 'n lekker entjie, maar ek kry nie die Impala's nie. Die wind gee ons ook sleg pak en blaas ons letterlik rond. Die areas van die plaas is bitter mooi.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4344_zps580379a9.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4343_zpsba6b9ac1.jpg
Ek neem toe sommer ook die plek af waar ek die Kudu geskiet het. Ek was net agter die num-num en die kudu se kop het ek deur die mik in die boom geskiet.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4289_zps88031e6a.jpg
Ons gaan huistoe en geniet 'n lekker braai. Teen 20:30 is almal se flatterye pap en is is vir twee aande in 'n ry saam met die laerskool kinders in droomland.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4345_zps3820c015.jpg

Ek word Saterdag oggend wakker en ek voel sommer vars na die vorige dag se stap...... Ek moet net my Impala kry en Stefan nog sy Kudu, vark en Springbok. Ian moet ook nog Springboke en Kudu kry. Die wind is rof en ons besf die diere gaan le of skuiling soek. Die plaas het baie kos en verspreide water orals in die rivier lope so die diere hoef nie te eet in sulke wind nie. Ons besluit om maar te diesel stalk tot ons diere sien en dan kan die manne bekruip. Ons voel half hartseer dat ons nie vanaf die huis stap nie, maar met eendag en soveel vleis wat nog gekry moet word is dit seker beter so. Die vorige twee dae het ons ook hard gewerk.
Ons kry sommer vroeg 'n mooi Kudubul en Stefan skiet 'n bitter moeilike opdraende skoot op 194m en die bok van in sy spore met die skoot net onder die ken. Die boke is hoog in die berg en dit vat werk om hom af te kry tot waar 'n voertuig hom kan laai.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4341_zpsf2b327c1.jpg
Ons besluit om te stap van daar terwyl die bakkie die Kudu slagkamer toe neem. Ons stap lekker stil in so tipe bushlane. Nie lank nie en Stafan stop met sy hand in die lug en hy herlaai en skiet 'n varkie seker so 15 m ver. Toe die skoot klap spring daar nog een uit wat so 50m van my af hardloop. My Wildevark jagte in die Kaap se oefening skop in en ek volg hom mooi en skiet die skoot. Die stof slaan op en ons gaan kyk , maar niks bloed nie, ons neem foto's van Stefan se vark.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4311_zpsade8ac98.jpg
Ek kan nie glo ek het die vark gemis nie en loop of die spoor van waar die vark geskiet is is, Ek verwag nie veel nie, maar om die volgende draai sien ek iets in die bos. Die vark is morsdood. Ek het sy borskas oop geskiet onder en hy is so 100m verder as waar ek geskiet het. Ek voel bietjie geskok dat hy nog so ver gehol het na 'n 200gr koeel teen 2950 fps hom geslaan het.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4313_zpsa55b110b.jpg
Ons loop aan, maar praat sommer hard, ons wil nie nog varke onderskoot kry nie, anders gaan ek skiet. Die wereld is beveil van die otters en die Natuurbewaarder in my wil die balans herstel
.