Kudu jag in jou drome

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Kudu jag in jou drome

Post by tripodmvr »

Het van die 10de tot die 14de Julie te Derby, suid van Rustenburg gaan jag. Die bosveld hier begin net noord van die dorp en bestaan grotendeels uit karee en olienhout bome met so sprinkeling van soetdoring. Maklik om te stap, maar dit is hewuelagtig.

My mikpunt was om 'n rooibok en moontlik 'n vark daarby te kry. Die rooibok skiet het ek nie dadelik reggekry nie en ek het dus redelik deur die veld getrap saam met die gids. Het ook gesien hoe 'n klein troppie belsbokke losgelaat is op die eerste dag wat ons aangeland het. Die' bokke en die ander blesbokke het ons gereeld raakgeloop en selfs tot 50m te voet van hulle af gekom. Dit is moontlik so omdat geen bakkiejag toegelaat word en ook omdat dit tot dusvêr grootliks 'n boogjag plaas was.

Met my merendeels bosjagte het ek so paar jaar gelede vir die eerste keer dit reggekry om 'n kudubul te verras en hy het omgedop sonder dat hy van my geweet het. Dit was egter 'n jong bul. Terwyl ek en die gids die een dag op hierdie laaste jagtog stap vang my oog iets wat uit pas is met dit wat ek verwag en my verkyker ontbloot 'n pragtige kudbul met 'n welige mop hare op sy bors. Ek kon nie sy horings sien nie en het hom seker vir 5 minute staan en dophou. Die afstand was so 80 meter en hy was sekerlik van ons bewus. In my gedagtes het ek gesien hoe die skoot val en ek het saggies vir myself gesê - jy is dood en jy is myne. Die bok het stadig weggedraai en weggestap.

Ons is ook voort in die algemene rigting waarin hy wegbeweeg het. Toe ons 'n veldpad betree kry ons die bok op so 130 treë waar hy na ons staan en terugkyk. Die keer wou ek hom egter skiet, maar kon die selfoon nie vinnig genoeg aan en op kamera kry nie. Die horings was wonderlik simmetries en met mooi paralelle lyne - 'n pragbok.

Bo en behalwe die kameraderie saam met ou jagmaats sal die' ervaring my altyd bybly as teken van die mooi natuur wat ons kan ervaar.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Kudu jag in jou drome

Post by Marc »

Aai Oom Marius, volgende keer :)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Kudu jag in jou drome

Post by Chevvy SS »

Ai, mooi bly darem mooi...
Post Reply