Geweer lisensies

Post Reply
Quinna
Full Member
Full Member
Posts: 166
Joined: Wed Jan 16, 2013 7:16 pm

Geweer lisensies

Post by Quinna »

Hello manne

Ek wil by julle hoor, soos ek die wet verstaan het kan n persoon 4 jag wapens in sy naam he. Ek het vandag my lis vir my haal geweer gan kry en sommer ook oor my 375 se lisensie uitgevind. Die lis is afgekeer omdat ek 4 wapens reeds op my naam het. Dis 2 rifles die haal geweer en dan n 9mm.

So nou my vraag is dit 4 wapens of 4 rifles.

Die ander vraag is oor die toegewyde status. Ek sal dit nou moet kry om die 375 se lis tekry. Ek sal more by die jagter vereniging an sluit my raag is nou is daar n tydperk wat n mens aan die vereninging moet behoort voor jy aansoek kan doen vir die toegewyde status?

Groete
Quinna
Pressure is something that you find in the chamber, now shut up and shoot
.270 WIN Musgrave, .22 CZ, 9mm Beretta, 12 Guage Vanguard, Howa 375 Ruger, .308 Sako, Howa 6.5Creedmoor, 9mm Glock (waiting for lic)
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Geweer lisensies

Post by Ratel »

Dit is 4 vuurwapens. Vir meer sal jy toegewyde status moet kry. As jy aansluit by jou plaaslike vereniging kan jy sommer ook bespreek om die toegewyde kursus te doen. Daar is nie 'n wag periode nie. Jy sal egter moet wag vir jou sertifikate vir toegewyde status.
Maak 'n verskil
Quinna
Full Member
Full Member
Posts: 166
Joined: Wed Jan 16, 2013 7:16 pm

Re: Geweer lisensies

Post by Quinna »

Dankie Ratel. Ek gan dit more gou doen.
Quinna
Pressure is something that you find in the chamber, now shut up and shoot
.270 WIN Musgrave, .22 CZ, 9mm Beretta, 12 Guage Vanguard, Howa 375 Ruger, .308 Sako, Howa 6.5Creedmoor, 9mm Glock (waiting for lic)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Geweer lisensies

Post by tripodmvr »

Kan nie verstaan hoe die geweerwinkel waar jy die geweer gekoop het jou nie reg adviseer het nie - of was dit 'n privaat koop?
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Geweer lisensies

Post by JPS »

quinna,

gaan kyk bietjie by www.natshoot.co.za dit is die NSA se website. dink jy sal baie vinniger jou toegewyde status daar kan doen asjy net toegewyde status wil doen om meer as 4 lisensie te kry.

mooiloop
JP
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: Geweer lisensies

Post by DanieDegenaar »

JPS wrote:quinna,

gaan kyk bietjie by http://www.natshoot.co.za dit is die NSA se website. dink jy sal baie vinniger jou toegewyde status daar kan doen asjy net toegewyde status wil doen om meer as 4 lisensie te kry.

mooiloop
JP
Stem ook vir die opsie, ek het die SA jagters en Toegewyde pad geloop en het my ses maande gevat om alles agter mekaar te kry. NSA sluit jy aan, vra vir die studie materiaal doen die toets, skiet en dis klaar. Dit gaan baie vinniger.
Quinna
Full Member
Full Member
Posts: 166
Joined: Wed Jan 16, 2013 7:16 pm

Re: Geweer lisensies

Post by Quinna »

More manne

Dankie JPS ek sal so maak klink vir my ook na n beret opsie dan.

Oom Driepoot. Ek en my pa het die geweer saam gekoop en hy sou oorspronklik die geweer eers op sy naam gesit het maar toe besluit hy dit sal beter wees as ek dit op my naam sit vir later as ek die geweer gan oor vat. SO hy doen nou aansoek en ek sal vir n addisionele lis aansoek doen.

Maar toe ons die geweer gekoop het was daar geen vraag of info van hoeveel wapens ons al besit of so iets nie. Dit gan ma mos oor die sale, as dit gedoen is warry hulle mos nie meer nie.

Lekker dag
Quinna
Pressure is something that you find in the chamber, now shut up and shoot
.270 WIN Musgrave, .22 CZ, 9mm Beretta, 12 Guage Vanguard, Howa 375 Ruger, .308 Sako, Howa 6.5Creedmoor, 9mm Glock (waiting for lic)
Post Reply