Vlakvarke

Post Reply
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Vlakvarke

Post by grumpy »

Ek kan gaan vlakvarke skiet by n boer.

Nou wil ek weet, kan ek n gewone spot hand light gebruik of moet dit n dimmer op he? Ek het gevra hy moet voerplek maak vir so 2 weke voor ons gaan.

Ek vra advies asb want ek wil n paar Pumbas gaan haal in die Noord Kaap waar hulle die man se land om ploeg.

Ook moet ek permitte he om te vervoer of hoe gaan ek te werk om die varke te vervoer?

Dankie >:(
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Vlakvarke

Post by mariusr »

Wielneuse skiet jy mos in die dag waarom lig! Hulle loop baie min in die nag en slaap liewers in hul gatte! Dink die permit vir vervoer werk anders in die Kaap as in limpopo!? :o
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Vlakvarke

Post by grumpy »

Ek weet nie en vra raad. Ek sal van plan wees om baie baie vroeg te gaan sit en wag vir hulle.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Vlakvarke

Post by mariusr »

Om die waarheid te se het ek nog net een vlakvark in die nag raak geloop nogal groot beer gewees dink hy het vergeet waar sy huis was of vir die buurvrou gaan kuier!?jy kry hulle gewoonlik vroeg oggend as son op kom maar sal tot die warm gedeelte van die dag een uur twee water kom drink en rond beweeg laat middag raak hulle weer stil!jy kan hom maklik uit oor le sien nie lekker nie maar kan goed ruik! As jy mooi stil sit waar hulle gereeld kom eet en die wind is reg sal jy hom kry so nege uur tot maklik twee uur middag as hulle klompie is en jy skiet een wees wakker jy kry maklik nog kans op ander een veral as hulle nie weet waar jy is nie!?
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Vlakvarke

Post by vlakvark1 »

Oom Grumpy
Ek skiet baie vlakvarke. Reg ek weet miskien is die kaapse vlakvark dalk anders
maar hier by my kom die otters niks voor 7uur in die oggend uit nie in somer en in die
winter sien ek hulle nie voor 9uur die oggend nie

Het al wel hulle laataand geskiet en die laatste was 22'00 die aand
Het hom opgetel met gewone skietlig en toe die lig op hom skyn het hy doodstil bly
staan.

Die beste sal wees om boskamera op te sit en dan te kyk hoe laat die varke kom vreet
vlakvark en bosvark Bvk
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Vlakvarke

Post by mariusr »

En skiet hom op die skouer nie agter die blad sy hart is nogal bietjie voor en hoog net bo die elemboog en hy val net daar! En passop as hy gekwes is wees gereed vir uit heup skiet hy sal storm en jou baie steke gee!!
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Vlakvarke

Post by vlakvark1 »

mariusr wrote:En skiet hom op die skouer nie agter die blad sy hart is nogal bietjie voor en hoog net bo die elemboog en hy val net daar! En passop as hy gekwes is wees gereed vir uit heup skiet hy sal storm en jou baie steke gee!!
Ek skiet ook daar as hy vêr staan maar onder 150m skiet hom waar die kop en die lyf bymekaar kom
baie minder vleis skade of as hy vir jou kyk dan skiet jy hom reg tussen die oë
vlakvark en bosvark Bvk
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Vlakvarke

Post by Jakkie 321 »

Grumpie

Klink meer vir my of jy BOSVARKE gaan skiet veral as jy se daar moet n voer plek gemaak word. As dit bosvarke is kan ek jou baie tips gee. Ek het al n hele paar geskiet met die geweer en boog ook.

Groette
Jakkie 321
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Vlakvarke

Post by BRNO (Pierre) »

Ek is verseker nie n pro nie, maar het die jaar vyf varke op drie jagte geskiet. Vier van hulle was in die laaste uur voor son onder. Dit lyk sommer asof hulle dom is in daai tyd, en die ore werk ook nie.

Ek is verseker met Marius. die laaste twee wat ek geskiet het het saam gedraf. Een plat, en drie sekondes later stop die tweede een, en kry ook iets vir die hoofpyn. Nek skoot werk lekker. Mors lekker min vleis.

Geniet dit, en kom vertel wat het vir julle gewerk.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Vlakvarke

Post by Spanner »

Ek het ook nog nooit vlakvarke in die nag gekry nie. Hulle is daglopers. Ek het hulle al wel baie voorgelê by hulle gate en hulle dan op aandrang van die boer geskiet vir sy plaasmense. Hulle kom nie baie vroeg uit nie, seker eers so 20 - 30 min na son op en hulle keer weer terug gate toe so uur voor son onder. Varke waar ek al gejag en geskiet het, slaap almal in die gate in die nag.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Vlakvarke

Post by vlakvark1 »

Hier is n foto net om tewys hoe laat die otters hier by my nog aan die gang is


https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/HUNT0466.JPG
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vlakvarke

Post by James Wilson »

Ek kry baie varke in die nag. By verre die meeste is ou bere. Hulle fooi nie werklik n oog nie en sien gewoonlik eers die vaal luf en dan besef jy dit is n vlakvark. Ek kry ook baie keer dat die ou bere in die nagte aktief is wat die wind lekker sterk waai. Ek glo dat die varke in die nag loop omdat die varke nou al agtergekom het dat hier nie natuurlike vyande is nie.

Of n mens hulle kan lok in die nag is ek nie seker nie. Het n paar fotos van hulle by die krippe in die nag, miskien is die water die plek om nulle voor te sit
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Vlakvarke

Post by mariusr »

Dis laatnag rondloper varke hulle hou van partytjies en dan maak hulle so!! :): :o
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Vlakvarke

Post by grumpy »

Ek gaan verniet skiet op die boer se plaas. Hulle is so probleem hy is bereid om te betaal vir elke vark! Ek wil maar net die vleis he om te gebruik. Gaan sommer vir die familie ook kuier. Bonus!!
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Vlakvarke

Post by Jakkie 321 »

grumpy wrote:Ek gaan verniet skiet op die boer se plaas. Hulle is so probleem hy is bereid om te betaal vir elke vark! Ek wil maar net die vleis he om te gebruik. Gaan sommer vir die familie ook kuier. Bonus!!

Jus daai is nou n geluk. Dit moet skejer iewers in die Transvaal wees?
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Vlakvarke

Post by Jakkie 321 »

James Wilson wrote:Ek kry baie varke in die nag. By verre die meeste is ou bere. Hulle fooi nie werklik n oog nie en sien gewoonlik eers die vaal luf en dan besef jy dit is n vlakvark. Ek kry ook baie keer dat die ou bere in die nagte aktief is wat die wind lekker sterk waai. Ek glo dat die varke in die nag loop omdat die varke nou al agtergekom het dat hier nie natuurlike vyande is nie.

Of n mens hulle kan lok in die nag is ek nie seker nie. Het n paar fotos van hulle by die krippe in die nag, miskien is die water die plek om nulle voor te sit
Sjoe ek sou nie maklik geglo het dat vlakkie in die nag rondloop nie. Wys jou net hoe die natuur kan aanpas. James is dit moontlik om n paar fotos op te laai asb?
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vlakvarke

Post by James Wilson »

Jakkie, as maandag blues bietjie oor is dan sal ek n foto of twee plaas
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Vlakvarke

Post by 375fanatic »

vlakvark1 wrote:Oom Grumpy
Ek skiet baie vlakvarke. Reg ek weet miskien is die kaapse vlakvark dalk anders
het jy al gehoor hoe skree daai varke ?

STOOOOMEEERS !!!!!!!!!STOOOOMEEERS !!!!!!!!!!!

jy sal sien hulle het ook nie voortande nie :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: >:D :'( :'( ++>:
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
stan man

Re: Vlakvarke

Post by stan man »

jaco vos het nou die ander aand by my n skoot op n vark gery laataand. ek het agter gekom die varkies kom nogal uit as dit redelik windstil is en as die maan redelik helder is. ek persoonlik dink n pjorkie is meer ingesteld op gehoor as sig.
andersins kry jy varke in die oggend redelik vroeg na sons opkoms en redelik na aan sons ondergang. deur die dag kry ek hulle in die bos as hulle koelte soek en in die blare onder die bome rondkrap.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Vlakvarke

Post by grumpy »

375 Fanatica,

Dan skreeu hulle nog met daai helium stemmetjies!!! LMGA!!!! ;D ;D ;D
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Vlakvarke

Post by Piet Pille »

Hulle loop hier by ons wel soms ook in die nag maar dis 90% die groot bere en gewoonlik as die maan vol is. Ek vermoed dit het te make met die boere wat hulle vet gee in die mielies en daarom pas hulle hulle eetgewoontes aan.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vlakvarke

Post by James Wilson »

http://i775.photobucket.com/albums/yy34/jameswilsontt/image_zps0e563fc8.jpg

Net n opmerking, hierdie is die eerste vark wat ek afgeneem het die eerste aand toe ek n trailcam getoets het, die datum en die tyd is foutief dit was iewers in Januarie 2013 en die tyd was 2 ure te vroeg. Maw die tyd moet lees 1:00 die oggend.

Net nog n paar sulke fotos, sal dit plaas so tussen die roep deur
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vlakvarke

Post by James Wilson »

Dit is n beer te kenne aan die swart merke onder sy oe. Dit is n teken dat dit die teelbul van die area is. Kyk maar die ou bere met die mooi tande is gewoonlik skoon onder hulle oe. Die jong manne het hulle uitgeskop. Dit is mos n teken van maturity die ou bulle teel nie meer nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Vlakvarke

Post by theedge »

Ek skiet baie in die nag - verskillende tye - vlakkies het ek op n paar geleenthede in die aand gekry, Dit is egter waar hulle baie in die dag gepla was of waar die weer baie sleg was. Vind nou dat ek hulle net voor donker kry, maar in die algemeen is dit waar die veld bedrywig is met boerdey. Andersins kry ek hulle in die dag - sou se jou beste is maar in die dag jy sal gou hulle manier leer as hulle nie geroer word nie is hgulle maar ekle keer op die selfde plek.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vlakvarke

Post by James Wilson »

theedge wrote:Ek skiet baie in die nag - verskillende tye - vlakkies het ek op n paar geleenthede in die aand gekry, Dit is egter waar hulle baie in die dag gepla was of waar die weer baie sleg was. Vind nou dat ek hulle net voor donker kry, maar in die algemeen is dit waar die veld bedrywig is met boerdey. Andersins kry ek hulle in die dag - sou se jou beste is maar in die dag jy sal gou hulle manier leer as hulle nie geroer word nie is hgulle maar ekle keer op die selfde plek.

Manne, lees tog hierdie stuk van theedge mooi deur en let op al die info. Dit is my presiese ondervinding van die varke.

Hulle kan in die nag loop, maar die dag is hulle kos. Hulle is gewoonte diere, as jy hulle twee keer op dieselfde tyd op dieselfde plek kry, sal hulle weer daardie selfde tyd en plek daar wees, jy kan hulle maar voorsit op daardie tyd op daardie plek.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply