teleurstellende koel prestasie
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
teleurstellende koel prestasie
Ek heg hierby aan foto's van 'n so genaamde core bonded .308 200gr koel , nadat ek 'n koedoe bul van agter afgeskiet in die brein. Die koedoe is geskiet met 'n 30-06 op 100m met 'n tromp snelheid van 2400 vps. Die koel is nie deur nie en is gekry in die breinholte. Die koel het 68 gr geweeg 
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: teleurstellende koel prestasie
Watse koeel was dit??? In my 308 skiet ek Hornady interlock 180gr koels en kry uitstekende rusultate teen 2430fps. Selfs op n eland het ek goeie prestasie gekry.
Snaaks dat jou koeel so lyk teen so n lae spoed.
Groetnis
Snaaks dat jou koeel so lyk teen so n lae spoed.
Groetnis
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Op watse stadium van die bok se dood het die koeël gefaal?
Goed, beter, 6millimeter!
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: teleurstellende koel prestasie
Dit was 'n Quest "core bonded", net goed vir papier skiet 
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: teleurstellende koel prestasie
Ek vrek daaroor as jy dit elke keer vraGeno wrote:Op watse stadium van die bok se dood het die koeël gefaal?
Veiligheid eerste manne!
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
+1BRNO .06 (Pierre) wrote:Ek vrek daaroor as jy dit elke keer vraGeno wrote:Op watse stadium van die bok se dood het die koeël gefaal?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Eks geneig om daai selde vraag as Geno te vra vir boogjagters.
Die bok is dood, dus het die koeël sy werk 100% gedoen in my opinie,
Tog noem die man dat die koeël swakmpresteer het en nie gefaal het nie...
Die bok is dood, dus het die koeël sy werk 100% gedoen in my opinie,
Tog noem die man dat die koeël swakmpresteer het en nie gefaal het nie...
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
+1 GenoGeno wrote:Op watse stadium van die bok se dood het die koeël gefaal?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Die man se nerens die koeël het gefaal nie. As hy met jou merc see roe ry en die boekie se jy gan 10km/l kry en jy kry net 8km/l is dit teleurstellend, jyt immers by die see uitgekom...
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Ek het 'n Bwb geskiet met my 30 06 met 'n pro amm 180gr koel op die blad sy het net daar geval al wat ek kon terug kry was 57,3 gr die koel het sy werk gedoen met relatief min vleis skade .Moet 'n mens bekommerd wees oor die opbreek van die koel ? Hy het sy werk gedoen .Of is dit ook 'n geval van my koel is groter as joune.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Die vraag wat dan gevra moet word is sou die koeel sy werk gedoen het as die skootplasing nie 100% was nie?
Sou hy die bok gedood het as hy eers groot been getref het?
Niemand sal verseker se nie,maar sal jy bereid wees om die kans te waag en dalk n bok te verloor?
Ek sou nie!
Sou hy die bok gedood het as hy eers groot been getref het?
Niemand sal verseker se nie,maar sal jy bereid wees om die kans te waag en dalk n bok te verloor?
Ek sou nie!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: teleurstellende koel prestasie
Swede, gee bietjie meer inligting hier asb. Watter core bonded koeel is dit die? Uit watter ammunisie is dit geskiet? Die gewigs retensie is seker nou nie helse wat wonders nie, maar jou bok le?
Veiligheid eerste manne!
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Stem Hugo...Hugo wrote:Die man se nerens die koeël het gefaal nie. As hy met jou merc see roe ry en die boekie se jy gan 10km/l kry en jy kry net 8km/l is dit teleurstellend, jyt immers by die see uitgekom...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Ek het nou al met verskillende koeels kopskote geskiet met my 7x57 (150gr - 170gr). Dit is van Rhino, Barnes-X tot gewone loodkern koeels en het maar gewoonlik die koeel in die kop gekry. hulle gaan nie sommer net deur nie. Koeels soos Claw lyk maar soos jou Quest (mens kry ook Quests in verskillende wanddiktes, ek weet nie watter een jy gehad het nie). Ek het nog nie Quests gebruik nie, want hulle is nie verkrygbaar in 7mm (.284) kaliber nie.
Ek vermoed ons wil soms 'n standaard koeel gebruik en wil dan he die Koeel moet gewigsretensie he en moet lyk soos 'n monolitiese koeel as hy klaar sy werk gedoen het. Ek dink daai koeelwat hier aangetoon word, het gepresteer soos wat hy moes en sal doen elke keer wat jy hom in daardie situasie gebruik.
Groete,
JHN

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Dalk was die Merc so bietjie swaar gelaai want ouma en haar poedel het saamgery.Hugo wrote:Die man se nerens die koeël het gefaal nie. As hy met jou merc see roe ry en die boekie se jy gan 10km/l kry en jy kry net 8km/l is dit teleurstellend, jyt immers by die see uitgekom...
Die koeël het 2 keer beengevang. Eers op die ingang, en toe op die uitgang. Dalk is daar 'n nekwerwel ook raakgeskiet.
Ons weet nie watse hoek die koeël teen penetreer het nie, so dis als maar raaiskote.
Goed, beter, 6millimeter!
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: teleurstellende koel prestasie
PierreBRNO .06 (Pierre) wrote:Swede, gee bietjie meer inligting hier asb. Watter core bonded koeel is dit die? Uit watter ammunisie is dit geskiet? Die gewigs retensie is seker nou nie helse wat wonders nie, maar jou bok le?
Dit was a Quest 200gr core bonded, gelaai met 51gr S365.
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: teleurstellende koel prestasie
Slim manne, wat sou met die koeël gebeur het as die spoed 2800-2900 v/s was?
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Miskien moet Swede vir ons se wat sy verwagting was met die koeel en hoe dit teleurgestel het, volgens hom.
Dis moeilik om regtig opinies te gee as die inligting oor die skoot gebrekkig is. Ons weet dis 'n kopskoot, maar waar het hy gemik, waar het die koeel getref en hoe het dit 'n impak op die koeel se performance gehad. Bv, as die koeel eers 'n nekwerwel getref het en toe in die breinholte in gedeflekteer het, dink ek jy het jou geld se waarde dubbel en dwars gekry. Indien dit van enige kant direk in die skedel in is, dan kan ons begin debatteer oor koeel performance as dit 'n bladskoot was deur 'n dik been. Weereens, "horses for courses".
Dis moeilik om regtig opinies te gee as die inligting oor die skoot gebrekkig is. Ons weet dis 'n kopskoot, maar waar het hy gemik, waar het die koeel getref en hoe het dit 'n impak op die koeel se performance gehad. Bv, as die koeel eers 'n nekwerwel getref het en toe in die breinholte in gedeflekteer het, dink ek jy het jou geld se waarde dubbel en dwars gekry. Indien dit van enige kant direk in die skedel in is, dan kan ons begin debatteer oor koeel performance as dit 'n bladskoot was deur 'n dik been. Weereens, "horses for courses".
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: teleurstellende koel prestasie
Die Quests kom in verskillende wand diktes. Watse een het jy gebruik?
http://www.questbullets.com/pricelist.htm
http://www.questbullets.com/pricelist.htm
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Was netnou my vraag ook..303 wrote:Die Quests kom in verskillende wand diktes. Watse een het jy gebruik?
http://www.questbullets.com/pricelist.htm
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Onthou ook as mens van agter skiet na die kop, jy deur die oksipitale been moet gaan om in die breinholte te kom. Dit is 'n baie dik been, veral waar die skedelbasis is.
Die dik been kon ook 'n veranderlike gewees het wat gemaak het dat die koeel presteer het.
Ek se ook, die bok is dood, hoekom kla? Ek glo nie die koeel gaan so lyk as jy bladskoot skiet nie. Mis die groot bene en daai koeel skiet deur 'n bok gemaklik

ek soek nog wapens...
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Geno wrote:Dalk was die Merc so bietjie swaar gelaai want ouma en haar poedel het .Hugo wrote:Die man se nerens die koeël het gefaal nie. As hy met jou merc see roe ry en die boekie se jy gan 10km/l kry en jy kry net 8km/l is dit teleurstellend, jyt immers by die see uitgekom...
Ouma en haar poedel kan die bus vat.
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Quest maak so as jy die 0.71 wand dikte gebruik op groter wild soos kudu.Ek gebruik die 150gr sowel as die 174gr in 0.71 vir jare met dieselfde resultate as Swede en ek skiet net bladskote.Het nou onlangs weer my kudu met 150gr 0.71 geskiet en net daar geval.Het nog nooit 'n bok gekwes met Quest nie. Alhoewel op Quest se website duidelik noem dat die 0.71 nie vir groter wild geskik is nie gebruik ek dit met baie goeie resultate.Vir my sê dit baie wat die kwaliteit betref.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: teleurstellende koel prestasie
Die koedoe bul het ek direk van agter geskiet, ek het gemik vir die area/ basis van die nek en die kop, en dit is ook waar die koel getref het. Ek sou dink dat die koel tenminste meer gewig sou behou het. Ek was nie by toe die koel gevind is nie, omrede ek die bul afgelaai is vir afslag en moes nog 'n rooibok gaan haal met die bakkie. Die spoorsnyer het my meegedeel dat hy die koel herwin het in die breinholte. As ek reg kan onthou het die koel 'n "jacket" dikte van 0.71 mm gehad.Johan Nel wrote:Miskien moet Swede vir ons se wat sy verwagting was met die koeel en hoe dit teleurgestel het, volgens hom.
Dis moeilik om regtig opinies te gee as die inligting oor die skoot gebrekkig is. Ons weet dis 'n kopskoot, maar waar het hy gemik, waar het die koeel getref en hoe het dit 'n impak op die koeel se performance gehad. Bv, as die koeel eers 'n nekwerwel getref het en toe in die breinholte in gedeflekteer het, dink ek jy het jou geld se waarde dubbel en dwars gekry. Indien dit van enige kant direk in die skedel in is, dan kan ons begin debatteer oor koeel performance as dit 'n bladskoot was deur 'n dik been. Weereens, "horses for courses".
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: teleurstellende koel prestasie
Maak nou nie saak hoe jy dit sien nie, die website sê dit is 'n core bonded koeel en dit lyk nie vir my of baie van die core in die cup gebly het nie.
Mens sien wel dat daar lood aan die wande se binnekant sit, so daar is definitief 'n tipe bonding. Die dikker wande sal seker minder vervorm en die lood nog beter vas hou.
Ek sou ook sê dat as ek kop of nek skote skiet soek ek 'n koeel wat so bietjie meer opbreek. Dit is nou nie te sê dat ek nie 'n kopskoot met 'n mono sal vat nie