Ek het toe sommer Donderdag aand draai gery na my ou roep plekke om die stoel te toets so met die koue front wat in kom hier oor die transvaal.
Hier is hoe my stoel nou lyk.

Ek het op twee plase geroep. Hulle is so 600 HA elk so 10km uit mekaar uit.
Eerste jakkals kry sommer vinnig pakslae

Skuif na tweede stand.
Gelukkig is die lande gestroop so ek kan bietjie verder sien.
Begin roep en nie lank nie of ek het nog 'n jakkals maar die bogger is onder die wind. Hy gaan steek vas so in die omgewing van 200m
Hier is die geleentheid om die stoel te toets vir ver skiet.
Hy gaan steek vas en draai lekke dwars. Die 22K Hornet praat en hy begin spin. Ongelukkig is hy in die lang gras in. Gaan soek bloed na rukkie maar kry niks. Hy is lekke gepunch die 45gr SP het hard geklap. Hy gaan die weer vleis steel nie.
Skuif na volgende stand in die soneblom lande. Die koue front het deur gekom soos stoom trein. Bewolk, donder weer in die verte en sterk wind waai dat dit bars.
Sit die spitfire uit so 80 meter v die bakkie af. Begin roep en met die 2 de keer wat die lig 360? gaan staan die jakkals op so 130m in die pad. Die 22K klap en hy spin en is grond toe.
bly roep en na rukkie kry ek nog jakkals oog. Die een steur hom glad nie aan die klanke vd caller nie. Hy jag muise in die soneblom hy beweeg rondom reg onder die wind in gee nie skoot tussen al die sonneblom stingels nie.
Na seker 10 min wat ek hom dop hou is hy so 100 meter vd bakkie af en toe maak hy die vout om uit die sonneblom te kom en my skoot te gee...
22K blaf en nog jakkals kry pakslae.
Nou so net na 22:00 en skuif na die ander plaas toe.
Oppad na die stand toe roep die jakkalse sommer naby.
Op die stand gekom sit ek die spite fire uit so 60 meter van die bakkie af. Ek het 'n toutjie aan die caller vas gemaak so ek hang hom sommer aan die een lyn draad.
Toe ek die lig aan sit is daar toe 2 jakkalse so op 170 meter. Begin roep en onmiddelik draai die jakkalse en die reun kom in. Wag dat hy lekke naby kom en toe hy staan dop hy om.
Ander jakkals gee pad, bly stil vir ruk. Die wind waai nog steeds sterk.
Begin weer en dis nie lank nie of ek het weer 2 oppad.
Hulle is besig om te onder die wind te wil kom van die caller en ek wag. Toe hulle so by 100 meter is klop ek die agterste 1 die ander jakkals draai draai en toe hy vas steek kry hy ook 'n 45gr pil en hy is grond toe. Hierdie is my eerste vol waardige (double)...

Die reun was die 2de jakkals wat ek geskiet het en hy was groter as die teef...
Swaai weer die lig en daar is nog 'n jakkals onder die wind hy is ver en gee pad...
Sit die caller af en na ruk kry ek weer oe...
Sit die caller aan en nog twee jakkalse kom in. Kry skoot op die agterste een en hy is ook grond toe. Die ander jakkals se oe verloor ek en toe hy weer kyk skiet ek maar daai was 'n regte pluk en sien die stof slaan langs hom.
Dis nou net voor 00:00 en die wind is koud en nog steeds sterk en net toe ek wou oppak kry ek nog 'n oog. Die jakkals kom in en is nie lank nie of hy kry ook sy medisyne...
Ek skiet nie vir geld nie ek roep vir my plesier.
Die boere by wie ek roep vertrou my dat daar nie ander goed soos duikers geskiet sal word nie of dalk 'n bees...
Vir die tipe van roep is my 22K Hornet perfek (45gr SP teen 2800fps) ek moet maar net bietjie slimmer roep om jakkals se kind binne 150m in te laat kom en vir my skoot te gee.
Ek roep baie in die hoe veld en bos veld en die taktiek verskil so bietjie....
Maar ek is baie bly die skietstoel is weer reg en ek skiet darm nog reguit behalwe wanneer ek pluk... ;D
Hoop julle het die roep sessie saam met my geniet...
