Nou vanmiddag sien ek een van die blikskottels in die tuin kry my seun vinnig nader en die .22 en kry hulle nie sover op 40 m net voor donker rustig in die boom. Dit is 'n jong aap en hy skiet, die skoot is raak maar hy sit net daar ek se herlaai en skiet hom weer tweede skoot raak maar toe gaan sit hy eers in die doringtakke in die boom.
Ag nee nie al weer nie sy tweede aap en die sit ook in 'n boom hoog
Maar wag toe kom sy maatjie en wonder waar sy maatjie is ek vat gou die .22 uit sy hande en die ene sit toe mooi verskuil maar ek het 'n skoot en die skoot loop hy val agteroor en ons hoor net doef op die grond seker so 8 meter val.
Ek se toe vir my seun toemaar die ape is dieselfde size jy kan my aap vat vir jou foto
Nou ja kyk die aap killer is net vol smiles kyk maar hieronder. Plus Oupa moet om beloon vir twee ape ek bly stil oor myne, die ander een kan jy duidelik in die boom sien.
Pa, is natuurlik baie trots veral daardie tweede opvolg skoot wat hy toe weer raakgeskiet het.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/AaronApie4_zps98203571.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/AaronApie3_zpsff2a4aba.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/AaronApie2_zps536591af.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/AaronApie1_zpsc443f059.jpg


