29 junie se jag
-
stan man
29 junie se jag
die naweek het ek n pa en seun veld toe gevat om te gaan jag. dit was die jongman se eerste jag en ek moes baie tyd met hom spandeer om sy kop reg te kry.
ons het gebuk en bekruip,want sy pa wou dit so he. hy was in die mark vir n rooibok ,maar om met n kind te buk en bekruip wat nie die konsep van saggies loop en bly in die voetpaaie verstaan nie is moeilik. dan kom die opgewondenheid ook nog deur en hoor jy ewe skielikk n uitroep van daar is hy oom. dan hoor jy net takke kraak en sien jy net bokke hardloop.
maar einde ten laaste kon ons darem n rooibok ooi op 142m kry om plankdwars te staan en kyk vir ons. ek het die skietstok opgestel en die jongman het in plek gekom.ek het hom deur die skoot gepraat om die balans te hou en die skoot het geloop. die bok het in die lug opgespring en op die plek neer geslaan en bly le.die jongman se eerste jag was darem n sukses.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1204_zpsb4e490de.jpg
toe was dit pa se beurt. maar pa het so n bietjie gehakkel. ek dink pa het bokkoors gehad en het dit vir homself gehou. hy skiet toe n blesbok 2 keer mis op onder die 200m. terug skietbaan toe en pa stiet n duim groepering op 150m met my .270.
dit word laat en ons is gedruk vir tyd. ek praat met hom en hy verstaan dat ons nou maar iersie groters moet skiet in die plek van n rooibok en n blesbok. ek ry na die plek toe waar ons die laaste keer die swb'e gesien het en ek is baie verlig om hulle nog in die omgewing te kry.baar is n mooi bul in die trop en ek beduie hom dit is die een. na omtrent 10 min se wag gee die dok hom kans op n pragtige blad skoot.die .270 praat en ek sien dit was n long skoot en die bok draf so n lui draffie weg van ons af. die probleem is net die son gaan onder. na so nlui draffie van omtrent 800m besluit die bees om te gaan le. ons bekruip die bees en die skoot is aan op so 100m. ek beduie hom om agter die oor te mik en die skoot loop. en toe is die dinges los. hy skiet n mooi ring skoot ek daardie bul kry nuwe spoed. ek lig die roer en en kry die spoed saammet die bok reg en gooi lood. daardie wildebees lyk soos n akrobaat en doen allerhande snaakse toertjies teen n hoe spoed voordt hy in n stofwolk tot stilstand kom. dankie tog ek het nie meer nodig om na sononder te gaan soek vir n gewonde dier nie.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1223_zps7609b160.jpg
nog n jag dag verby ,en beide pa en seun is so moeg dat hulle altwee ete mis en eerder die bed gaan opsoek.
dan moet ek byse. my seun,rickus was die naweek uit op sy eerste jag saam met my as hulp gedurende die jag. ek is so trots op my kind dat hy hom so goed gekwyt het van sy taak.

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 29 junie se jag
Dankie Frans, Danie is 'n vriend van my en ek is bly hy kon by jou geholpe raak! Hulle het dit baie geniet!
Aim small, miss small
- Smiley
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Re: 29 junie se jag
Mooi gebaar stan man, daai seun gaan jou lank onthou.
-
stan man
Re: 29 junie se jag
more eugene
dankie vir die verwysing. danie en sy seun is twee baie gawe mense en dit is n kolosale plesier om te jag met mense wat in die mark is om te leer,eerder as mense wat jou wil leer.die kleinman se skoot was uit die boeke uit,en ek kon nie vir beter gevra het nie. toe die tyd begin druk was danie die ene ore vir enige voorstel wat gemaak is. hy was redelik op sy senuwees oor swb skiet maar het mooi geluiter en mooi geskiet. die donker sou ons egter vang en ek het hom n tweede skoot gegee. dit was seker nie my beste roep nie,maar ons het die bok kon laai. die karkas nadat ons die vleis skade uitgesny het,waar ek hom geskiet het was 82kg. ek gaan nog sy horings laat meet ,want dit is defenitief langer as 24 duim.
op die einde van die naweek het byde ek en my seun boonop n lekker fooitjie gekry ,en ek sien uit daarna om hom n volgende keer te kan uitvat veld toe.
ek moet se ek het lanklaas n jagter gesien wat so nederig is.die man het baie respek vir die natuur,en die Skepper. ek moet dankbaar wees vir die kwaliteit mense wat hierdie jaar op my pad gekom het.

Ons Klerksdorpers is goeie mense, al is ons karre gedrop... 
Aim small, miss small
-
stan man
Re: 29 junie se jag
moet net nie vergeet ek en jy is alby tappets nie.
wannneer gaan ons n slag daardie plaas van jou aanval??
ek moes die naweek weer in detail hoor hoe mooi dit daar is.
wannneer gaan ons n slag daardie plaas van jou aanval??
ek moes die naweek weer in detail hoor hoe mooi dit daar is.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 29 junie se jag
Frans, sodra ek eendag tyd kry om daar uit te kom...
Ek was die naweek op 'n rampspoedige gemsbokjag en gaan van Saterdag af bietjie Natal toe. As ek terug is, praat ons!
Ek was die naweek op 'n rampspoedige gemsbokjag en gaan van Saterdag af bietjie Natal toe. As ek terug is, praat ons!
Aim small, miss small
- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 29 junie se jag
Ek wil nie jou topic hi-jack nie, kom ek sê maar net om 'n trop gemsbokke te jaag met 'n bakkie totdat hulle bekke oop is en tonge uithang en dan een te skiet oor hulle te moeg is om verder te hardloop, is nie my idee van jag nie....stan man wrote:wat was so rampspoedig?
Klaarblyklik was dit die boer s'n, so ek het net die bok wat hy in die hardloop gekwes het, geskiet en toe gepak en gery...
Aim small, miss small
-
stan man
Re: 29 junie se jag
ek sien dit nie as hijack nie.ek het gevra.
ek is jammer om dit te hoor. ek en die jaag ding verstaan mekaar ook verkeerd.
so n paar jaar terug het ek n paar oorsese manne gehad wat volstruise kom skiet het by my. hulle klim op die bakkie met hael gewere en ons is toe veld toe. die plaas eienaar bestuur en ek sien hier kom daardie moeilikheid wat ek die vorige aand van gedroom het. die volstruise word op spoed gejaag,en as die bakkie langs hulle inkom dan loop hulle oop met die haelgewere. dan is dit n gelg en n gespot met die dier wat vermink is.
hulle het so 5 geskiet ,toe gaan eet ons. ek het vinnig n verskoning gekry om nie saam op die bakkie te wees met die tweede trip nie. die volgende wat ek toe van daardie trippie gehoor het,het toe gegaan oor dokters besoeke en n ford f250 wat redelik bebuig was. hulle het n vliegles gevat en toe in n spruit te lande gekom.

2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: 29 junie se jag
So moet die nuwe geslag mos leer jag!