eugene vd berg se eland jag

Post Reply
stan man

eugene vd berg se eland jag

Post by stan man »

en so breek die naweek aan. die manne ry die slegte pad jagplaas toe ,en kom so half ses op die plaas aan. ons jaag en is uit op n trekbok jag. die plaas eienaar verdwaal en kry nie sy eie plaas nie. einde ten laaste kry hy darem sy plaas en kan ons begin nagjag. daar ry toe darem drie bokke bakkie. http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1067_zps428e726d.jpg
vrydag oggend vroeg ry ek en ben voor sonop om n varkie te gaan soek.http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1071_zps7ad61a5b.jpg
met die terugkeer kamp toe vir ontbyt kry ben n skoot op n mooi vark.http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1082_zpsa1a15573.jpg ons maak toe klaar na ontbyt en gaan soek eugene se lank verwagte eland. dit is harde werk en die elande kruip weg in die bos.einde ten laaste kry ons n mooi trop en na n lang buk en bekruip,kry eugene die perfekte skoot in op so 150m. die bok loop so 10m en sak inmekaar.http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1086_zpsf57cddbf.jpg
die einde van nog n dag. sat oggend vat ons weer die pad opsoek na rooibokke. die diere is egter baie sku en ons kry net nie die geleentheid om te skiet nie. ben het toe darem n mooi ram gekry met n perekte kopskoot van die stokke af.dit is lekker kliprante en ons was redelik moeg na n dag op die bakkie,en heel party km se loop.http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1135_zps7c1de6a3.jpg
later die dag het eugene iemand se poach bok se kwesskoot uit gehelp. die manne poach ontsettend langs die rivier,en ek sal mal wees daaroor om n poacher n blou boontjie te kan voer.

dankie vir n lekker groep mense wat eties en korrek jag. dit was n voorreg om julle in die veld te he.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: eugene vd berg se eland jag

Post by FHM »

Lekker kort en interressante jagweergawe Stanman ;)
Netjies gedoen en great fotos - geluk!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: eugene vd berg se eland jag

Post by Jakkalsgat »

Goed gedoen, snaakse Elandkoei daai, lyk of haar pa engelse bloed gehad het maar nietemin mooi koei ek skat 210kg ;) karkas wat vleis en been insluit.

Groete
Jaco
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: eugene vd berg se eland jag

Post by evdberg »

Die tyd het net te vinning verby gegaan in die veld hoor. Die pad soontoe was maar aaklig - 380km gery in 5.5ure - slegte pad ! Huis toe 3.5 ure !
Baie Mooi plaas - ongelooklikke views, teen die vaalrivier.
Die Eland Koeie het 210KG op hak geweeg (vleis en been) - mooi geskat Jaco ;D , het jy "inside info" iewers gekry ?
Die Eland het toe 145kg skoon vleis gegee - biltong en droe word hang al klaar. Die Eland Filet het gister die lekkerste carpaccio gemaak - konings kos !
My 165gr bruin PMP (.308 HOWA) het het op 150m amper dwars deur gegaan - ek het die punt herwin teen die vel aan die anderkant - net langs die blad - nie opgebreek nie.
Die trek bokke (sprinkbokke) was n ervaring - nie op die beste noot begin nie - maar Ek en Ben het ons 2 bokke op so 265m gestamp - Ben eerste - sy bok gaan rus en die se maat bly net staan - toe vat ek maar die geleentheid. Ek het n mooi ram van 22.5KG laat bakkie ry.
Ben se vark het 82KG heel gehang - 49.5KG vleis en been.
Ben se Rooibok was 36KG - Vleis en Been - 136m kopskoot - optraande ook nog !
Kyk ons het hard gewerk vir daai rooibokke - ek het net nie n kans gekry vir n skoot op my rooibok nie - die twee geleenthede het "kwes" so op die bok gestaan - toe los ek maar.
Ons verlig toe n kwesbok uit sy leiding - klein knyp koppie van 22KG teen die rivier. Hy het al teen die draad af gehardloop - toe oons lang hom kom en daai tong hang to skuins uit, en daai bruin oe se vir jou - help my - dan krimp n man se hart ! Dan doen jy maar wat jy moet doen - jy help.
Sal daai poacher graag wil kry .... ek het n paar dinge wat ek met hom sal doen - die truth en reconciliation commission sal dit nie eers wil aanhoor nie !
Die oggende was so -5'C - ons het lekker gebewe hoor.
Frans was elke oggend vroeg gereed om ons uit te vat - ek weet nie waneer die man slaap nie hoor
Last edited by evdberg on Tue Jun 18, 2013 3:15 pm, edited 2 times in total.
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: eugene vd berg se eland jag

Post by FHM »

Eugene klink regtig of julle dit vreeslik geniet het, dis tog al wat saakmaak en dat n man se jag suksesvol (meeste van die tyd) is ;) Geluk met julle lekker jag! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Philip De Bruyn(MFWIC)
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Mon Mar 26, 2012 9:23 pm

Re: eugene vd berg se eland jag

Post by Philip De Bruyn(MFWIC) »

Dit maak n man sommer lekker lus vir die veld,ons sal vir Frans sien volgende maand daar langs die vaalrivier,kan nie meer wag nie.
Mooi Eland kooi daardie,hulle vleis is die beste as jy n carpacio maak
stan man

Re: eugene vd berg se eland jag

Post by stan man »

ek moet se ek haal my hoed af vir die manne. hulle het hard gewerk gedurende hulle jag. verder het hulle briljante skote geskiet. en hulle is nogal fikse stappers as jy in ag neem dat hulle nie elke dag in die veld is nie. hulle kan bitter trots wees op hulle self.

dan is daar die ander kant. respek vir die skepper en die natuur en die dier. dit straal uit hulle uit.
asook die deernis in hulle stemme as hulle met hulle huismense praat.

ek is trots om deel te wees van so n jagters gemeenskap.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: eugene vd berg se eland jag

Post by Carl »

Dankie Frans, dis 'n mooi storie en fotos. Wens ons kan 'n Jaracal orde begin en die manne vereer. Dit lyk of daai deel van die Vaal, 'n moontlike Grootbek McNab kan onthaal.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: eugene vd berg se eland jag

Post by Smiley »

Mooi gedoen manne en geluk met die mooi skote.
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: eugene vd berg se eland jag

Post by 2vierniks »

Dit is altyd lekker om te lees van 'n etiese jag waar almal tevrede huis toe gaan. Mooi manne! Julle jag om nog lank te jag!
Post Reply