Hallo Manne
Ek sien deesdae dat n klomp mense vrae het oor wat die invloed sal wees indien hy sy loop laat korter sny na n spesifieke lengte.
In die verlede was hierdie net n proses van "trail and error" en net mense wat fisies hiermee te doen gehad het kon vir jou n voorspelling of raad gee. Ons sit nou gelukkig in die bevoorregte posisie om programme soos QL en die nodeprogram tot ons beskikking te he wat die raaiwerk uit hierdie vrae kan vat.
So vir diegene wat al gewonder het of hy nie dalk sy loop moet verkort vir een of ander rede nie is hierdie nou die idiale plek om uit te vind of dit gaan werk en in watter mate dit aspekte soos trompsnelheid en groepering sal beeinvloed. Hou ingedagte dat hierdie antwoorde of raad beperk sal wees vir n spesifieke koeel of koeelgewig vir die betrokke kaliber.
Ek moet byse dat baie mense heel verbaas is wanneer n mens hierdie oefening doen deur die resultate op die baan sowel as die gemak van hantering van die wapen self.
Groetnis
Wouter
Looplengte op gewere vrae
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Looplengte op gewere vrae
Wouter,Wouter Roets wrote: Ek moet byse dat baie mense heel verbaas is wanneer n mens hierdie oefening doen deur die resultate op die baan sowel as die gemak van hantering van die wapen self.
Groetnis
Wouter
Soos die gesegde lui:"Hy kan lank wees maar dit moet dik wees!"
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Looplengte op gewere vrae
Ja met al die hulp is dit makliker as in die verlede, tog moet daar besluit word watter aanames jy gaan maak as jy die oefening aanpak.
As jy die optimale loop lengte vir 'n sekere kaliber, koeel gewig en dryfmiddel uitwerk is dit belangrik om te dink wat jy as optimaal definieer. Is optimaal die kortste loop waaruit jy 'n sekere node spoed kan behaal en steeds binne die kamer druk spesifikasies van die kaliber bly? Of sit jy so duim by sodat jy nie heeltyd op maksimum druk werk nie?
Die ander kant is natuurlik om 'n optimale kombinasie te soek waar jy die beste dopvulling kry vir 'n gegewe kaliber. So jy speel eers met verskillende gewigte koeels om te sien hoe vol dryfmiddel jy die dop kan kry en steeds binne kamer druk spesifikasies bly terwyl jy 100% ontbranding kry. Dan kyk jy hoe lank die loop moet wees om daardie koeel op 'n node te skiet met die lading soos reeds uitgewerk ....