Help met 'n "Range Finder"

smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by smitjs »

Ja, dankie, ek was reg, daardie prys was verkeerd.
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by the kid »

Koos Barnard wrote:Pieter
Uit die aard van my werk het ek baie rangefinders getoets. As jy lus is vir sukkel koop liewer vir jou 'n tweedehandse petrolgrassnyer. Glo my, met die goedkoper rangefinders gaan jy sukkel. Sommige werk vir 'n rukkie wonderlik, ander is sommer van die begin af drek. Spaar ek koop 'n Leica 1600 veral as jy springbokke op 400m wil range. Ek weet van baie mense wat die goedkoper goed gekoop het en na 'n paar maande wil hulle van die ding ontslae raak.
Mooi loop

Ek het nou al twee Bushnells en nou 'n leupoldt gehad. (Hulle top modelle), en ek is nou self besig om te spaar vir 'n Leica.

Ek sal nie weer my geld mors op enige iets minder as 'n Leica nie.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by JohanvB »

Julle maaam my bekommerd...gaan vanmiddag daai Rudolph Range Finder toets...as hy nie werk nie...
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by mariusr »

Stem saam met Koos love to have 'n leicia but for 6k? Vir ons nogrmale jagters soos die ouens al genoem het net om jou afstand te leer ken is die nikon heel reg en defnitief beter as as die niko striling! :): jy skiet in elke geval nooit oor 300mt jy mag nie! :): :):
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by Koos Barnard »

Dit gaan baie kere nie net om die afstand wat die rangefinder kan range nie maar ook die ligomstandighede. Waar die Leica en duur goed soos Zeiss en Swarovski in die meeste ligomstandighede en op die meeste tipes oppervlakte range, werk die goedkoper goed nie. Springbokke op 'n grasvlakte is baie se Moses en ook as jy direk teen 'n lae son moet range. Ek het gevind Leica en Swarovski werk altyd (of byna altyd). Pasop maar vir die rangefinder in die effens ouer Leica verkyker/rangefinder kombinasie. Daai rangefinder in die verkyker werk nie naastenby so goed soos die 1600 Leica nie. Onder sekere ligomstandighede wil myne nie werk nie. Daarom dra ek maar baie die klein 1600.

Wanneer jy goedkoop koop, hou jou frustrasie dikwels veel langer aan as die glimlag wat 'n winskoop op jou bakkies plaas.
Mooi loop
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by Cobus(Cobb) »

My 5c

Ek het die Nikon 550....daar waar hy nie range nie, skiet ek nie.
Nog nie met hom in swak lig gesukkel nie, hy werk ook mooi op die jakkals stoel in die nag, daar waar die lightforce nie bykom nie, range hy nie, maar daar gaan ek ook nie skiet nie..
Ek het al gesien dat hy verder in die nag range as jy lekker stil op die stoel sit..
Prys is baie mooi gewees en soos ek verstaan sal na verkope diens ook nie 'n probleem wees nie...
My enigste negatief is dat hy nie baie naby wil range nie....dalk nie 'n goeie koop vir boog jagter nie.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by PWV »

Baie dankie, al die manne!
Lyk my julle het my nou oortuig dat dit beter is om van die bestes te kry, en dit dui op 'n Leica.
Sal moet skaap steel en dagga smokkel om hom te kan koop!
Groetnis
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 662
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by Smous v.d. Vyver »

Hi Oom,

Sien oom het vir 'n tweede opinie gegaan en dit klink vir my waaroor ons gesels het,het die manne bevestig of hoe?

Mooi loop!

Groete,

Die krokodil.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by vlakvark1 »

Pieter Willem Vorster wrote: ........................ dagga smokkel om hom te kan koop!
Ek kan dalk help ++>: ++>:
vlakvark en bosvark Bvk
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by PWV »

vlakvark1 wrote:
Pieter Willem Vorster wrote: ........................ dagga smokkel om hom te kan koop!
Ek kan dalk help ++>: ++>:
Verkoop dit in vuurhoutjieboksies.
Wat is jy bereid om te betaal?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by PWV »

Corné v.d. Vyver wrote:Hi Oom,

Sien oom het vir 'n tweede opinie gegaan en dit klink vir my waaroor ons gesels het,het die manne bevestig of hoe?

Mooi loop!

Groete,

Die krokodil.
Eintlik gehoop iemand wil sy Leica laat gaan.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by PWV »

Loer bietjie na hierdie "rangefinder".

http://www.longrangehunting.com/store/g ... inder.html
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by LUAN »

Shoe dis baie geld. Het oom toe al regekom met n rangefinder?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by PWV »

.303 wrote:Shoe dis baie geld. Het oom toe al regekom met n rangefinder?
Nee, sal eers weer 'n bank moet beroof of 'n OTM opblaas! ;)
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by smitjs »

Manne, ek het laas week iets geleer van die meetinstrumente.
Ek was ontevrede met 'n Bushnell 800, omdat dit nie 'n springbok op 300m kon meet nie, toe word dit uiteindelik vervang met 'n Leica 1600.
Toe is ek steeds ontevrede met die meting, mens kan nier die ding stil genoeg hou nie, so dit meet ook maar nie ver nie. Nou het ek uitgevind dis my fout.
'n Vriend vertel my toe die geheim. Jy druk die meet knoppie en meet naby. Hou dan die knoppie in, en gaan geleidelik verder en verder terwyl die knoppie in is. Toe staan daar 'n strepie springbokke en ek meet hulle 720m!!
Dis nie net die apparaat nie, die man moet ook weet hoe.
Ek is nou baie in my skik met my nuwe rangefinder wat springbokke kan meet verder as wat ek wil skiet op hulle.
Nou ja, toe my vrou nog in die lewe was, het sy my baie vertel hoe dom ek was. Nou weet ek sy was reg.
Voorspoed!
Johan Smit
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by PWV »

smitjs wrote:Nou ja, toe my vrou nog in die lewe was, het sy my baie vertel hoe dom ek was. Nou weet ek sy was reg.
Voorspoed!
Johan Smit
Johan, in doerie jare het ek 'n onderwyser gehad wat altyd gesê het: "Ek gee gladnie om as jy dom is nie, solank jy net 'common scence' het."

Groetnis
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by johans »

ek wil net bietjie hoor of n gewone goedkoper model afstand teen n berg met steil helling en oor n steil afdraende ook kan bepaal?
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by mariusr »

Jip het met my Nikon op en afdraand gemeet geen probleem maar om oor iets te meet na iets wat agter staan sal geen lazer kan doen sal altyd voorste teiken op tel jy moet maar altyd sorg dat daar nie hindernisse voor jou teiken is nie soos bome takke miershope ens anders vat jy die lesing naaste jou teiken!
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by johans »

Ek hoor jou marius,maar neem hy die hellling in ag of meet hy direk soos jou koel gaan trek?
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by mariusr »

Het nou nog nie so tegnies daaraan gedink maar glo nie swaartekrag het invloed op lazer as wat koelpunt sal he nie! So die lazer meet dus die ware afstand van jou na die teiken ongeag of nou bult op of af is ! Wat se die slim fiska manne!!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by tripodmvr »

Ek dink Johan verwys na die eienskap wat die nuwer modelle het wat die hellingshoek gebruik om jou horisontale afstand te bereken as jy in steil wêreld jag. Hy gee dus nie werklike gemete afstand nie, maar slegs die horisontale komponent.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by smitjs »

tripodmvr wrote:Ek dink Johan verwys na die eienskap wat die nuwer modelle het wat die hellingshoek gebruik om jou horisontale afstand te bereken as jy in steil wêreld jag. Hy gee dus nie werklike gemete afstand nie, maar slegs die horisontale komponent.
As jy dit so verstel, ja. Andersins nee.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by Dawie »

As jy wil cheap gaan is Nikon die beste.

Het al die ander cheap goed (Leupold ingesluit) onder hande gehad.... regtig 'n treurmare

Cheers

Kojak
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Help met 'n "Range Finder"

Post by Geno »

tripodmvr wrote:Hy gee dus nie werklike gemete afstand nie, maar slegs die horisontale komponent.
Sekeres gee beide afstande.
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply