Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wil graag my ondervinding met julle deel.Ek het in die begin van die jaar begin dink om n KD op my geweer te sit en maak toe soos enige goeie Jaracal man en praat met die ander manne op die forum en vra raad.Dit is hoe ek op "Silent Hunter" se KD afgekom het.
Ek het Saterdag die draad laat sny en Sondag is ek toe op die baan.Nege skote toe is daai KD mooi in gestel en ek skiet skote (groepe van 3) wat mekaar sny.Die Kd se klank is baie goed gedem en as ek moet skat verminder my recoil op die 30.06 met teminste 40%.
My friend was ook so beindruk dat hy self nou een gaan bestel en glo my hy is n man wat nie gou omgepraat kan word nie.
Al ding wat ek nie van die KD hou nie is dat ek hom nie vroeer gekoop het nie.
Lyk my ek sal maar vir Henk moet vra om my te quote vir n KD vir my nulkwes....
Wonder net of die plaaslike manne soos Rosenthals en Ahrens Guns in WHK die draad sal kan sny...?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Dankie vir die inligting oor die knaldemper. Is dit sy silent buddy?
Waar het jy die draad op jou loop laat sny en hoe lank moes jy wag? die persoon wat my 308 gedoen het is so besig ek gaan +- 3 maande moet wag en ek kort daai geweer op n weeklikse basis en kan nie my geweer so lank daar laat le en wag nie.
Groete
Arno
Gamo CFX .177
Glock 17 Gen4 "Tupperware"
Howa 22-250Rem "PisDruppel"
Howa 308Win "Gradeboog"
Henk ek oorweeg dit sterk om volgende week deur te ry bloem toe om dit te doen. Dit is so amper 600km weg van my af maar sal een aand in n gaste huis inboek en die volgende dag weer terug ry. Stel belang in twee jag buddy's een vir my 308 normale loop en een vir my 22-250 stainles dikloop. My 308 het klaar draad maar ek weet nie watter draai nie.
Dankie vir die inligting oor die knaldemper. Is dit sy silent buddy?
Waar het jy die draad op jou loop laat sny en hoe lank moes jy wag? die persoon wat my 308 gedoen het is so besig ek gaan +- 3 maande moet wag en ek kort daai geweer op n weeklikse basis en kan nie my geweer so lank daar laat le en wag nie.
Groete
Arno
Ek het dit by n geweersmit in Pta gedoen en kon wag vir dit +- 20min en hy het my net R500 gevra en die prys sluit die koppie in wat die draad beskerm
Het laasweek Woensdag myne by Henk bestel. Die Vrydag dit by Henk opgetel oppad Kaap toe. Flink en vinnige diens. Dankie Henk! Sal fit as ek weer by die huis kom. Rupert wie het joune gefit? Dink jy het op ander fraad gese maar kan nie onthou nie sorry!
Ek het toe die naweek met my Silent Hunter die eerste keer gaan skiet...............8 kliks links op die scope toe gooi daai Nul Kwes die lood duimgrote groepering in die bullseye, elke keer!!
Hy skop soos n 243 en hy klink soos n kleinerige hamer op n aambeeld, pragtig!
Dankie Henk, nou kan even ek orraait skiet, puik produk.
khakibos wrote:Het laasweek Woensdag myne by Henk bestel. Die Vrydag dit by Henk opgetel oppad Kaap toe. Flink en vinnige diens. Dankie Henk! Sal fit as ek weer by die huis kom. Rupert wie het joune gefit? Dink jy het op ander fraad gese maar kan nie onthou nie sorry!
Jammer manne dat ek so lank vat om te antwoord. Ek het myne gedoen by frikkie in Pta 083 940 7234 en ek het een van die ouer (8 baffle) Reflex kd op.
En ek wil alweer vir Henk n pluimpie gee oor su produk.HEL WAT N MASJIEN.