Jaracal Kersfonds Kompetisie 2012

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply

Moet ons die kompetisie oopmaak vir nie lede?

Poll runs till Thu Nov 11, 2055 12:29 pm

Ja
29
60%
Nee
13
27%
Net vir beperkte tyd, byvoorbeeld 2 dae
6
13%
 
Total votes: 48

User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Jakkalsgat »

Henried

Dankie vir terugvoer, ek is werklik bly nog mense kon daarby baat.

Terwyl die onderwerp weer onder bespreking is wil ek graag vra vir voorstelle oor waar ons met die volgende kompetisie gaan help, ek dink die van julle wat iets in gedagte het kan gerus vir ons hier voorstelle maak met 'n kort oorsig oor wat hulle doen. Onthou dat AKA Nylstroom weer genomineer kan word.

Ek wag net vir inligting maar het Klerksdorp kinderhuis in gedagte wat ek graag wil nomineer. Ek wil dan ook vra en hierdie is vir my die moeilikste as daar iemand is wat sou belangstel om enige pryse te skenk kan hulle met my in kontak kom.

Kompetisie sal eers later in die jaar begin maar wil solank voetwerk in plek kry. Gaan weer net kort kompetisie wees, miskien 6 weke ons kyk maar en onthou enige voorstelle is welkom.

Groete
Jaco
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by FHM »

henried wrote:Net so vinnig terugvoer:

Ons het biltong, droëwors, chilli bites, en droëwors wiele laat maak.

Ons het net so onder die R6000 gemaak met die verkope.
Dan het ons omtrent 18kg se droëword aan Koningkinder geskenk. Ons het dit verpak in 250g pakkies, daar is so 74 pakkies.

Hulle is 'n organisasie saam met wie ons baie werk, hulle werk met kinders uit gesinne wat finansieel swaar kry, maar waar daar ook mishandeling plaasvind.

Nogmals dankie.

Henried is die kinders op die foto weeskinders of weggeneemde kinders of altwee?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by henried »

Nee Francois, hulle bly by hulle ouers.

Omstandighede in die gesinne is net woes, of dit tekort aan geld is, of ander dinge...

"Gou 'n kort storie"

Twee jaat terug met 'n seuns kamp, begin ek met seuns van so 13 gesels. Hy vertel my sy pa is 'n trucker, woon in Nigels. Ek vra hoekom hy nie in Vanderbijl bly nie...?

"Hy het droog gemaak met ons geld, my ma het hom gelos"

Ek vra meer uit en vra waar hulle nou bly"

"By my ouma, maar tot so 2 weke terug het ons by my ma se kêrel gebly, maar hy het ons met 'n baseball bat geslaan, toe trek ons maar na my ouma toe"

Julle, hiedie is wit gesinne...

Lees meer omtrent wat hulle doen op ons website: http://www.lifeca.org/Projects/Hunting/KingsKids.aspx
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by FHM »

Ek is nie skaam om te se my oe raak waterig as ek so na daai kinders se gesiggies kyk en wonder deur watse ellende en hel hulle in hulle kort lewentjies al is nie. Mens kry sleg witmense ook - feite! Ongelukkig sleep hulle die kinders saam deur die ellende.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by Eugene »

Jakkalsgat wrote:Henried

Dankie vir terugvoer, ek is werklik bly nog mense kon daarby baat.

Terwyl die onderwerp weer onder bespreking is wil ek graag vra vir voorstelle oor waar ons met die volgende kompetisie gaan help, ek dink die van julle wat iets in gedagte het kan gerus vir ons hier voorstelle maak met 'n kort oorsig oor wat hulle doen. Onthou dat AKA Nylstroom weer genomineer kan word.

Ek wag net vir inligting maar het Klerksdorp kinderhuis in gedagte wat ek graag wil nomineer. Ek wil dan ook vra en hierdie is vir my die moeilikste as daar iemand is wat sou belangstel om enige pryse te skenk kan hulle met my in kontak kom.

Kompetisie sal eers later in die jaar begin maar wil solank voetwerk in plek kry. Gaan weer net kort kompetisie wees, miskien 6 weke ons kyk maar en onthou enige voorstelle is welkom.

Groete
Jaco
Ek kan net 'n testament of 'n egskeiding skenk Jaco en nie een van die twee sal gepas wees nie... ;)

Maar ek sal julle ondersteun deur kaartjies te koop!
Aim small, miss small
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Post by henried »

Phillip wat die Voorsitter van KK in Vanderbijl is, was nou net hier by my.
Hy wou self net baie dankie sê...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply