Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Ek is tans in die buiteland, sal na 2 Mei verder verder aan die saak aandag kan gee.
- Smiley
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hercules, ek ondersteun dit.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Dagse
So 'n ietsie oor die verskille tussen lotte kruit. 'n Paar jaar gelede toe ek Somchem besoek het, het ek ook oor die verskille tussen lotte kruit gevra en is deur die Somchem tegnikus as volg geantwoord: Katoen is een van die hoofbestanddele wat in die vervaardiging van kruit gebruik word. Die katoen wat ons hier beskikbaar het of dit wat Somchem genoodsaak is om te gebruik is nie van die hoogste standaard nie. Dit beinvloed onder andere die konstantheid van die uiteindelike brandspoed tussen lotte. Volgens die man is die katoen wat byvoorbeeld van Egipte kom (wat ons nie kan invoer/gebruik nie) van veel hoer gehalte.
Hoe waar die storie is weet ek nie maar dis presies hoe die tegnikus dit toe aan my oorgedra het.
Mooi loop
O ja, en vergeet maar die privaat invoer-stories, dit sal nooit gebeur nie om 'n hele reeks verskeie redes (glo maar asb wat ek hier skryf). As ons wil aanhou skiet is Somchem ons enigste oplossing vir eers, so kom ons vat liewer hul hand en werk saam met hulle as teen hulle.

Skaaphaas
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Mon Feb 20, 2012 1:20 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Sover ek kan uitmaak is die regulasies wat hierdie magtig nog nie in werking gestel deur die minister nie.THOMAST wrote:Ek verstaan dat die nuwe wetgewing klaar voorsiening maak vir groter volumes dryfmiddels vir houers van toegewyde lisensies.
Die haakplek is blykbaar om die toepassing daarvan op plaaslike vlek te bewerkstellig.
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Dankie Hercules!
Ondersteun verseker jou inisiatief
Groete
Marius
Ondersteun verseker jou inisiatief
Groete
Marius
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Jy het my ondersteuning ook, sodra jy daai BWB se horingmates deurgee. Ek spot, ek sien jy is in die buiteland, PUIK IDEE
-
GerhardV
- Full Member

- Posts: 127
- Joined: Mon Nov 28, 2011 2:39 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Baie goeie idee! Dankie vir die inisiatief!
- BenG
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hulle kan sommer op die blik ook die volgende waarskuwing sit (soos met die sigarette deesdae): "Moenie na diere skiet wat verder as 300m is nie)
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Dankie vir die ondersteuning, ek sal dit nou na Somchem verwys.
Die volgende vrae is hierbo gevra:
Giepie
Net 'n vraag? Gaan die persentasie aanpassing voldoende wees? Met meer of minder kruit is daar verandering aan die dop volume, wat verskil bring aan die druk by ontbranding. Gaan die aanpassing so eemvoudig wees?
Giepie, die afwyking van die standaard is maar klein, tipies minder as 1.5%, en as ek reg verstaan het is 3% die maksimum toegelaat - sal met Somchem moet bevestig. Dit beteken dat vir gewone jaggewere die verandering in lading nie sommer meer as 1.5gr sal wees nie, en as jy veilige ladings laai behoort die klein verskil in ladingvolume nie te pla nie. Iemand wat op die limiete laai (reeds in die rooi) kan mootlik probleme optel.
Piet-skiet
OF iemand moet begin kruit invoer. Sal 10-1 nog goedkooper wees as somchem.
Dryfmiddels soos bv IMR se pryse in Amerika is vergelykbaar met ons pryse. Gesogte dryfmiddels soos Vihtavuori is duurder in Amerika as wat ons dryfmiddels kos. Dryfmiddels mag slegs per skip vervoer word, en dit is baie min skepe wat dit aanvaar. Daar is ook beperkings op die hoeveelheid wat vervoer mag word. Die stoor van dryfmiddels is 'n verdere probleem, bv. hier in Gauteng kan dit slegs by PMP se depo gestoor en van daar versprei word. So sal die lys van probleme net al hoe langer word en elkeen het 'n koste implikasie. Volhoubaarheid van invoere is die verdere groot probleem. Ek stem saam met Koos, ons moet nie daardie roete probeer gaan nie, as ons Somchem se dryfmiddels verloor kan ons maar ons herlaaitoerusting laat smelt en ophou skiet. Werk eerder saam met Somchem om werkbare oplossings te probeer kry.
Johan Nel
Kan jy dalk uitbrei oor die oorsaak van die variasies en ook waarom dit nie so maklik is vir Somchem om die variasies uit te skakel nie. Dit help mens om insig in die oorsaak van 'n probleem te he.
Dit het te make met die hoeveelheid wat op 'n keer geproduseer word van 'n spesifieke tipe dryfmiddel. Hulle gebruik prosesse waar verskillende lotte vermeng word om by die standaard uit te kom, maar dit is blykbaar ook nie maklik om 'n eenvormige vermeniging reg te kry nie. PMP koop bv 'n hele lot en pas dan die lading van hulle ammunisie by die lot aan. Ons as herlaaiers moet nou dieselfde doen, die verskil is dat ons van blik tot blik moet aanpas en daarom die versoek vir die inligting op die blik.
Tripodmvr
Hercules, kou aan my gedagte van meer dryfmiddel wat ons kan aanhou. In Oz is die getalle baie hoër as by ons - die gebruik daarvan om bomme te maak kan beperk word, maar daar is baie goedkoper maniere om plofstof te maak en die' argument hou nie heeltemal meer vir my water nie. SA Jagters het mos nog skakeling met SAPS - hoor of dit nie geopper kan word nie.
Thomast
Ek verstaan dat die nuwe wetgewing klaar voorsiening maak vir groter volumes dryfmiddels vir houers van toegewyde lisensies.
Die haakplek is blykbaar om die toepassing daarvan op plaaslike vlek te bewerkstellig.
Thomas is heeltemal reg, daar is alreeds 'n wetswysiging deur wat die hoeveelheid dryfmiddel toegelaat, aansienlik verhoog (10kg as my inligting reg is). Die probleem is dat die regulasies om dit te implementeer, nog nie gefinaliseer is nie. SA Jagters het reeds vroeg verlede jaar (2012) 'n skriftelike voorlegging aan die polisie in hierdie verband gemaak aangesien die huidige beperking van 2.4kg, die wisselvallige verskaffing en lot variasie van dryfmiddels 'n onhoudbare situasie veroorsaak by veral sportskuts. Ek is onseker of daar dalk nog ander jagtersverenigings of sportskiet verenigings is wat in hierdie verband ook voorleggings gemaak het, maar dit is duidelik nie vir die polisie tans 'n hoë prioriteit nie. Ek sal dit sekerlik op ons agenda plaas om die saak weer aan te roer.

Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Baie dankie vir die terugvoer.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3609
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Enige terugvoer op hierdie onderwerp? Veral in die lig van die verskille tussen S335 lotte.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Somchem het onderneem om te antwoord teen 28 Mei.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3609
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Dankie Hercules. Jou moeite in hierdie verband word waardeer.
Groete
Groete
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
ek stem saam kan enige iemand vir my se wat die variasie was op batch 61 s365 ek het te laat gehoor die batch is nie lekker nie
R.I.P 243
R.I.P 243
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hiermee die antwoorde van Kurt Strydom, Toets Ingenieur: Ballistiese Toetse by Somchem op die voorstel en die vrae hierbo.
Hercules
Dankie vir jou navraag en geduld!
Ons grootste prioriteit is die veiligheid van ons herlaai kliënte. Ons poog altyd om produkte van die hoogste gehalte te lewer en ons toets hulle deeglik om dit te kan verseker. Ek het na julle vrae en kommentaar op Jaracal gaan kyk en twee relevante vrae probeer beantwoord met die hulp van `n paar kollegas! Dryfmiddel vervaardiging en interne ballistiek is baie ingewikkelde prosesse, en jy gaan baie vêr soek vir een persoon met al die antwoorde!
Johan Nel het gevra:
Kan jy dalk uitbrei oor die oorsaak van die variasies en ook waarom dit nie so maklik is vir Somchem om die variasies uit te skakel nie. Dit help mens om insig in die oorsaak van 'n probleem te he.
Johan, die variasie wat julle op die skietbaan en in die veld sien is die gevolg van variasie in grondstowwe, die vervaardigings proses en ook die herlaai proses.
Variasie wat onder ons beheer is, word deur ons produk spesifikasies beperk tot binne +3 % en -3 % van die snelheid van ons verwysings/standaard lot.
Ek gebruik net tromp snelheid as `n maklike voorbeeld, daar is nog `n magdom ander spesifikasies vir piek kamer druk en die fisiese en chemiese eienskappe.
Die ±3% toleransie op snelheid klink dalk na `n groot marge, maar daar is goeie redes daarvoor. Dit is die nouste toleransie wat koste effektief gehandhaaf kan word, gegee ons grondstowwe, produksie volumes en toerusting. Indien die toleransie kleiner gemaak word gaan ons meer dryfmiddel moet skrap of herwerk. Daar is individue wat tevrede is met die ±3% snelheid toleransie, wat aansienlik meer sal moet betaal vir die nouer toleransies.
Noudat ons die “wye” toleransie bespreek het, kan ons kyk hoekom dit so moeilik is om dit nouer te maak.
Enkelbasis dryfmiddels soos S365 bestaan grotendeels uit Nitro Sellulose (NS), ongeveer 95% van die massa van enkelbasis dryfmiddel is NS! Die hoof bestandeel van NS is weer sellulose (katoen). Katoen is `n natuurlike vesel waarvan die chemise en fisiese eienskappe inherent wisselvallig is. Die klimaat waarin die katoen gekweek is en ook die kultivar speel `n groot rol in die karakter van die uiteindelike dryfmiddel. Dis amper onmoontlik om die natuurlike variasie binne etlike tonne katoen vooraf te bepaal en die prosesse presies daarvolgens aan te pas.
Die variasie in die gondstowwe moet dan op ander maniere reggestel word. Doelbewuste variasie van dryfmiddel korrel bedekking, korrel geometrie en sorvuldige vermenging van sublotte kan variasie veminder, maar daar is beperkings op die grootte van korreksies wat op hierdie wyse gedoen kan word. Ons vervaardig gewoonlik `n paar sublotte dryfmiddel met verskillende “lewendigheid” wat vermeng word tot `n finale lot. Sodoende kan ons die finale lot se eienskappe binne spesifikasie bring.
Wanneer ons groter lotte vervaardig, het ons meer sublotte wat ons kan vermeng om die finale lot nader aan spesifikasie te kry. Ongelukkig is die aanvraag na herlaai dryfmiddels relatief klein, so daar is min sublotte en beperkte vermenging opsies. Vermenging is ook nie sonder risikos nie, homogeniëteit is iets waarvoor ons deeglik toets...veral na S365 LOT 61, wat sleg vermeng was. Na S365 LOT 61 het ons die aanvaardingstoetse strenger gemaak om `n herhaling van die probleem te verhoed.
Ek het vroeër genoem dat die herlaai proses ook `n rol in variasie speel. Een aspek van die herlaai proses waarvoor almal nie ewe sensitief is nie is dryfmiddel berging en hantering. Die dryfmiddel wat opeindig in jou ladings is, is nie noodwendig 100% dieselfde as die wat in `n nuwe geseëlde blik is nie.
Enkelbasis dryfmiddels is oor die algemeen baie sensitief vir vog. As die vertrek waarin jy herlaai baie bedompig of droog is, kan dit `n ernstige uitwerking op jou ladings hê.
Ons het al klagtes gekry oor dryfmiddel wat te “dood” is en baie lae ballistiek lewer. Ons vind dat sommige ouens dryfmiddel vir ure aan een in `n “Powder Measure” los, blikke laat oopstaan of dryfmiddel nie in hermetiese geseëlde houers stoor nie. In nat toestande word dryfmiddel dooier en in droë toestande word dit lewendiger. Sodra `n rondte `n projektiel in het en gekrimp is, is jy baie veiliger wat vogsensitiwiteit betref.
Ons het in onlangse eksperimente, snelheid variasies van meer as 60 m/s (180 fps) gemeet op enkelbasis dryfmiddel van dieselfde blik. Die een monster is doelbewus mishandel deur dit in `n baie droë omgewing te stoor teen 5% relatiewe humiditeit en die ander in `n vogtige omgewing teen 95% relatiewe humiditeit. Die druk in die droë lading was 112 MPa hoër as die in die vogtige lading, terloops, die maksimum druk in ‘n .308 is 415 MPa. Ons laai ons toetsladings in vertrekke met lugversorging wat ongeveer 55% relatiewe humiditeit en 21°C handhaaf. As jou herlaaikamer se toestande veel anders is en jy is nie versigting met die stoor en hantering van jou dryfmiddel nie, gaan jy ander resultate as ons kry.
Ter opsomming:
Dryfmiddel varieër van lot tot lot, hoofsaaklik weens roumateriale, maar slegte hantering en berging kan ewe groot variasies binne `n enkele blik veroorsaak.
Ons gebruik vervaardigings tegnieke om die variasie te beperk, maar daar is beperkings op die korreksies wat ons kan maak.
Alle dryfmiddel vervaardigers sit met hierdie probleme, dis inherent aan dryfmiddel.
Giepie het gevra:
Net 'n vraag? Gaan die persentasie aanpassing voldoende wees? Met meer of minder kruit is daar verandering aan die dop volume, wat verskil bring aan die druk by ontbranding. Gaan die aanpassing so eemvoudig wees?
Giepie, die beste raad wat iemand vir `n herlaaier kan gee is:
Indien jy die lot van enige van die komponente in jou rondte verander, of jou warm ammunisie in `n ander wapen as die een waarin jy dit ontwikkel het wil gebruik, moet jy oor begin met jou lading ontwikkeling. As jy `n ander pad kies, doen jy dit op jou eie risiko. Elke verantwoordelike dryfmiddel vervaardiger in die wêreld behoort hiermee saam te stem. Die gevolge van `n beskadigde wapen en beseerde mense is van so `n aard dat dit nie die moeite werd is om kortpaaie te vat nie.
Klein aanpassings is gewoonlik nie `n probleem as jy met `n veilige lading werk nie. Jy sal vind dat jy `n snelheid-ladingsmassa verhouding kry wat amper konstant is. In sulke gevalle kan jy klein ladings aanpassings maak en die nuwe gemiddelde snelheid behoort redelik voorspelbaar te wees.
In ekstreem ladingsgevalle kan jy naby aan weghol toestande, soos drukgolwe in jou wapen se kamer hê. `n Effens hoër lading massa of ladings temperatuur kan jou oor die rand van veiligheid stoot. Dis `n toestand wat jy nie sommer sonder baie duur drukmeet toerusting gaan agterkom nie.
Wapens en ammunisie komponente en hul reaksie op ladings verskil soms baie. Almal dink hulle ladings is veilig, maar tog is daar af en toe `n ou wat sy wapen opblaas of sit met slagdoppies wat vanself uitval. Die verantwoordelike antwoord is dat `n persentasie afwyking van `n dryfmiddel relatief tot `n verwysing lot, bloot `n aanduiding is dat jy meer of minder gaan moet laai vir `n gegewe begin lading. Die begin lading is die enigste lading wat ons weet veilig is in die meeste wapens.
Hercules het gevra:
...die plaas van ‘n plakker op elke blik om die afwyking van die spesifieke lot aan te dui in vergelyking met die standaard dryfmiddel.
Hercules, ons is tans besig om die moontlikheid te ondersoek om die voorgestelde plakkers op dryfmiddel blikke te sit wat die afwyking relatief tot die verwysing lotte aandui. Dis `n goeie plan , maar daar is `n paar praktiese aspekte wat ons eers moet uitsorteer voor ons ons daartoe kan verbind. Ek kan julle tenminste verseker dat ons lankal reeds beplan het om hiedie data met julle te deel op ons toekomstige webwerf. Ek besef dat almal nie altyd toegang tot die internet het nie, dus is daar die alternatief om ons herlaaiers hulplyn te skakel by 021 850 2448.
Ek hoop hierdie antwoorde gee julle die gemoedsrus dat ons alles moontlik doen om herlaaiers te voorsien met herlaaidryfmiddel en diens van wêreld gehalte. Julle veiligheid is ons grootste prioriteit, daarom dat die raad so konserwatief is.
Skiet veilig en skiet lekker!
Kurt Strydom
Toets Ingenieur: Ballistiese Toetse
Somerset Wes

- Vaalboer
- Full Member

- Posts: 168
- Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Dankie vir die terugvoer!
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Baie dankie Kurt,
Dis lekker om te hoor julle manne werk hard om ons stokperdjie te ondersteun!
Dis lekker om te hoor julle manne werk hard om ons stokperdjie te ondersteun!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Dankie vir die terugvoer ek dink hierdie kan 'n waardevolle bydrae lewer tot ons herlaai databasis.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Ek stem saam met die ander manne, baie dankie vit die terugvoer Kurt, ek waardeer dit. Dankie ook Herculus vir jou inisiatief en skakelwerk, puik gedoen.
Groete,
JHN
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Baie dankie vir die inligting Kurt wat was die variasie op LOT 61Hercules Louw wrote:Hiermee die antwoorde van Kurt Strydom, Toets Ingenieur: Ballistiese Toetse by Somchem op die voorstel en die vrae hierbo.
Wanneer ons groter lotte vervaardig, het ons meer sublotte wat ons kan vermeng om die finale lot nader aan spesifikasie te kry. Ongelukkig is die aanvraag na herlaai dryfmiddels relatief klein, so daar is min sublotte en beperkte vermenging opsies. Vermenging is ook nie sonder risikos nie, homogeniëteit is iets waarvoor ons deeglik toets...veral na S365 LOT 61, wat sleg vermeng was. Na S365 LOT 61 het ons die aanvaardingstoetse strenger gemaak om `n herhaling van die probleem te verhoed.
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hallo Manne
Hercules eerstens baie dankie vir jou moeite in die verband en dan wil ek in die selfde asem vir Kurt dankie se vir sy terugvoering en bereidwilligheid met die deel van informasie. Ons besef terdee die ongelooflike moeilike en komplekse veld waarmee julle tedoen het en spreek weereens ons waardering uit vir julle moeite en produk in die verband.
Manne kan ons dan ook vra dat ons ons kommentare sal hou tot die onderwerp veral op n belangrike tema soos hierdie. Sodoende kan ons hierdie waardevolle onderwerp die respek gee wat hy verdien.
Groetnis
Wouter
Hercules eerstens baie dankie vir jou moeite in die verband en dan wil ek in die selfde asem vir Kurt dankie se vir sy terugvoering en bereidwilligheid met die deel van informasie. Ons besef terdee die ongelooflike moeilike en komplekse veld waarmee julle tedoen het en spreek weereens ons waardering uit vir julle moeite en produk in die verband.
Manne kan ons dan ook vra dat ons ons kommentare sal hou tot die onderwerp veral op n belangrike tema soos hierdie. Sodoende kan ons hierdie waardevolle onderwerp die respek gee wat hy verdien.
Groetnis
Wouter
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Aangeheg tabel vanaf Somchem wat die variasies tussen lotte S365 aantoon.
Voorbeeld: As jy met lot 67 jou ladings ontwikkel het, verminder dan jou lading met 0.5% as jy oorskakel na lot 69.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
dankie HerculusHercules Louw wrote:Aangeheg tabel vanaf Somchem wat die variasies tussen lotte S365 aantoon.
Voorbeeld: As jy met lot 67 jou ladings ontwikkel het, verminder dan jou lading met 0.5% as jy oorskakel na lot 69.
so as ek van lot 63 (deviation % -1.1)na 69 ( deviation % -1.9) oorskakel moet ek my lading met 0.8% verhoog
verstaan ek dit reg
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Jy verstaan dit heeltemal reg.
Wees egter meer versigtig (konserwatief) as jy tevore op die limiete jou lading met die ou lot ontwikkel het, want dan is daar nie ruimte vir moontlike klein verskille wat in jou spesifieke kaliber en geweer mag voorkom nie.
Wees egter meer versigtig (konserwatief) as jy tevore op die limiete jou lading met die ou lot ontwikkel het, want dan is daar nie ruimte vir moontlike klein verskille wat in jou spesifieke kaliber en geweer mag voorkom nie.
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
100% sal jy asb vir ons elke nuwe batch se variasie hier deur gee
ek het gister aand my die lot by my 6.5 ladings bygesit