Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Vertel bietjie wat is 'n moet elke keer as julle gaan jag?
Ek sal sommer begin met : 'n wildspotjie met genoeg "mushrooms" en dan een of ander broodjie soos potbrood of 'n selfgebakte broodjie.
Las asb aan.
Groete
Douw

- WitWillem (Charl)
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Die eerste bok wat val se rump neem ek en maak schnitzels met parmesan en tjips!!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Douw
Ons het tradisioneel die laaste aand 'n potjie - nie noodwendig wild nie. 'n Bierbroodjie op die kole loop daarmee saam. Sien die koppe dink dieselfde.
WW
Wanneer kry ek ook uitnodiging vir daardie lekker wat jy van praat?
Ek dink die meeste manne het maar die brunch na die oggendjag wat eiers, wors, spek ens insluit. Een van die lekkerste etes wat mens kan eet.

-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
More
My mond water as ek dink aan die Roomslakke op die laaste jag
Daar is dadelik besluit dat dit 'n permanente dis op die spyskaart sal word
maak so:
kap ui en knoffel fyn
Gooi dit in platboompot en braai met olie of botter
haal pot af om af te koel
gooi nou slakke ,room en beefstock in die koeller pot en op stadige vuur so 25 min todat die room dik is
Ons eet dit op brood
Sal dit bietjie vir Jakkalsgat voorsit!!!

Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Die eerste bok se lewer gaar maak !
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Vars Lewer en Niertjies met uie, sampioene en room op 'n bed krummel pap soos net JM hom kan maak. Sommer met die intrap slag
Vars Bosveld Prawns
Potbrood of Bierbrood in die platboom met regte botter en Appelkoos konfyt
As ons fancy wil wees maak ons rugstring gestop met Avo en Chedar en toegdraai met beacon.
Belangrikste is dat al die geregte buite op 'n hardekool vuurtjie gedoen met word, met 'n bosveld asem wat oor hom blaas. Dis net nie dieselfde by die huis nie

Last edited by Marc on Thu Jun 06, 2013 8:26 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Smirre, is dit tuin slakke?
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Frikkie
Wat die oog nie sien nie ....
Nee jong my skoonpa se dogter voorsien die slakke in vacuum sakkies vir my
Smirre
Wat die oog nie sien nie ....
Nee jong my skoonpa se dogter voorsien die slakke in vacuum sakkies vir my
Smirre
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Ja ja ken daai een
O ok, ek gaan dit beslis probeer, dankie vir die reseppie

- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Vars wilds lewer en niertjies in 'n suursous met potbrood op die kole gebak of lekker krummelpap daarby.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Ons tradisie vir die eerste aand vark boud tjops (wat ek altyd koop), lekker groot en dik gesny, met krimmelpap en sous (wat my pel se pa altyd maak). Hel hy loop mooi!
Veiligheid eerste manne!
- Gerrie Smith
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Feb 19, 2012 12:26 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Bullie Beef gebaai met uie in platboom pot, nes dit mooi kleur kry, gooi moerby-eiers in, geklits, geniet saam aartappels wat in foelie tussen die kole gele het tot dit begin sag voel! Tannie ballas chutney, en heelwat later bietjie Eno's, en sie daar.
P.s: Moerby-eiers - Eiers waar by enige speserye by gemoer is. En Room!

- Cor Jacobs
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Ons maak altyd potjie op die dag wat ons op die plaas opdaag aangesien dit gewoonlik nie n jagdag is nie, en ons genoeg tyd het.
Dan soos ek sien baie ander manne ook doen, n soet suur lewer en niertjie gereg saam met pap, en die laaste aand altyd n steakbraai.
Hierdie thread gaan my net honger maak...

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Ek het verlede maand saam met kliente gaan jag en die kos was bobaas!
Daar is geen krag nie en alle kos is op die vuur gemaak!
Hierdie was, onder andere op die spyskaart:
Hoenderpensies en -hartjies
Spareribs en chips
French toast
Soet-suur lewer
Koedoefillet, gestop met murg en mushrooms
Skuisrib met varsgebakte brood
Rooibok en skaapskenkel pot!
Die manne het my net weer gewys dat jy nie swak hoef te eet as jy jag nie!

Aim small, miss small
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Nou verlang ek darrem erg na Ellisras. Daar is die een ook altyd een van die disse van die dag.Gerrie Vark wrote:Bullie Beef gebaai met uie in platboom pot, nes dit mooi kleur kry, gooi moerby-eiers in, geklits, geniet saam aartappels wat in foelie tussen die kole gele het tot dit begin sag voel! Tannie ballas chutney, en heelwat later bietjie Eno's, en sie daar.
P.s: Moerby-eiers - Eiers waar by enige speserye by gemoer is. En Room!
Veiligheid eerste manne!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Ons braai altyd 'n vet skaap rib.
Regop, soos die Kalahari-manne en die Suidwesters.
Saam met krummelpap en uiesous.
Spoel dit af saam met 'n lang Captain Morgan en Coke.

Goed, beter, 6millimeter!
- WitWillem (Charl)
- Sr. Member

- Posts: 416
- Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Tripod - laat weet dan maak ons 'n plan .. ek is net bietjie ver van jou af (kaap)
Stem - die lewer is altyd 'n MOET
Stem - die lewer is altyd 'n MOET
- Doomslayer
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Eerste aand van die eerste jag van die jaar is ditvet skaaptjops. Hierdie jaar het ons 'n heel skaaprugstring gebraai. Morsig man morsig. Daarmee saam bruin sampioene gebraai op die vuur met knoffelbotter, 'n knoffelbroodjie en miskien iets groen vir die gewete....
Die laaste aand maak ons properses aansit ete met vleis (baie, gewoonlik 'n heel rump), tjips, 3 slaaie, gebakte poeding (woolies se malvapoeding loop glad) ens.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Riaan Beeslaar wrote:Vars wilds lewer en niertjies in 'n suursous met potbrood op die kole gebak of lekker krummelpap daarby.
Riaan ek deel jou kamp! Dan sny ons so paar stukke Gemsbok vetderm en hart ook in by daai suursous. Ek bring 2 x groot Omajowas - wilde mushrooms -kry net na eerste reens langs / op miershope hier in Suidwes - sommige so groot soos n bord! Smeer lekker dik knoffelbotter en rooster toe!
Julle manne maak my maag grom...
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Frikkie die Rot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Daar misluk my dieet.
Demit maar dit klink diep lekker!
Kerrie tjoppies met roosterbrood, kaas en konfyt of stroop vir aand een.
Winddroog skaapribbetjie met braaibroodjies en driebone slaai aand twee.
Springbok fillet gestop met groenvye,feta en swatrpeper en mash aand drie
Steak en tjippies aand vier
Voorgeregte wissel tussen skaapsterte, lewer en netvet, porkrashers ens.
Kerrie springboktong pot asook kerrie afval met stamp mielies is ook altyd 'n wenner!!
Groetnis,
Frikkie
Demit maar dit klink diep lekker!
Kerrie tjoppies met roosterbrood, kaas en konfyt of stroop vir aand een.
Winddroog skaapribbetjie met braaibroodjies en driebone slaai aand twee.
Springbok fillet gestop met groenvye,feta en swatrpeper en mash aand drie
Steak en tjippies aand vier
Voorgeregte wissel tussen skaapsterte, lewer en netvet, porkrashers ens.
Kerrie springboktong pot asook kerrie afval met stamp mielies is ook altyd 'n wenner!!
Groetnis,
Frikkie
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
FHM
Nou praat jy, sal sommer 'n man lus maak om daar in Suid-Wes 'n jag te kom deurmaak.
Nou praat jy, sal sommer 'n man lus maak om daar in Suid-Wes 'n jag te kom deurmaak.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Geno, ons vang hom ook altyd so in daai regop rooster as ek Douglas se wereld toe gaan. Sommer so in die middel van die plaas in die rooi sloot.Geno wrote:Ons braai altyd 'n vet skaap rib.
Regop, soos die Kalahari-manne en die Suidwesters.
Saam met krummelpap en uiesous.
Spoel dit af saam met 'n lang Captain Morgan en Coke.
Veiligheid eerste manne!
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
SmirreSmirre wrote:
Sal dit bietjie vir Jakkalsgat voorsit!!!
Dit klink belowend, lek nou al my lippe af.
Eerste aand maak ons gewoonlik staanrib op swarthaak vuur saam met pap en sous.
2de aand is maar gewoonlik groot eet, wild rugstring of fillet wat as hy gevries was op sy eie tyd moet ontdooi. as ons vir middagete uit die veld kom vlek ek hom en stop met rou beesmurg en bloukaas. Hy word dan weer toegssteek met tandestokkies en binne in 'n bak vol "french saladressing" gele tot vanaand. Terwyl hy le en wonder oor sy sondes maak ek 'n knoffel en room aartappel in die pot met genoeg sous vir die steak ook of soms ekstra Bloukaas en uie sous.
Ek braai hom op die warmplaat tot net voor 'n veeaarts nie meer sy lewe kan red nie, die murg smelt in jou vleis in en los jou met die bietjie kaas in die middel. Net voor ek hom afhaal gooi ek grof met swartpeper en gooi hom vol brandewyn en "flambay" hom so bietjie tot brandewyn weggebrand is. Sny nou skywe en sit voor saam met aartappels en braaibrood met tamatiekonfyt en koperpennie slaai.
Vir nagereg is daar gewoonlik "bananna surprise" met neute, speelroom en liquer om dit af te sluk.
Groete
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Jakkalsgat wrote:SmirreSmirre wrote:

Goeie dnner jy sal maak dat mens jou kom kuier net vir die kos! Klink simpel lekker!
Ek gaan nou nie meer op die topic kom lees nie - my maag grom al in stereo!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
magtig maar julle man is skoon uitspattig!!
Klink lekker. Sal vanaand bietjie rustig kom deurlees en my inkopielysie vir volgende week uitwerk.
Dankie aan almal se insette.