Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by PWV »

Dit raak nou mode. Dié van julle wat dit nog nie gedoen het nie, is uit die oude doos!

http://www.dieburger.com/nuus/2013-06-0 ... -een-skoot
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Carl »

Ek wag vir 'n Standpunt vanaf my Jag organisasie ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Gawie(13mm) »

Oom Pieter, 98% van my vriende en kennise is jagters. Net my koerant afleweraar en die kliniese sielkundige wat my help met my "skiet verslawing" jag nie.
Vir ons as jagters is dit "onwys" om sulke "geluk-skote" aan die groot klok te hang.
Die man op straat sien dit as 'n prestasie.
Ek dink partkeer is ons te polities korrek.
Ek het nog nie op een van die Burger se briewe kolomme gesien dat die "greenies" bek-rek nie.
Ons moet die mense opvoed en nie net ons mede-jagters stenig nie.
Groete, Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Eugene »

7mm wrote:Oom Pieter, 98% van my vriende en kennise is jagters. Net my koerant afleweraar en die kliniese sielkundige wat my help met my "skiet verslawing" jag nie.
Vir ons as jagters is dit "onwys" om sulke "geluk-skote" aan die groot klok te hang.
Die man op straat sien dit as 'n prestasie.
Ek dink partkeer is ons te polities korrek.
Ek het nog nie op een van die Burger se briewe kolomme gesien dat die "greenies" bek-rek nie.
Ons moet die mense opvoed en nie net ons mede-jagters stenig nie.
Groete, Gawie.
Gawie, ek stem met jou 100% saam! 'n "Ou" wat doelbewus probeer om 2 bokke met een skoot te skiet, is die naam jagter nie werd nie en die ou wat dit per ongeluk doen, moet eerder sy kop in skaamte laat sak, dat hy nie seker gemaak het dat daar nie bokke agter is nie.

Ek is een van laasvermelde, maar in my verdediging, daai koeel het teen 'n baie snaakse hoek uit daai springbok gekom.... :):

Daar is ook 'n artikel in die nuutste Magnum oor hierdie aangeleentheid.
Aim small, miss small
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Hugo »

Ek verstaan nie waarommdie koerant na dit verwys as n "prestasie" nie.

Want ditbis geensins een nie.
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by evdberg »

Enige jagter wat bekwaam is en al oor die 5 jaar jag- soos wat die Burger hom aan haal - sal dit as n ongeluk aansien en nie n prestasie nie.
Iets wat nie sin maak nie, en ek ken nie n 300WinMag nie , so weet nie of ek hom onderskat nie - maar ek glo nie. Hy het op 280m n koedoe geskiet - through and through en die ander een ook gedood.
Met watse grein en lading het die man geskiet ?
My .308 180gr gaan nie dwars deur n BWB op 120m nie (miskien as ek hom in die pens skiet - ek het nog nie so ek weet nie) - wat nog van 280m !!!
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
User avatar
evdberg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 285
Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by evdberg »

"Volgens Wesson het hulle berg-op gekyk en nie aanvanklik die tweede bok agter die voorste gesien nie."

ek sien nou eers - hy het nog optraande ook geskiet....
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Piet Pille »

evdberg wrote:Enige jagter wat bekwaam is en al oor die 5 jaar jag- soos wat die Burger hom aan haal - sal dit as n ongeluk aansien en nie n prestasie nie.
Iets wat nie sin maak nie, en ek ken nie n 300WinMag nie , so weet nie of ek hom onderskat nie - maar ek glo nie. Hy het op 280m n koedoe geskiet - through and through en die ander een ook gedood.
Met watse grein en lading het die man geskiet ?
My .308 180gr gaan nie dwars deur n BWB op 120m nie (miskien as ek hom in die pens skiet - ek het nog nie so ek weet nie) - wat nog van 280m !!!
Dit kan sin maak met 'n sterker (premium) tipe koeel. Veral sommige mono tipe koeels ontplooi nie so baie by laer spoed nie en tree dan meer soos 'n "Solid" op met natuurlik meer penetrasie as gevolg. As 'n koeel vinnig vervorm/opbreek (agv swak konstruksie en/of hoë inpaksnelheid) veroorsaak die groter frontale oppervlak vinnig klomp weerstand in die weefsel wat daai koeel gouer briek. As hy opbreek weer (ook agv hoe inpaksnelheid/swak konstruksie), verloor hy gewig en dus momentum wat ook veroorsaak dat hy minder sal penetreer. By 280m het die koeel al redelik baie spoed verloor.
Laer spoed is dikwels gelyk aan dieper penetrasie in sulke gevalle.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Dimitri »

The newspaper refers to it as a "prestasie". It certainly is not. It was an accident that could have turned out bad for the second kudu.

How did it get to be published in the paper? Was the shooter so proud that he contacted them? 7mm says we should educate our "mede-jagters". The lesson here is that when you make a mistake such as that, you learn from it, but you do not seek nor give permission for such a story to be published in the general press. The same goes for bloody photos, heaps of dead animals/birds and other such images.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by mariusr »

Dink dis omdat baie mense groenes in kluis nie weet waaroor jag gaan nie en so iets "prestasie" te noem! Het een keer met my ook gebeur het twee rooibokke met een skoot geskiet het maar sleg gevoel een deur die kop ander een se rug af gelukkig net daar geval! Koerante hou van sensasie al is hul siening verkeerd! Nou maak ek dubbel seker wat agter staan stel glad nie belang in so 'n "prestasie"nie! :(
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by PWV »

Kommentaar van Kaapjag op die berigte in die koerante:

With reference to the article that was published on the web site of Die Burger on 4 June 2013, where on separate occasions, so called hunters boast with having shot two animals with one shot, Cape Hunt responds as follows.

In the articles, on two separate occasions, Die Burger wrote articles on so called hunters who shot two animals with one shot. In the first article, the person taking the shot did not know about the second animal and in the second article, the person taking the shot was a novice hunter on his first hunt.

The first incident, two kudu’s was shot and in the second incident a blesbok and red hartebeest was shot. The picture of the hartebeest clearly shows a headshot and the blesbokwas shot through the stomach at a 120m.

We strongly condemn this sort of practice and we don’t see that it is something to be proud of.

Any hunter taking a shot should be sure of the surroundings and if no certainty exists that the intended target will be hit, without hitting anything else, then such a shot should not be taken. Taking such a shot could result in wounding an animal unnecessarily or hitting the wrong target with dire consequences.

Cape Hunt distances itself form such behavior and the hunters in question should be ashamed of themselves.

Cape Hunt has written to Die Burger to state our case and also asked them to publish our comments and expressed our desire to not have such articles placed for public viewing

Articles can be seen here:

http://www.dieburger.com/nuus/2013-06-0 ... -een-skoot

http://www.dieburger.com/nuus/2013-05-3 ... odgeskiet-

Regards
Cape Hunt Chairman
Elmo Scheffer
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Gawie(13mm) »

Pieter Willem Vorster wrote:Kommentaar van Kaapjag op die berigte in die koerante:

AMEN.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Gawie(13mm) »

Dimitri wrote:The newspaper refers to it as a "prestasie". It certainly is not. It was an accident that could have turned out bad for the second kudu.

How did it get to be published in the paper? Was the shooter so proud that he contacted them? 7mm says we should educate our "mede-jagters". The lesson here is that when you make a mistake such as that, you learn from it, but you do not seek nor give permission for such a story to be published in the general press. The same goes for bloody photos, heaps of dead animals/birds and other such images.
Dimitri, I fully agree with you. Something was lost in translation. As I said in a previous thread, the hunter and the friend that took the photo should be ashamed.
We should educate the public, those people that do not hunt or know hunters and hunting practices.
All or most of my friends are hunters or shooters and we all agree:"Stupid does, as Stupid sees".
Educate the public in a manner that does not alienate fellow hunters.

Groete, Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Lourens »

Uitstekend Kaapjag!!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by PWV »

User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Marc »

Aaitsa, ek haal my hoed af vri Kaapjag. Kyk net wat kon hulle bereik deur die "regte" probleem te adreseer van dag een af. 'n Publieke apologie en regstelling wat die "regte" mense sal bereik, i.p.v. ........ ::)

Ek hoop regtig "ons" gaan groot genoeg wees om hier uit te leer, en besmoontlik toe te pas in die toekoms ook 8

Wel gedaan Kaapjag ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Ferdi Bam »

Hallo Almal

Ek het die storie gelees van die 2 bokke met 1 skoot en dit het my nie juis ge-ammuseer nie. Het gedink "so what" dis n poks en jy verkoop dit nie aan die koerante nie. Ook die Kaapjag se kommentaar gelees. Dit kan seker gebeur. Min wetende.

Ek gaan sit plat en korrel na die rooibokooi se oor. Al die ander rooibokke staan weg. Die skootlyn is van onder na bo. Op in die lug in. Die 180gr Hornady interlok trek teen 2394 vps. Ek sien deur die teleskoop dat die bok val. Chaos en ek wag so paar minute dat alles bedaar voor ek naderstap. So 30m en ek staan by die dooie bok. Ek draai om en kyk in die rigting waarvandaan ek gekom het. My oog vang n onnatuurlike wit ongeveer 15m in die 1 uur posisie en die gids sê daar lê nog n bok. Ek sê nonsens maar hy staan reeds by die witpens en sê ek moet kom kyk.

Wat my pla is dat die 2e bok dood in my rigting lê. Keelaf, albei slag-are en sluk afgesny. Ons het bloed en spoor teruggevolg na waar sy gestaan het tot ongeveer 5m voor die ander bok in die 1uur posisie, maw sy het voor die ander bok gestaan. Ek vra hoe is dit moontlik? Ek is ook bekommerd want dit wys jou net hoe gevaarlik n koeël uit n geweer is en hoeveel ander bokke word ook nie raak geskiet op die manier nie. As jy jou bok geskiet het is al die ander goed vergete en jy is bly oor die bok wat lê. Niks anders nie. Vir my is dit n helse "eye opener" soos die engelsman sou sê. Wie kyk rond om te sien wat nog in die slag gebly het? Wel, my jag was nou op n einde want daar was 2 bokke. Sal nou maar moet wag en kyk of ek nie volgende jaar die ram kan jag wat ek soek nie.

Groete

Ferdi
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by gillie »

Hierdie is geval waar die tweede bok "gelukkig" was en gedood is, ek begin nou wonder nou hoeveel "tweede" bokke word gekwes sonder dat die jagter en/of gids ooit daarvan weet...
Zack Benade

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Zack Benade »

Ware woorde 7mm. Ek stem saam dis jagters wat altyd jagters veroordeel :-[
Ek het nog nie op een van die Burger se briewe kolomme gesien dat die "greenies" bek-rek nie.
Ons moet die mense opvoed en nie net ons mede-jagters stenig nie.
Groete, Gawie.
As ervare jagter het ek baie goed in my kas wat ek anders sou gedoen het as ek so terugdink. :o
Almal maak foute en leer hopelik daardeur. Gelukkig was ek geleer deur ware opregte jagters wat leiding gee en mede jagters opbou, nie veroordeel en afbreek nie.

Ek wonder of die manne wat sy mede jagters so lekker veroordeel geen geraamtes in hulle kas het nie?
Iets waaroor hulle spyt is of wil vergeet om geriefliksheids onthalwe.
Seker nie want hulle is mos regte forum of papier jagters wat alles altyd reg doen, die eerste slag.
Wie weet. Wie is ek om te sê
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Chevvy SS »

In Die Burger van gister onder die briewekolom spog 'n ou dat hy 3 bokke met een skoot geskiet het en skimp dat daar oor hom ook 'n artikel geplaas moet word.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Gawie(13mm) »

Chevvy, miskien moet een van ons manne daai perd antwoord met iets in der voegge: Liewe leser, die Burger is 'n koerant wat die algemene publiek oor nuus en aktuele sake inlig.
Die Burger is nie 'n vak-tydskrif wat indiepte verslag doen oor die minder inteligente vertakkings van ons spesie nie.
Maw. praat str@nt op 'n ander plek.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by Eugene »

7mm wrote:Chevvy, miskien moet een van ons manne daai perd antwoord met iets in der voegge: Liewe leser, die Burger is 'n koerant wat die algemene publiek oor nuus en aktuele sake inlig.
Die Burger is nie 'n vak-tydskrif wat indiepte verslag doen oor die minder inteligente vertakkings van ons spesie nie.
Maw. praat str@nt op 'n ander plek.

;D ;D ;D
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Raak mode - 2 bokke met 1 skoot

Post by FHM »

7mm wrote:Chevvy, miskien moet een van ons manne daai perd antwoord met iets in der voegge: Liewe leser, die Burger is 'n koerant wat die algemene publiek oor nuus en aktuele sake inlig.
Die Burger is nie 'n vak-tydskrif wat indiepte verslag doen oor die minder inteligente vertakkings van ons spesie nie.
Maw. praat str@nt op 'n ander plek.

Ek druk 'i like' knoppie 7 mm!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply